“Pres. Zuma se uitspraak dat Suid-Afrika se tronke vol swart gesigte is omdat swart mense nie geleenthede in Suid-Afrika het nie, bevorder misdaad. Die uitspraak skep regverdiging en verontskuldiging om misdaad te pleeg. Daar is baie ander Afrika-lande waar swart mense nog minder geleenthede het, maar hulle pleeg nie misdaad as gevolg daarvan nie. Zuma moet daarteen waak om nie soos sy voorganger, Mbeki, polarisasie te skep deur Suid-Afrika in twee groepe, naamlik een wit en ryk, en een swart en arm, te skep nie,” sê Pieter Groenewald, parlementêre leier van die Vryheidsfront Plus.
“Zuma is ook waningelig as hy regstellende aksie as ‘n oorsaak van die situasie sien. Regstellende aksie het juis kundiges die land uitgejaag en daardeur is werksgeleenthede minder in Suid-Afrika. Indien Zuma meer werksgeleenthede wil skep moet hy luister na sy minister van Finansies, Pravin Gordhan, wat sê arbeidswetgewing moet verander word om ‘n meer gunste omgewing vir beleggings te skep. As Zuma meer aandag gee aan die onderwys en opleiding in Suid-Afrika sal daar meer kundigheid verkry word wat meer werksgeleenthede kan skep,” het Groenewald gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.