Die botsing tussen die minister van intelligensie, dr. Siyabonga Cwele en die land se spioene, kom op die vooraand van die ANC se leierskapsverkiesing en kan ‘n uitdaging aan die Zuma-bewind beteken.
Gibson Njenje, hoof van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) se binnelandse afdeling het aangedui dat hy voor ‘n parlementêre staande komitee sal getuig oor sy beweerde “bedanking”. Njenje voer aan hy het nie bedank nie.
Die ANC se leierskapverkiesing sal volgende jaar in Bloemfontein plaasvind en daar word in die binnekringe gevrees dat Zuma uit die saal gelig kan word as sy intelligensie-vertrouelinge teen hom draai.
Volgens Cwele het Njenje Vrydag bedank, en die minister se woordvoerder, Brian Dube, het die bedanking bevestig.
Daar heers ontevredenheid met Cwele, nadat sy eggenote Sheryl, in die KwaZulu-Natalse hooggeregshof skuldig bevind is op dwelmverwante aanklagte.
Njenje wou glo nie wil instem daartoe om die koste verbonde aan die beveiliging van die ministersvrou goed te keur nie.
Shaik is hoof van die Suid-Afrikaanse Geheimediens. Die ander een is Jeff Maqetuka, direkteur-generaal.
Die drie se bedankings is Vrydag binne die NIA, wat verantwoordelik is vir binnelandse en internasionale intelligensie, aangekondig.
