Humphrey Mmemezi, Gautengse LUR vir plaaslike behuising en regering, sou Dinsdagmiddag ‘n besoek gebring het aan Thembelihle, suid van Johannesburg, ná gewelddadige betogings oor dienslewering in die gebied, het sy departement gesê.
Hy sal na verwagting om 13:00 met gemeenskapleiers vergader om hul griewe en die konfrontasies met die polisie te bespreek, het Victor Moreriane, woordvoerder, gesê.
Sowat 500 inwoners het Maandag betoog en paaie met klippe en brandende motorbande versper. Hulle het motors, verkeersligte en elektrisiteitsmeters beskadig en ‘n 15-jarige meisie vertrap toe hulle van die polisie gevlug het.
Inwoners het Dinsdagoggend lewendige ammunisie op ‘n skool en ‘n raadslid se huis gevuur, het lt. kol. Katlego Mogale gesê.
‘n Beroep is op Mmemezi gedoen om in te gryp by die betogings naby Lenasia en ‘n plan te formuleer om dienslewering in die provinsie te verbeter.
Agttien mense sal na verwagting Dinsdag in die Lenasia-landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld en saakbeskadiging.
