‘n Bekende omroeper, Darren Scott van Jacaranda 94.2, het bedank nadat hy die k-woord teenoor ‘n swart kollega gebruik het. Scott was die gewilde aanbieder van die Just Plain Breakfast-oggendprogram.
Scott het ook glo as SuperSport se ankeraanbieder vir die komende Wêreldbeker-rugbytoernooi bedank, maar volgens bronne is hy gevra om te loop vanweë sy rassistiese opmerkings.
‘n Woordewisseling het Vrydagaand in ’n kroeg by Mabula Lodge by Warmbad tussen sy kollega Africa Tshoaedi en Scott uitgebreek omdat Tshoaedi glo geld wat Scott vir hom geleen het, nie terugbetaal het nie.
Dit het tydens Jacaranda 94.2 se jaarlikse spanbou gebeur. Scott het tydens die onderonsie rassistiese opmerkings teenoor ’n vroulike kollega gemaak.
‘n Woordvoerder van die radiostasie, het bevestig dat ’n saak van wangedrag teen Scott ondersoek word.
Scott sou SuperSport se hoofaanbieder in Suid-Afrika wees tydens die Wêreldbeker-rugbywedstryde. Peter Davies en Neil Andrews sal nou sy verpligtinge oorneem.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.