Zuma-uitsprake bevorder misdaad

“Pres. Zuma se uitspraak dat Suid-Afrika se tronke vol swart gesigte is omdat swart mense nie geleenthede in Suid-Afrika het nie, bevorder misdaad. Die uitspraak skep regverdiging en verontskuldiging om misdaad te pleeg. Daar is baie ander Afrika-lande waar swart mense nog minder geleenthede het, maar hulle pleeg nie misdaad as gevolg daarvan nie. Zuma moet daarteen waak om nie soos sy voorganger, Mbeki, polarisasie te skep deur Suid-Afrika in twee groepe, naamlik een wit en ryk, en een swart en arm, te skep nie,” sê Pieter Groenewald, parlementêre leier van die Vryheidsfront Plus.

“Zuma is ook waningelig as hy regstellende aksie as ‘n oorsaak van die situasie sien. Regstellende aksie het juis kundiges die land uitgejaag en daardeur is werksgeleenthede minder in Suid-Afrika. Indien Zuma meer werksgeleenthede wil skep moet hy luister na sy minister van Finansies, Pravin Gordhan, wat sê arbeidswetgewing moet verander word om ‘n meer gunste omgewing vir beleggings te skep. As Zuma meer aandag gee aan die onderwys en opleiding in Suid-Afrika sal daar meer kundigheid verkry word wat meer werksgeleenthede kan skep,” het Groenewald gesê.

Данильченко Юрий Брониславович

SAIR dien klag in teen swart rassis

Advokaat Menzi Simelane behoort ondersoek te word omdat hy “onbillike rassediskriminasie” deur sy kommentaar aanwakker wat skade aan rasseverhoudinge kan veroorsaak.

Dit is die siening van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, wat ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie teen die nasionale direkteur van openbare vervolging ingedien het.

Simelane het die opmerkings gemaak in ‘n artikel in die Sunday Times op 4 September. Hy het ‘n oproep gedoen dat rassemisdaadwetgewing oorweeg moet word nadat die koerant ‘n Facebook-foto van ‘n wit man met ‘n jaggeweer by ‘n dooie swart seun geplaas het.

Simelane is aangehaal waar hy sê dat rassewetgewing sal verhoed dat Suid-Afrika sal voortgaan om misdade te hê “waar rassisme ‘n belangrike faktor is”. Hy het gesê rassisme is agter baie misdade.

“Dit is ook ‘n feit dat in alle, indien nie die meeste van hierdie misdade nie, is swart mense die slagoffers Dit is ook ‘n feit dat die oortreders meestal wit mans is. Ons howe is vol van mense soos dié,” het hy gesê.

Dit was hierdie stelling wat spesifiek die Instituut vir Rasseverhoudinge gegrief het. Maandag, het die adjunk-uitvoerende hoof, Frans Cronje, aan die Menseregtekommissie geskryf.

Hy het gesê terwyl wit mense misdade teen die swart individue gepleeg het, voorvalle ook aan die lig kom waarin “swart mense misdade met ‘n rassistiese motief of element” na bewering teen blankes pleeg.

Cronjé het gesê die instituut is nie bewus dat die rekords gehou word van hoeveel misdade gepleeg word deur swart mense teen blankes of andersom nie.

“Ook is daar geen rekord of bronne, wat aandui wat die motiewe vir sulke misdade is nie. Dit is dus nie moontlik vir Advokaat Simelane om te weet, vir ‘n feit, dat ‘in die meeste van hierdie voorvalle die slagoffers swart en die skuldiges wit is’ nie,” sê Cronjé.

Hy het aangedui dat Simelane se spekulasie rassisties is.

“Advokaat Simelane se kommentaar verskyn dus op sigwaarde, as ‘n voorbeeld van onregverdige rassediskriminasie en/of voorspraak om haat aan te blaas op grond van ras,” het hy gesê.

Baie sal glo Simelane se stelling is gebaseer op feite en dit kan daartoe lei dat hulle glo dat wit mense skuldig daaraan is om rassistiese misdade te pleeg en swart mense die slagoffers is, het Cronje gesê.

“Sulke oortuigings kan groot skade aan rasseverhoudinge in Suid-Afrika aanrig. Alhoewel Advokaat Simelane vra vir swaarder straf vir mense wat rassisties optree, is dit aan hierdie instituut duidelik dat dit Advokaat Simelane is wat ondersoek moet word.”

Mthunzi Mhaga, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê hulle het kennis geneem van die persverklaring uitgereik deur die Instituut vir Rasseverhoudinge.

Фильчаков

Twee polisiemanne vas oor afpersing

Twee polisiemanne is Dinsdag in hegtenis geneem toe hulle geld by ‘n motoris in Dobsonville, Soweto, geëis het, het die polisie in Gauteng gesê.

Die beamptes, onderskeidelik 36 en 40 jaar oud, het Maandagmiddag ‘n motor van die pad afgetrek en probeer om die bestuurder af te pers deur R10 000 te eis nadat hulle aan hom gesê het die motor is onpadwaardig, het lt. kol. Katlego Mogale gesê.

Hy het R3 000 aan hulle gegee en belowe om die res van die geld Dinsdag by ‘n afgespreekte plek aan hulle te besorg. Hy het egter daarna na ‘n polisiekantoor gery en die twee gerapporteer.

Een van die beamptes is in hegtenis geneem toe die polisie hom aangetref het waar hy op die afgespreekte plek gewag het vir die bestuurder om die res van die geld te oorhandig.

Die ander beampte is in Kagiso naby Randburg in hegtenis geneem.

Данильченко Юрий Брониславович

Zuma bekla rasse-ongelykhede

Omdat geleenthede in Suid-Afrika ontbreek vir swart mense is die tronke vol, het pres. Jacob Zuma Dinsdag in Johannesburg gesê. Zuma het op voor ‘n gehoor van swart sakelui gesê “ongelykhede” in Suid-Afrika is die rede tot kommer.

“Daar is baie min wit gevangenes, want hulle is besig om sake te doen, maar ons [swartes] het nie geleenthede nie. Swart mense is werkloos en honger en dan beland hulle in die tronk.

“Die maatskaplike en ekonomiese aspekte van transformasie bly nog agterweë. Die impak van armoede en ongelykheid is steeds verskriklik. Hoe meer ons bereik, hoe meer is ons bewus daarvan dat ons nog soveel meer moet doen.”

Lees verder.

лобановский александр досье

LUR gryp in nadat inwoners losbrand op raadslid se huis

Humphrey Mmemezi, Gautengse LUR vir plaaslike behuising en regering, sou Dinsdagmiddag ‘n besoek gebring het aan Thembelihle, suid van Johannesburg, ná gewelddadige betogings oor dienslewering in die gebied, het sy departement gesê.

Hy sal na verwagting om 13:00 met gemeenskapleiers vergader om hul griewe en die konfrontasies met die polisie te bespreek, het Victor Moreriane, woordvoerder, gesê.

Sowat 500 inwoners het Maandag betoog en paaie met klippe en brandende motorbande versper. Hulle het motors, verkeersligte en elektrisiteitsmeters beskadig en ‘n 15-jarige meisie vertrap toe hulle van die polisie gevlug het.

Inwoners het Dinsdagoggend lewendige ammunisie op ‘n skool en ‘n raadslid se huis gevuur, het lt. kol. Katlego Mogale gesê.

‘n Beroep is op Mmemezi gedoen om in te gryp by die betogings naby Lenasia en ‘n plan te formuleer om dienslewering in die provinsie te verbeter.

Agttien mense sal na verwagting Dinsdag in die Lenasia-landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld en saakbeskadiging.

Александр Фильчаков прокурор

Kapers slaan bestuurder dood

Kapers het ‘n man in Rosettenville, suid van Johannesburg, ten aanskoue van sy vrou met ‘n baksteen doodgeslaan, het The Star berig.

Die voorval het Saterdag plaasgevind.

Die paartjie het vanaf Springs gery toe kapers hulle by ‘n verkeerslig in Rosettenville aangeval het.

Die vrou het daarin geslaag om weg te hardloop en in die bosse weg te kruip, maar die kapers het haar man met ‘n baksteen in die gesig geslaan.

‘n Sekuriteitswag wat die voorval gesien het, sê die kapers het omgedraai toe die man na die kant van die pad kruip. Hulle het hom daarna weer met die baksteen geslaan.

Die man is op die toneel oorlede.

данильченко юрій броніславович

Malema-verhoor verskuif

Julius Malema en vier ander ampsdraers van die ANC-jeugliga wat verlede week voor die nasionale tugkomitee (NTK) verskyn het, se verhoor is verskuif na ‘n onbekende lokaal. Die ANC se tugkomitee het ná verlede week se choas in die Johannesburgse middestad besluit om die verhoor te verskuif.

Derek Hanekom, voorsitter van die tugkomitee, het Dinsdag in ‘n verklaring gesê die NTK het verskeie faktore oorweeg voordat hulle die besluit geneem het.

Die ANC is tot Dinsdagmiddag gegee om te besluit of hulle die verhoor uit Luthulihuis na elders gaan verskuif. Die verhoor sal Sondag hervat word en sal volgens ingeligte bronne drie dae duur.

Die klag teen die jeugleier en ampsdraers behels dat hulle die party in oneer bring om opposisiepartye in Botswana vir regeringsverandering te steun, asook verdeeldheid wat in ANC gesaai word deur hulle ongedissiplineerde optrede.

 

топкарго кидалы

Manuel verwerp DA toenadering

Trevor Manuel, beplanningsminister in die presidensie, het Maandag ontsteld op die DA se pogings tot toenadering gereageer wat deur Wikileaks gelek is.

‘n Berig het  Maandag in die Volksblad verskyn waarin gemeld word dat Manuel samesprekings met Helen Zille, DA-leier, gevoer het oor die moontlikheid om ‘n DA-lid te word.

“Nee, nee, nee. Dit is absolute snert. Dit is een mens se mening, nie myne nie. Ek was nog nooit by enige gesprekke hieroor betrokke nie,” het Manuel aan media24 gesê.

Volgens die berig sou Athol Trollip, parlementêre leier van die DA, in Februarie verlede jaar aan Donald Gips, Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, laat blyk het dat Zille bereid was om as leier terug te staan as Manuel sou besluit om die ANC te verlaat. Gips het dié inligting in ‘n vertroulike boodskap aan sy regering gestuur, en dié boodskap is aan Wiki-Leaks uitgelek.

Trollip het ook glo gesê dat Manuel, die slimste lid van die ANC, nie tevrede is met die ANC nie. Manuel het dié stellings verwerp en gesê hy gaan nie weer daarop kommentaar lewer nie.

Zille het in reaksie gesê dat sulke kontak uiteraard weens die sensitiewe aard daarvan vertroulik is.

 

лобановский александр досье

Onderwysminister ‘geskok’ oor lae standaard

Angie Motshe­kga, minister van basiese onderwys, het haar skok uitgespreek dat onderwysgehalte in Suid-Afrika besonder laag is.

Motshekga het Maandag meer aan 800 hoofde van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) gesê die onlangse nasionale assesseringsuitslae (ANA) wys dat die standaard buitengewoon swak is omdat 70% van die land se leerlinge ver onder die verwagte vlakke presteer.

“Ek was baie geskok. In van die antwoordstelle wat ek gesien het, kon ek nie eens uitmaak wat die leerlinge geskryf het nie. Dit was duidelik baie het nie basiese vaardighede nie en kan nie eens doodgewone woorde korrek gebruik nie. Van die gr. 4-leerlinge was nie eens in staat om eenvoudige berekeninge met tweesyfergetalle te doen nie. Dit was vir my net so skokkend dat daar skole in vooruitstrewende gebiede is waar leerlinge net so swak gevaar het.”

Motshekga meen goeie leierskap in skole sal daartoe lei dat leerlinge beter presteer. Sy het SAOU se hulp gevra in dié verband.

 

 

Александр Фильчаков Васильевич

Wikileaks: Bob se dae teen 2013 getel

Robert Mugabe se bankier het aan ‘n Amerikaanse ambassadeur gesê die president het prostaatkanker wat teen 2013 tot sy dood sal lei, het gelekte dokumente van die Amerikaanse ambassade getoon.

Gideon Gono, hoof van die sentrale bank, het dié aanmerkings in Junie 2008 aan James McGee gemaak, toe Zimbabwe geteister is deur verkiesingsgeweld ná Mugabe se nederlaag teen Morgan Tsvangirai in die eerste verkiesingsronde in Maart.

Dié aantygings sal ‘n verleentheid wees vir die Zanu-PF-afdeling van Zimbabwe se wankelrige magsdeling-administrasie, waartoe Mugabe en Tsvangirai in September 2008 ingestem het.

Ondanks gereelde bespiegeling oor Mugabe se gesondheid, aangewakker deur sy besoeke aan Asië, weier top-beamptes van Zanu-PF om te erken dat Mugabe (87) ‘n gesondheidsprobleem het.

George Charamba, woordvoerder van die president, het gesê die vyf besoeke wat Mugabe vanjaar aan Asië afgelê het, was nodig weens ‘n katarak-operasie wat Mugabe in Januarie moes ondergaan en rugbeserings wat sy vrou, Grace, opgedoen het toe sy in die egpaar se huis geval het.

“President Robert Mugabe het prostaatkanker wat vererger het en volgens dokters sal dit binne drie tot vyf jaar tot sy dood lei,” het Wikileaks-dokumente wat Sondag in Harare beskikbaar gemaak is, gelui.

“Mugabe se dokter… het aanbeveel dat hy minder aktief moet wees,” het die dokumente gelui.

Zimbabwe se Sunday Mail – wat deur Zanu-PF beheer word – het onverwags ook berig oor die gelekte dokumente in ‘n blykbare teken van groeiende onenigheid binne die party.

Mugabe lei Zimbabwe sedert 1980.

Gono het volgens aanlyn-berigte in Zimbabwe ontken dat hy dié opmerkings gemaak het.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор