Water wat in ‘n tonnel van die Gautrein in Johannesburg insyfer, sal teen ‘n tempo van ses miljoen liter per dag in die Sandspruitrivier uitgepomp word.
Die Gautrein Bestuursagentskap sê die besluit is in samewerking met die Gautengse LUR vir vervoer, Ismail Vadi, geneem.
Vadi sê sal gepoog word om die syferwater-probleem tussen Rosebank en Parkstasie op te los deur gate in die tonnelvloer te boor en beton in die rots in te pomp.
Hy is egter vol vertroue dat die gedeelte teen die einde van die jaar oop vir verkeer sal wees.
Fase twee van die Gautrein van Rosebank in Johannesburg tot by Hatfield in Pretoria word aanstaande Dinsdag oopgestel.
