Implats gedagvaar deur Mugabe-regime

Die Zimbabwiese regering gaan Impala Platinum, die tweede grootste platinum-produsent ter wêreld, vervolg, berig RSG.

Die besluit is geneem omdat dié maatskappy nog nie die vereiste 51% aandelebelang in sy Zimbabwiese bedrywighede aan plaaslike swart mense oorgedra het nie.

Impala Platinum het vroeër die jaar gesê hy sal tot soveel as R73 miljard in Zimbabwe kan belê om produksie te verhoog maar slegs as die Zimbabwiese regering afsien van sy eis dat ondernemings in die land deur swart burgers beheer word.

Intussen het Bob Gilmour, ‘n woordvoerder, gesê Zimplats, ook ‘n platinum-produsent in Zimbabwe, se voorstelle om aan die omstrede wetgewing te voldoen is op 17 Augustus verwerp, en die maatskappy is twee weke kans gegee om ‘n hersiene plan voor te lê.

Saviour Kasukuwere, die Zimbabwiese minister van Bemagtiging, het gesê hulle het ‘n ooreenkoms bereik vir 51% plaaslike aandeelhouding met die mynreus Rio Tinto vir sy Murowa-myn en ‘n ooreenkoms met Aquarius se Mimosa-myn word afgewag.

Kasukuwere het gesê Zimplats is besig om landswette te oortree en die proses te misbruik.

Buitelandse maatskappye het tot 25 September om hulle voorstelle om aan die nuwe wetgewing te voldoen in te dien, berig AFP.

Pres. Robert Mugabe het beloof dat buitelandse beleggings in Zimbabwe veilig sal wees as beleggers aan vereistes voldoen.

“Die regering sien uit na die volle samewerking van aandeelhouers om ‘n wen-wen-uitkoms te bereik,” het Mugabe in die parlement gesê.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae