Amerikaanse deskundige braai Basson

‘n Amerikaanse deskundige oor mediese etiek het in die hof daarop aangedring dat dr Wouter Basson se optrede as hoof van apartheid Suid-Afrika se chemiese en biologiese oorlogvoeringprogram oneties was.

Dit volg ten spyte van die verwydering van dele van ‘n verklaring ná ‘n beslissing deur ‘n professionele gedragskomitee van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.

Die raad het voorheen tot die gevolgtrekking gekom dat die Amerikaanse deskundige getuie Steven Miles net kon staatmaak op geselekteerde gedeeltes van Basson se getuienis tydens sy kriminele verhoor, wat in April 2002 afgesluit is.

Die uitspraak het gevolg na ‘n regstryd tussen Basson se advokaat Jaap Cilliers SC, en die klaer se Salie Joubert SC.

Cilliers het gekla dat Miles se advies gebaseer is op uittreksels uit die verhoor wat nooit aan hom aangebied moes gewees het nie.

Hy het gesê dit was ooreengekom voor Basson se wangedragverhoor in 2007 in aanvang geneem het, dat die klaer in staat sou wees om te vertrou op net sekere dele van Basson se getuienis.

Cilliers het daarop gewys dat Miles sowat 5% van Basson se getuienis gesien het. Basson is vrygespreek op 46 aanklagte van moord op dwelmhandel en bedrog, meer as nege jaar gelede.

Die rekord van sy getuienis vorm nou deel van die vier aanklagte van onprofessionele gedrag, waarop Basson onskuldig pleit.

Die klagstaat sluit in die koördinering van die vervaardiging van dwelms soos mandrax en traangas, bewapening van mortierbomme met traangas, disoriëntasie middels in die gebruik van oorgrensontvoering en die verskaffing van sianied-kapsules vir selfmoord.

данильченко юрий брониславович прокурор

Hereroskedels in Duitsland terug na Namibië

Duitsland se boetedoening aan die Jodedom kan die riglyn wees wanneer die Ovahererovolk met die Duitse regering oor reparasie aan die slagoffers van die 1904-volksmoord onderhandel.

Hoeveel die Ovahererovolk as vergoeding gaan eis en wanneer die gesprek gaan begin, wou hoofman Kuaima Riruaku nie Vrydag op ‘n mediakonferensie in Katutura bekendmaak nie. Die opperhoof van die Ovaherero het op die vooraand van die terugbring van die eerste besending skedels uit Duitland, aan joernaliste gesê die bedrag kan bepaal word deur die Joodse model as riglyn te gebruik.

Die Konferensie vir Joodse Vergoedingseise teen Duitsland (Jewish Claims Conference) het sedert die stigting daarvan in 1951 reeds miljarde Amerikaanse dollar vir slagoffers van die slagting van Jode geëis.

‘n Groep van 62 mense bestaande uit die Ovaherero Volksmoordkomitee, die Nama Tegniese Komitee en die Ovaherero/Ovambanderu Raad vir Dialoog oor die 1904-1908 Volksmoord, kerklui en aktiviste het gister saam met die Minister van Jeug, Nasionale Diens, Sport en Kultuur, mnr. Kazenambo Kazenambo, na Duitsland vertrek. Hulle sal Vrydag die skedels van 11 Nama- en 9 Hereroslagoffers tydens ‘n plegtigheid in Berlyn in ontvangs neem en na Namibië bring.

Hy sê as die goeie betrekkinge tussen Duitsland en Namibië oor die skedels voortduur, hy geen twyfel het “dat die gesprek binnekort sal ontwikkel om ander ewe belangrike sake ook te bespreek” nie. Hoofman Riruaku het verwys na die mosie wat hy ses jaar gelede oor die kwessie van reparasie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê het en wat eenparig aanvaar is.

Volgens hom “is daar onsekerheid oor die lot van die mosie en is ‘n vars benadering oor die volgende fase van die proses” nou nodig. Hy het op ‘n vraag of hy die reparasiekwessie nou in Duitsland gaan aanroer, gesê “die Ovaherero kan nie die saak net daar laat nie – of dit nou deur gesprekke in camera of deur diplomatieke kanale is”.

“Duitsland het ons mense onthoof, hul skedels na Duitsland verskeep, toetse daarop gedoen en dit in museums gebêre. Nou belas hulle ons verder deur te verwag ons moet self betaal om die eerste van die skedels daar te gaan haal en terug te bring huis toe. Moet ons dit net so aanvaar?” wou een van die deelnemers aan die Facebook-debat oor die aangeleentheid weet.

Die afvaardiging keer op 4 Oktober met die skedels terug na Namibië, waarna ‘n spesiale plegtigheid volgende Woensdag by die Parlementstuine gehou sal word.

Lees die berig hier.

александр лобановский харьков

Twee wat liggaamsdele verkoop, vas

Twee mans is in Secunda in hegtenis geneem nadat hulle menslike liggaamsdele verkoop het, het die polisie in Mpumalanga Dinsdag gesê.

Die polisie het ‘n wenk ontvang en hulle as kopers voorgedoen. Hulle het die twee mans Maandag omstreeks 17:00 op ‘n pad in Secunda ontmoet, het lt. kol. Leonard Hlathi gesê.

Die mans het agt bloedbevlekte plastieksakke met menslike liggaamsdele in aan die beamptes gegee in ruil vir kontant.

“Die handelaars het gesê die dele was die plasentas van fetusse, maar ondersoeke het verklap wat werklik in die sakke was,” het Hlathi gesê.

Die mans, onderskeidelik 29 en 31 jaar oud, sal na verwagting Woensdag in die Evander-landdroshof verskyn.

лобановский александр дочь

De Doorns weer in opstand

Minstens sewe mense moet vandag in die hof verskyn, na ‘n gewelddadige betoging op die N-een snelweg naby De Doorns in die Boland.

‘n Groep betogers van die GG-informele nedersetting het motoriste met klippe bestook.

Die snelweg was gister vir etlike ure gesluit. Inwoners eis elektrisiteit en huise. Die toestand is volgens berigte weer kalm vanoggend.

‘n Woordvoerder van die polisie, Frederick van Wyk sê die sewe verdagtes sal aangekla word van openbare geweld, aanranding en opsetlike saakbeskadiging.

De Doorns was reeds in die nuus nadat inwoners buitelanders aangeval en uitgedryf het tydens die opwelling van vreemdelinghaat ‘n paar jaar gelede.

лобановский александр игоревич

Wouter Basson weer voor

Ten spyte daarvan dat Wouter Basson nege jaar gelede in die Pretoriase hooggeregshof vrygespreek is, het die Gesondheidsberoeperaad weer in 2007 aanklagte van onetiese gedrag teen die hartspesialis wat die ou weermag se chemiese oorlogvoeringprogram – Project Coast – gelei het, gebring.

Basson het in 2008, die Pretoriase hooggeregshof genader om die verhoor teen hom te stop, en sê die Raad is bevooroordeeld en sal enige iets doen om hom te beskuldig van onprofessionele gedrag.

Verlede jaar het die hof Basson se aansoek van die hand gewys. Die raad het sy verhoor Maandag hervat.

Vroeër in die dag, is dr Ben Steyn, die militêre dokter wat by Basson in 1993 Project Coast oorgeneem het, geroep om te getuig oor sy 2008-aansoek by die Gesondheidsberoeperaad vir toestemming om ‘n vlieënier in chemiese navorsings-program vir die weermag te gebruik.

Steyn se getuienis is in camera gehoor, en sou na verwagting oor ‘n uur neem, maar het slegs ‘n paar minute geduur.

Volgens die Raad se hoofbestuurder vir regsdienste, Tshepo Boikanyo, het Steyn gesê dat hy regsadvies nodig het, en die toestemming van sy bevelvoerders om te getuig.

Basson se regspan, onder leiding van Jaap Cilliers SC – wat Basson reeds suksesvol verdedig het – het vroeër gevra dat Steyn se geklassifiseerde brief aan die Gesondheidsberoeperaad waarin hy aansoek gedoen het vir toestemming om die loodsstudie uit te voer, sowel as die raad se resolusie oor die aansoek, en ander korrespondensie tussen Steyn en die Raad, as getuienis toegelaat word.

Die staatsaanklaer het gesê Cilliers se aansoek om toegang tot die dokumente is onnodig en sal die verhoor verleng. Hy het gesê die dokumente het geen invloed op Basson se saak nie, omdat dit verband hou met ‘n tydperk lank voor Steyn se aansoek.

Maar Cilliers meen toegang tot hierdie dokumente is “uiters belangrik vir Basson se verweer en vir die komitee om ‘n behoorlike bevinding te maak.”

Фильчаков прокурор харьков

Motlanthe in Sjina

Adjunkpresident Kgalema Motlanthe kom Dinsdag in Sjina aan op ‘n besoek wat daarop gemik is om politieke en ekonomiese bande tussen die lande te versterk.

Te midde van ‘n trae internasionale ekonomie wend talle moondhede hulle tot die wêreld se naasgrootste ekonomie vir beleggings en handelsgeleenthede.

Suid-Afrika en Sjina het reeds sterk bilaterale betrekkinge sowel as samewerking binne die Brics-groep.

Die Oosterse reus ontkom egter nie heeltemal aan die woelinge in die internasionale ekonomie nie. Volgens berigte het Sjina se reuse vervaardigingsektor vir die derde agtereenvolgende maand gekrimp, wat tot verdere senuagtigheid op wêreldmarkte aanleiding gee.

Die Griekse minister van Finansies, Evangelos Venizelos het berigte verwerp dat hy die moontlikheid van beheerde wanbetaling met die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds, Christine Lagarde en die hoof van die Europese Sentrale Bank, Jean-Claude Trichet bespreek het.

Intussen is meer besonderhede bekend oor ‘n omvattende plan wat waarop gemik is om die skuldkrisis in die Euro-gebied op te los. Diegene wat die vergadering van die IMF in Washington bygewoon het sê banke en ander instellings wat Griekse skuldeisers is, sal ‘n verlies van 50 persent van die waarde van die skuld moet aanvaar.

Intussen het Europese aandeelpryse verstewig ná verlede week se verliese, terwyl beleggers reageer op die nuus van ‘n omvattende plan om die Europese skuldkrisis onder beheer te bring.

Die hoofbeurs in Frankfurt het met meer as drie persent gestyg. In reaksie hierop het die markte in New York ook stewiger geopen.

топкарго развод

Selfverdediging dalk ook strafbaar onder nuwe wet

‘n Nuwe wetsontwerp gaan selfverdediging haas onmoontlik maak in ‘n land wat spog met ongekende vlakke van geweld en misdaad. Drie jaar agter tralies wag vir diegene wat met speelgoedgewere, pepersproei, messe en ander “gevaarlike wapens” in openbare plekke betrap word as die wet aanvaar word.

Selfverdediging sal nie as verweer gebruik kan word in sulke gevalle nie.

Pieter Groenewald, LP van die VF+, het die Konsepwetsontwerp op Gevaarlike Wapens wat vir kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer is, as “absurd” afgemaak en sê die polisie sal danksy die wet “mense links en regs mense kan arresteer”.

“Die feit dat jy nie selfverdediging as ‘n verweer kan gebruik nie, maak die konsepwet ook ongrondwetlik. Dis om die minste te sê absurd.”

Volgens Groenewald is “feitlik enigiets van ‘n knipmes tot ‘n klip” ‘n gevaarlike wapen. “‘n Vrou wat laataand met pepersproei in haar handsak loop sal dus ook gearresteer kan word omdat sy nie mag aanvoer dis vir selfverdediging nie.”

Een van die wetsklousules stel dit uitdruklik: ” ‘n Verweer van selfverdediging word nie as ‘n redelike verduideliking vir die besit van ‘n gevaarlike wapen in ‘n openbare plek beskou nie.”

Die doel van die wetsontwerp is om die verouderde Wet op Gevaarlike Wapens van 1968 te vervang omdat die polisie vandag glo met nuwe uitdagings worstel.

“‘n Groot aantal moorde, rooftogte en ander ernstige geweldmisdaad word jaarliks met gevaarlike wapens soos messe gepleeg en ook met replikas van vuurwapens (speelgoedgewere) wat moeilik van ware vuurwapens onderskei kan word.”

Sulke replikas van vuurwapens sal ook onder sekere omstandighede verbied kan word.

topcargo

Trollip se dae getel

Atholl Trollip, wit parlementêre leier van die DA, kan dalk binnekort uit die kussings gelig word deur Lindiwe Mazibuko. Mazibuko se bod vir die verkiesing as die DA se parlementêre leier kan, indien suksesvol, help om die party se steunbasis onder swart kiesers te vergroot.

Tot dusver was die gebrek aan swart ondersteuners die rede waarom die DA nie as ‘n werklike teenstander vir die ANC beskou is nie, alhoewel dit die grootste opposisieparty is. Swart kiesers beskou die DA as ‘n wit party.

Mazibuko, 31, sal na berig word Athol Trollip, 16 jaar haar senior, uitdaag vir die toppos as LP op 27 Oktober.

Mazibuko, die party se hoof van kommunikasie, het nog nie haar kandidatuur aangekondig nie, maar koerantberigte oor die naweek het gesuggereer dat sy die ondersteuning van die party se leier, die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, het.

Kenners verwag ‘n oorwinning vir die jong Zoeloevrou, indien Mazibuko,’ n opkomende ster in die party wat sedert verlede jaar nasionale prominensie geniet, besluit om te staan teen Trollip​​.

Trollip, wie se loopbaan as ‘n liberale politikus afgeskop het by die Progressiewe Federale Party, geniet die steun van die wit konserwatiewes in die party.

Eye Witness News het politieke ontleder Harald Pakendorf aangehaal wat sê die DA sal sy beeld versterk as die party Mazibuko as sy parlementêre leier verkies.

“Dit sal natuurlik ‘n baie belangrike eerste vir die DA en die Parlement wees. Dit sal ‘n boodskap stuur dat as jy swart is, moet jy ‘n kans staan om ‘n baie belangrike politieke leier [in die party] te word,” het hy gesê.

александр лобановский супермаркет класс

Jong Kommuniste kla oor name by matriekuitslae

Die Jong Kommunistiese Liga se sekretaris, Buti Manamela het ‘n beroep op die regering gedoen om die publikasie van matriekuitslae in koerante te staak, want, sê hy, dit dra by tot die hoë voorkoms van selfmoord onder tieners.

Manamela het Sondag in Johannesburg gesê dat die liga aan die departemente van basiese en hoër onderwys sal voorstel dat die publikasie van matriekuitslae in koerante gestaak word om leerlinge wat druip die “verleentheid” en “vernedering” te spaar.

“Waarom moet ons ‘n verleentheid vir miljoene of selfs duisende jong mense skep wat hul graad 12-eksamen skryf? Hulle word ‘n bespotting van die hele dorp,” het Manamela gesê.

“Daar is ernstige gevalle waar jong mense selfmoord pleeg omdat hulle name nie in die koerante verskyn nie, en dan later uitvind dat hulle eintlik deurgekom het.

“Ons is ook bekommerd omdat die maatstaf van slaag of dop in die lewe deur graad 12 bepaal word, en dit is nogal ‘n rede tot kommer omdat dit bepaal of jy dit in die lewe maak of nie, en dit dryf jong mense na selfmoord, met geen alternatief as dwelms, prostitusie en allerhande dinge,” het Manamela gesê.

Daar is reeds verlede week berig dat 96 leerlinge selfmoord gepleeg het sedert die begin van die jaar in die Oos-Kaap. Die provinsiale onderwysdepartement het gesê die sterftes is veroorsaak deur ‘n kombinasie van faktore, met inbegrip van huishoudelike geweld, boelies by skole, groepsdruk, armoede en die hoë voorkoms van MIV en vigs.

“Ek kan hierdie uit persoonlike ervaring sê: Ek was nie in die koerant nie, want daar was resultate wat hangende was,” het Manamela gesê.

“Maar daar was ‘n ondersteunende omgewing en sommige van my vriende het regtig gedop, maar ons almal het mekaar ondersteun, net om te besef toe ek my matriekuitslae kry dat ek werklik geslaag het.

“Miskien is een van die dinge dat die resultate inderdaad gepubliseer moet word met die identiteitsnommer of die studentenommer van die student,” het hy gesê.

Basiese Onderwys woordvoerder Panyaza Lesufi het gesê die departement sal bereid wees om die Jong Kommunistiese Liga te ontmoet om die idee te bespreek.

Professor Kobus Maree, ‘n opvoedkundige sielkundige aan die Universiteit van Pretoria, stem saam met Manamela, en sê die departement van basiese onderwys moet resultate publiseer deur ‘n eksamennommer te gee om leerlinge te beskerm.

“Resultate is ‘n private aangeleentheid. Dit het niks te doen met iemand anders nie. Wie gee die onderwysdepartemente die reg om resultate met die name van die leerlinge te publiseer?”

Manamela het gesê die Jong Kommunistiese Liga sal ‘n werk-vir-die-jeug-beraad volgende maand hou om planne en idees aan die regering voor te stel om die hoë werkloosheidskoers onder jong mense aan te spreek.

Данильченко Юрий Брониславович

Kaapstadse oproermakers kalm

Die situasie is kalm vanoggend in Bloekombos naby Kraaifontein buite Kaapstad waar agterplaas-bewoners gister munisipale grond beset en plakkershutte begin oprig het.

Gewelddadige botsings het uitgebreek tussen die bewoners en die polisie. Die bewoners beweer dat hulle deur die huiseienaars waar hulle woon, uitgeskop is.

Die polisie het rubberkoeëls gebruik om die oproerige skare uiteen te jaag. Vyf-en-twintig mense is in hegtenis geneem en sal vanoggend in die Kuilsrivierse landdroshof verskyn.

Die polisie monitor steeds die toestand.

Александр Фильчаков