Zuma meen Malema verdien nog ‘n kans

Pres. Jacob Zuma het gesê Malema kan steeds aan die ANC behoort indien hy die party toelaat om ‘n goeie leier van hom te maak, het The Star berig.

Zuma het gesê die ANC wil nie die leier van die ANC-jeugliga uit die openbare oog verwyder nie.

“Nee, ek dink nie dit moet die doelwit wees nie. Ek dink die doelwit is: hoe help jy Malema? Malema beskik oor baie goeie eienskappe,” het Zuma gesê.

“Wat jy moet doen, is om die dinge in Malema wat nie reg is nie, aan te spreek.”

Zuma het egter gesê indien Malema ‘n toekoms in die regerende party wil hê, sal hy reg moet optree.

“Jy kan hom nie toelaat om die verkeerde dinge te doen nie. Met ander woorde, die werk van die ANC is om Malema te help om ‘n goeie, dinamiese leier te word. Dit is wat ons moet doen. Slegs wanneer jy dit nie kan doen nie, word die vraag wat gaan ons met hom doen,” het Zuma gesê.

“Ons moet Malema help om die regte dinge te doen, want as jy Malema help om die regte dinge te doen, het jy ‘n baie goeie jong man wat dinge goed kan oordra.”

Die dissiplinêre verhoor van Malema en vyf ander beamptes van die jeugliga duur Dinsdag voort. Die verhoor is vroeër na Kliprivier in die Vaaldriehoek verskuif, nadat sake-ondernemings in die Johannesburgse middestad die ANC met die hof gedreig het oor die gewelddadige betogings tydens die eerste sessie van die dissiplinêre komitee twee weke gelede.

Malema het gister ‘n blaaskans gekry om die uitspraak in sy haatspraaksaak te bestudeer. Die Gelykheidshof het beslis dat die sing van die liedjie met die woorde “skiet die boer” neerkom op haatspraak. Die ANC het reeds aangedui dat hy teen die uitspraak gaan appelleer, wat hy as skokkend bestempel het. 

Jeugligaleiers word daarvan aangekla dat hulle die ANC in oneer gebring het en verdeeldheid in die ANC saai.

Malema het vroeër vandeesmaand gesê het hy het planne om ‘n “bevelspan” saam te stel om weerstand te organiseer teen die president van Botswana, Ian Khama, se bewind.

Фильчаков прокуратура харьков

Malema kry nog ‘n hou

Die ANC se nasionale dissiplinêre komitee het Sondag ‘n betoog van Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, dat dié liggaam die heersende party se grondwet oortree, verwerp.

“Die NDK het sy beslissing gemaak oor die aansoek van kameraad Julius Malema dat die NDK die ANC-grondwet oortree deur die bevindinge oor die aansoek om die klagtes te skrap aan die media bekend te maak,” het die hoof van die komitee, Derek Hanekom, gesê.

“Die NDK het die aansoek verwerp. ‘n Volledige afskrif van dié beslissing is in sy geheel aan die media gestuur.”

In ‘n aparte verklaring het die komitee verduidelik dat reël 25 van die grondwet nié oortree is nie, aangesien die bevindinge wat op 2 September bekend gemaak is nie die finale uitkoms van die verhoor was nie, maar bloot verband gehou het met ‘n kwessie van prosedure.

“Die publikasie van die beslissing oor die aansoek om die klagte te skrap, het slegs verband gehou met kwessies van prosedure en het nie gepraat oor die inhoud, substansie of bewyse wat met die klagte verband hou nie.”

Die verklaring het bygevoeg dat die publikasie van die bevindinge geregverdig was, aangesien inligting wat aan die media gelek is verwarring kon saai en dat Malema nie ‘n slagoffer van vooroordeel was nie.

Hanekom het gesê die paneel het ‘n versoek van Malema toegestaan dat hy nie op Maandag 12 September voor die komitee verskyn nie, aangesien uitspraak in sy haatspraak-verhoor op dieselfde dag sal plaasvind.

Volgens Hanekom sal die dissiplinêre sake teen Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANCJL, en Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal, egter voortgaan.

Volgens hom word slotbetoë in die gekonsolideerde saak teen Malema, Magaqa, Ronald Lamola (adjunkpresident), Ronald Lamola (adjunk-sekretaris-generaal) en Pule Mabe (tesourier-generaal) Dinsdag aangehoor word.

Die vyf word aangekla van die ontwrigting van ‘n vergadering van ANC-leiers.

“Sodra die bogenoemde sake afgehandel is, sal die verhoor van kameraad Malema hervat word.

Malema word ook deur aanklagte dat hy die ANC in oneer gebring en onmin in die party gesaai het, in die gesig gestaar.

Фільчаков Олександр Васильович

Spioenherrie kan ongemak vir Zuma veroorsaak

Die botsing tussen die minister van intelligensie, dr. Siyabonga Cwele en die land se spioene, kom op die vooraand van die ANC se leierskapsverkiesing en kan ‘n uitdaging aan die Zuma-bewind beteken.

Gibson Njenje, hoof van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) se binnelandse afdeling het aangedui dat hy voor ‘n parlementêre staande komitee sal getuig oor sy beweerde “bedanking”. Njenje voer aan hy het nie bedank nie.

Die ANC se leierskapverkiesing sal volgende jaar in Bloemfontein plaasvind en daar word in die binnekringe gevrees dat Zuma uit die saal gelig kan word as sy intelligensie-vertrouelinge teen hom draai.

Volgens Cwele het Njenje Vrydag bedank, en die minister se woordvoerder, Brian Dube, het die bedanking bevestig.

Daar heers ontevredenheid met Cwele, nadat sy eggenote Sheryl, in die KwaZulu-Natalse hooggeregshof skuldig bevind is op dwelmverwante aanklagte.

Njenje wou glo nie wil instem daartoe om die koste verbonde aan die beveiliging van die ministersvrou goed te keur nie.

Mo Shaik en ‘n ander top-amptenaar van die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) is ook beveel om te bedank ná onenigheid met Cwele oor staats­beskerming vir sy vrou.

Shaik is hoof van die Suid-Afrikaanse Geheimediens. Die ander een is Jeff Maqetuka, direkteur-generaal.

Die drie se bedankings is Vrydag binne die NIA, wat verantwoordelik is vir binnelandse en internasionale intelligensie, aangekondig.

 

Фільчаков прокурор

Jeugliga soek steeds ‘politieke’ oplossing

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe gaan van aangesig tot aangesig met sy politieke aartsvyande te staan kom as hy Vrydag teen Julius Malema en ander ANC-Jeugligaleiers getuig.

Mantashe sal voor die ANC se nasionale dissiplinêre komitee verskyn om die aanklag dat Malema en sy kamerade ‘n vergadering van die regerende partybase verlede maand binnegestorm het, te bewys.

Malema, sy adjunk Ronald Lamola, ANC-jeugliga se sekretaris-generaal Sindiso Magaqa, sy adjunk Kenetswe Mosenogi en ligatesourier Pule Mabe het onskuldig gepleit op die aanklag.

Hulle is almal van dieselfde oortreding aangekla.

Vrydag het hulle aangevoer dat dit op uitnodiging van Mantashe self was wat hulle glo genooi het om “vir julle self te hoor”.

Maar Mantashe hou vol dat sy indruk was dat die Jeugliga se leierskap die vergadering ongenooid binnegestorm het.

Die vergadering van die ANC se top-ses amptenare is bygewoon deur die president Jacob Zuma, sy adjunk Kgalema Motlanthe, Mantashe, sy adjunk Thandi Modise en die tesourier Mathews Phosa.

Verlede maand het die Sunday Times berig dat Zuma erg ontstoke was oor die optrede van die liga. Hy het na bewering aan Malema gesê: “Wie dink jy is jy?  Dink jy jy regeer hierdie land?” Hy het die Jeugliga uit die vergadering laat smyt.

Die dissiplinêre komitee onder leiding van die adjunk-minister van Wetenskap en Tegnologie, Derek Hanekom het aangekondig dat die verrigtinge uitgestel word tot volgende Sondag, en drie dae is opsy gesit vir die verhoor van die verskillende aanklagte teen Malema.

Intussen het die Sunday Times ook berig dat jeugligaleiers steeds op soek is na ‘n “politieke oplossing” vir die kwessie.

Фильчаков прокурор

Zille skuif Wes-Kaapse misdaad af op ANC

Wes-Kaapse Premier, Helen Zille, sal ‘n dringende vergadering met President Jacob Zuma aanvra om die dwelm-en alkohol “pandemie” te bespreek. Zille sê die probleem is buite beheer en is verantwoordelik vir 80% van die geweldsmisdade in haar provinsie.

Volgens Zille, is die dwelm-en alkohol verslawingskrisis in die Wes-Kaap erger as MIV/vigs of enige ander openbare gesondheidsuitdaging.

“Ek wil graag met die president in terme van die Grondwet en die Rampbestuurswet vergader oor wat ons kan doen om te fokus op die krisis op hande en die oorsake van geweldsmisdaad in die Wes-Kaap: Dwelm-en alkoholmisbruik. Nooit vantevore het ons so ‘n groei van ‘n pandemie gesien nie,” het sy gesê.

Dwelmverwante misdade het gestyg met 10,2% op nasionale vlak en die Wes-Kaap is veral swaar getref deur hierdie oortredings. Dwelmverwante misdade in die provinsie is in 2010/11 van 60 409 gerapporteerde gevalle in 2009/10 op na 70 588. Bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms het op nasionale vlak het met 4,5% toegeneem en in die Wes-Kaap met 10,2%.

“Ten minste 80% van geweldsmisdaad in die Wes-Kaap het ‘n skakel na dwelms en alkohol,” het Zille gesê. Sy het gesê sy wil dwelmtoetsing verpligtend vir skole maak.

Zille en die LUR vir gemeenskapsveiligheid Dan Plato was insgelyks Donderdag in Pretoria om die media toe te spreek. Hulle was nie teenwoordig by die bekendmaking van misdaadstatistiek deur minister van polisie, Nathi Mthethwa, nie, en het daartydens ‘n DA-perskonferensie ‘n paar blokke van die regering se mediabyeenkoms gehou.

Volgens waarnemers het die DA op dié stap besluit omdat hulle graag die aandag van die groeiende probleem van plaasmoorde, wat ter sprake sou kom by die minister van polisie se mediakonferensie, wil aflei.

Ten spyte van ‘n 6,5% afname in die moordkoers nasionaal, het Plato gesê hulle is bekommerd oor die Wes-Kaap, waar daar ‘n toename in moord, poging tot moord en dwelm-verwante misdaad was. Nie Plato of Zille het verantwoordelikheid vir die toename in hul eie provinsie geneem nie, en dit op die ANC afgeskuif.

 

 

лобановский александр компромат

SA bly onveilig, veral ook vir vroue

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die afname in meeste van die geweldsmisdade soos moord met 6,5%. Dit is duidelik dat die Wêreldbekersokker met hoër en meer sigbare polisiëring ‘n groot rede was. Suid-Afrikaners moet egter nie mislei word deur die statistiek nie.

Die wêreldgemiddeld vir moord is tans 7 per 100 000 van die bevolking en Suid-Afrika se syfer is nou 31,9 per 100 000. Dit is steeds amper vyf keer meer as die wêreldgemiddeld. Hoewel rooftogte by woonhuise afgeneem het met 10,1% (16 889) het dit steeds met 60,6% gestyg die afgelope vyf jaar en 16,6 % gestyg die afgelope drie jaar. Verkragtings het nou die derde agtereenvolgende jaar toegeneem (56 272).

Suid-Afrika is steeds onveilig veral vir vroue,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder oor Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

“Die minister het steeds nie die syfer vir plaasmoorde gegee nie en dit word betreur. Die Vryheidsfront Plus sal die saak verder in die parlement voer. Volgende jaar se misdaadstatistiek sal ‘n beter aanduiding gee van misdaadsyfers.

Daar moet ook onthou word dat slegs 10% van misdadigers suksesvol in die howe gevonnis word. Die Polisie doen sy werk beter, maar misdaad in geheel word nie beter bekamp nie. Die totale strafregstelsel sal beter moet werk om misdaad effektief te bekamp,” het Groenewald gesê.

Данильченко Юрий Брониславович

‘SADOU die probleem in die onderwys’

Die onderwysvakbond SADOU is daarvan beskuldig dat hy pogings in die wiele ry om gehalte-onderwys te lewer.

Die uitvoerende direkteur van die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming, Ann Bernstein, sê die invloed waaroor die vakbond beskik, sal ingekort moet word, indien Suid-Afrika sy standaard van onderwys wil verbeter.

SADOU het voorheen die skuld gekry vir onderwysers se apatiese houding en onverwagse stakings. Bernstein het tydens die bekendstelling van ‘n verslag met die titel ” Onderwyshervorming is Moontlik” in Johannesburg gepraat.

лобановский политик

Implats gedagvaar deur Mugabe-regime

Die Zimbabwiese regering gaan Impala Platinum, die tweede grootste platinum-produsent ter wêreld, vervolg, berig RSG.

Die besluit is geneem omdat dié maatskappy nog nie die vereiste 51% aandelebelang in sy Zimbabwiese bedrywighede aan plaaslike swart mense oorgedra het nie.

Impala Platinum het vroeër die jaar gesê hy sal tot soveel as R73 miljard in Zimbabwe kan belê om produksie te verhoog maar slegs as die Zimbabwiese regering afsien van sy eis dat ondernemings in die land deur swart burgers beheer word.

Intussen het Bob Gilmour, ‘n woordvoerder, gesê Zimplats, ook ‘n platinum-produsent in Zimbabwe, se voorstelle om aan die omstrede wetgewing te voldoen is op 17 Augustus verwerp, en die maatskappy is twee weke kans gegee om ‘n hersiene plan voor te lê.

Saviour Kasukuwere, die Zimbabwiese minister van Bemagtiging, het gesê hulle het ‘n ooreenkoms bereik vir 51% plaaslike aandeelhouding met die mynreus Rio Tinto vir sy Murowa-myn en ‘n ooreenkoms met Aquarius se Mimosa-myn word afgewag.

Kasukuwere het gesê Zimplats is besig om landswette te oortree en die proses te misbruik.

Buitelandse maatskappye het tot 25 September om hulle voorstelle om aan die nuwe wetgewing te voldoen in te dien, berig AFP.

Pres. Robert Mugabe het beloof dat buitelandse beleggings in Zimbabwe veilig sal wees as beleggers aan vereistes voldoen.

“Die regering sien uit na die volle samewerking van aandeelhouers om ‘n wen-wen-uitkoms te bereik,” het Mugabe in die parlement gesê.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Mugabe berispe MIV-rondslapers

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het manlike regeringsbeamptes daarvan beskuldig dat hulle “van een vrou na ‘n ander hardloop” en sodoende MIV versprei, het staatsmedia Dinsdag berig.

“Ons mans is nie tevrede met een vrou nie, al weet hulle dat hulle MIV-positief is,” het Mugabe tydens ‘n MIV/Vigs-konferensie in Harare gesê.

“Ek weet van gevalle waar mans, al gebruik hulle antiretrovirale (ARV-) medisyne, van een vrou na ‘n ander hardloop.”

Ten minste een uit elke sewe Zimbabwiërs is glo met die MIV-virus besmet.

Thokozani Khupe, die adjunkpremier, het verlede week planne bekend gemaak om alle manlike ministers in die kabinet te laat besny in ‘n poging om mans in dié land aan te moedig om dit ook te laat doen.

Navorsing het bewys dat besnydenis, wat nie algemeen in die suide van Afrika is nie, MIV-besmettingsyfers met 60% verminder.

Олександр Васильович Фільчаков

Omroeper sy werk kwyt oor k-woord

‘n Bekende omroeper, Darren Scott van Jacaranda 94.2, het bedank nadat hy die k-woord teenoor ‘n swart kollega gebruik het. Scott was die gewilde aanbieder van die Just Plain Breakfast-oggendprogram.

Scott het ook glo as SuperSport se ankeraanbieder vir die komende Wêreldbeker-rugbytoernooi bedank, maar volgens bronne is hy gevra om te loop vanweë sy rassistiese opmerkings.

‘n Woordewisseling het Vrydagaand in ’n kroeg by Mabula Lodge by Warmbad tussen sy kollega Africa Tshoaedi en Scott uitgebreek omdat Tshoaedi glo geld wat Scott vir hom geleen het, nie terugbetaal het nie.

Dit het tydens Jacaranda 94.2 se jaarlikse spanbou gebeur. Scott het tydens die onderonsie rassistiese opmerkings teenoor ’n vroulike kollega gemaak.

‘n Woordvoerder van die radiostasie, het bevestig dat ’n saak van wangedrag teen Scott ondersoek word.

Scott sou SuperSport se hoofaanbieder in Suid-Afrika wees tydens die Wêreldbeker-rugbywedstryde. Peter Davies en Neil Andrews sal nou sy verpligtinge oorneem.

Александр Фильчаков