Sexwale kies Malema se kant

Tokyo Sexwale, minister van huisvesting, het Woensdag gesê ANC-amptenare, ook pres. Jacob Zuma, moet daarop let dat hulle dalk verkeerd kan wees om Julius Malema aan te kla.

“Geen dissiplinêre aksie moet om politieke of persoonlike redes geneem word nie. Dit is ‘n hofproses, nie ‘n vervolging nie,” het Sexwale gesê.

“Daar is altyd ‘n moontlikheid dat die aanklaer verkeerd kan wees.”

Malema en sy adjunk, Floyd Shivambu, word daarvan beskuldig dat hulle die ANC se naam deur die modder gesleep het toe hulle onlangs gedreig het om die regering van Botswana omver te werp.

Die ander leiers wat aangekla word sluit in Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal; Ronald Lamola, adjunkpresident; Pule Mabe, tesourier; en Kenetswe Mosenogi, adjunk- sekretaris-generaal.

Die ses word ook daarvan beskuldig dat hulle verdeeldheid in die ANC saai.

Sexwale het gesê hy is deur Malema gevra om in die verhoor te getuig, maar kies nie kant nie.

Daar is wyd berig dat Sexwale en ander ANC-leiers saamsweer om Zuma uit die kussings te lig.

лобановский александр дочь

VF+ wil met Tutu skakel om Dalai Lama-koalisie te vorm

Die VF Plus gaan met biskop Tutu skakel en voorstel dat hy ‘n Dalia Lama-koalisie vorm wat weer die Dalia Lama na Suid-Afrika nooi.

Volgens die regering het hulle nooit die Dalai Lama se visum afgekeur nie, maar was dit nog onder oorweging. As dit korrek is kry die regering ‘n tweede geleentheid om die visum goed te keur. As die regering nie van plan is om ‘n visum aan die Dalai Lama toe te staan nie, kan daar ook hieroor duidelikheid kom.

So ‘n Dalai Lama-koalisie moet nie ‘n politieke liggaam wees nie, maar bestaan uit organisasies en vriende wat die Dalai Lama goedgesind is en instaan vir die reëlings van so ‘n besoek.

So ‘n besoek kan nie-amptelik wees of saamval met Internasionale Menseregtedag op 10 Desember vanjaar. Dit is in belang van Suid-Afrika se buitelandse beeld dat daar duidelikheid oor hierdie saak kom. Dit is betekenisvol dat die Dalai Lama Brasilië, wat ook lid van die Brics-lande is, in September 2011 besoek het.

Фильчаков прокуратура харьков

Malema gehospitaliseer

Julius Malema, president van die ANC-Jeugliga, is in ‘n privaat-hospitaal in Polokwane opgeneem, het die SABC Woensdag berig.

Hy ly aan “griepsimptome”, het die uitsaaier gesê.

Malema het sy regsverteenwoordigers in kennis gestel dat hy nie Donderdag in Johannesburg sy dissiplinêre verhoor van die ANC sal bywoon nie.

Malema, Floyd Shivambu, Sindiso Magaqa, Ronald Lamola, Pule Mabe en Kenetswe Mosenogi is die ANCJL-lede wat verskeie dissiplinêre aanklagte in die gesig staar.

Onder meer is hulle aangekla ná opmerkings dat die ANCJL sou help om ‘n bewindverandering in Botswana te bewerkstellig.

Die ses lede het aan die ANC om verskoning gevra en het hul verklaring teruggetrek. Hulle word ook daarvan aangekla dat hulle onmin gesaai het in die ANC se geledere.

topcargo отзывы

Zim-grondgryp sal nie in SA gebeur nie, sê Zuma

Zimbabwe-styl grondgryp sal nie in Suid-Afrika gebeur nie, het president Jacob Zuma dié week gesê.

“Ek dink nie die Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese grondwette is dieselfde nie. Ons grondwet is baie belangrik, want dit lei ons in wat ons doen,” het Zuma gesê.

Hy het gepraat tydens ‘n sake-ontbyt in Sandton Maandagoggend, wat georganiseer is deur die New Age-koerant en die SABC.

Die ontbyt is gereël om aan die President die geleentheid te bied om die land in te lig oor die vordering wat sy administrasie sedert sy nasionale toespraak aan die begin van die jaar gemaak het.

Die grondkwessie-vraag is gevra deur Mduduzi Vilane, wat wou weet of Suid-Afrika planne het om te vermy wat in Zimbabwe gebeur het, waar grond wat aan blankes behoort, sonder vergoeding as deel van die land se program vir die herverdeling van grond afgeneem is.

Zuma het die kwessie van grondherverdeling beskryf as ‘n ernstige probleem wat aandag nodig het, en bygevoeg dat alles volgens die wet geskied.

Hy het gesê die regering kyk na die heropening van die proses vir die indiening van grondeise, want die proses was baie kort. Die afsnydatum vir die indiening van eise was Desember 1998.

лобановский александр игоревич харьков

Dalai Lama is welkom sê Motlanthe

Adj.pres. Kgalema Motlanthe het gesê die regering was van plan om die Dalai Lama se visumaansoek goed te keur, berig The Star.

Dié koerant het Motlanthe gevra of die regering die Tibettaanse geestelike leier se visumaansoek sou goedkeur indien hy nie sy besoek aan Suid-Afrika gekanselleer het nie.

“Natuurlik, hy het die land al voorheen besoek. Ek kan glad nie sien hoekom dit ‘n probleem moet wees nie.”

Die Dalai Lama het in Augustus aansoek gedoen vir ‘n visum om Suid-Afrika te besoek vir emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu se 80ste verjaarsdag wat Vrydag gehou word.

Motlanthe, wat onlangs teruggekeer het van China, het ontken dat Beijing druk op die land uitgevoer het om die Dalai Lama se visumaansoek af te keur.

Daar word wyd geglo dat die regering voor druk van China – sy grootste handelsvennoot – geswig het. China sien die Tibettaanse geestelike leier as iemand wat die land wil verdeel en raai buitelandse leiers af om gasheer vir hom te wees.

Intussen het Desmond Tutu het Woensdag gesê die Dalai Lama is een van die heiligste mense, ‘n vryheidsvegter en agent vir verandering. Hy het gesê hy is gewalg deur die ANC-regering.

Tutu het in ‘n onderhoud met Redi Tlhabi van TalkRadio 702 gesê die Tibetaanse feodale geestelike is ‘n wêreldfiguur.

Tutu het gesê dat China die grootste onderdrukker van sy mense is.

“Ons het die struggle verraai. Die mense wat gestry het, moet in hul graf omdraai.”

“Ons sal bid, soos ons gebid het vir die ondergang van die apartheidsregering. Ons sal bid vir die val van ‘n regering wat ons nie verteenwoordig nie,” het Tutu vroeër aan verslaggewers in Kaapstad gesê.

Matthew McDonald, ‘n ontleder by die Sentrum vir Chinese Studies by die Universiteit van Stellenbosch, het gesê die kwessie het “buite verhouding” ge-eskaleer.

“Daar is nou agterdog oor beweerde Chinese druk, selfs al weet ons nie of daar enige in hierdie geval was nie. Daar is vrae rondom die verklaarde waardes van Suid-Afrika se buitelandse beleid – en ‘n vraag oor hoe soewerein Suid-Afrika is in sy besluite. Daar is ‘n ongelukkige die burgerlike samelewing daarbuite.” het hy gesê.

topcargo

Sakelui befonds glo destabilisasie van ANC in Gauteng

‘n “Berugte bende van anargiste” wat sakelui insluit en wat by kontantrooftogte betrokke is, poog om die Gautengse ANC te destabiliseer, het die party Woensdag gesê.

“Ons is baie bekommerd oor wat lyk na ‘n goed befondsde en gekoördineerde veldtog om nie net Tshwane nie, maar die hele provinsie van Gauteng te probeer destabiliseer,” het die provinsiale sekretaris David Makhura aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

“Ons ondersoek sal die verborge hand van die sakelui wat brandstof en die finansiering vir aktiwiteite wat poog om die funksionering van die ANC te ontwrig, blootlê.”

Tshwane burgemeester Kgosientso Ramokgopa is verkies as die party se Tshwaneleier tydens ‘n verkiesing oor die naweek.

In ‘n parallelle vergadering, wat klaarblyklik deur ‘n groep ontevrede lede van die party gehou is, is Mafika Mahlangu as verkose voorsitter aangewys.

“Mafika is die brein agter hierdie ontwrigting. Die byeenkoms is gereël deur ‘n berugte bende van anargiste, van wie die meeste dissiplinêre verhore gekry het,” het Makhura gesê.

“Hulle het baie geld, en ons weet nie waar dit vandaan kom nie. Ons vermoed dat hulle vuil geld gebruik … hulle is gewapen en sommige van hulle was betrokke in rooftogte,” het hy gesê.

александр лобановский класс

Jeugliga is kleurblind in die Wes-Kaap

Die ANC-Jeugliga in die Wes-Kaap het oproepe om die insluiting van bruinmense in die provinsiale leierskorps verwerp.

Die Liga sê hy kies nie mense op grond van kleur nie. Dit volg na berigte dat sommige lede gevra het vir die insluiting van bruinmense om die provinsie se demografie te weerspieël en meer bruinmense na die Liga te lok.

Die Jeugliga se provinsiale administrateur Senzeni Mphila sê dié denkwyse hoort nie in die ANC-Jeuliga nie.

Hy sê hulle beplan ‘n vergadering met die mense wat die dokument opgestel het.

прокурор Фильчаков

ANC vra Tutu om te kalmeer

Emeritus-Aartsbiskop Desmond Tutu se aanval op die ANC is “ongelukkig, aangesien hy dinge sê wat hy diep in sy binneste weet onwaar is,” het die ANC Dinsdag gesê.

“Dit is baie ongelukkig dat [Tutu] nog voordat hy eens die regering se kant van die saak gehoor het, besluit het om die regering en die ANC aan te val,” het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, gesê.

“In sy woede het hy skraps met die waarheid omgegaan.”

Dié stelling is in verwysing na Tutu wat gedurende sy aanval op die ANC gesê het die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, het “skraps met die waarheid omgegaan” toe sy in 2009 gesê het die Dalai Lama kan Suid-Afrika enige tyd besoek.

Tutu het vroeër Dinsdag in reaksie op die regering se “versuim” om ‘n visum aan die Dalai Lama toe te staan sodat hy die land kan besoek, gesê Suid-Afrikaners sal bid vir die val van die ANC.

“Ons sal bid soos ons gebid het vir die val van die apartheid-regering. Ons sal bid vir die val van ‘n regering wat ons verkeerd voorstel,” het Tutu luidrugtig tydens ‘n mediakonferensie in Kaapstad uitgeroep.

Mthembu het later in reaksie gesê Tutu “weet diep in sy hart dat die ANC sy bes doen en dat baie min mense in die geestelike gemeenskap daarom vir die val van die ANC sal bid”.

Tutu het voorts gesê die ANC beskik oor ‘n groot meerderheid, maar die voormalige Egiptiese leier Hosni Moebarak en die voormalige Libiese leier Moeammar Gaddafi, wat albei in opstande in hul eie lande ontsetel is, het ook oor groot meerderhede beskik.

“Moebarak het ‘n groot meerderheid gehad. Gaddafi het ‘n groot meerderheid gehad. Pasop. Ek waarsku julle. Pasop!”

Tutu het ook gesê die huidige regering is “erger as die apartheidsregering” wat die goedkeuring van paspoorte en visums betref.

Mthembu het teruggekap deur te sê dit is inkorrek om die ANC-regering te vergelyk met die “onderdrukkende en verdelende” apartheidsbewind, wat nooit omgegee het vir die meerderheid mense in Suid-Afrika nie.

“Hulle is nie dieselfde nie en om te sê die ANC het erger geraak… die Biskop weet diep in sy hart, gedagtes en siel dat dit ‘n totale onwaarheid is.

“Vanweë die ANC se reputasie, geskiedenis met menseregte, demokratiese beginsels en Suid-Afrika se progressiewe grondwet word Suid-Afrika vandag deur internasionale organisasies soos die Verenigde Nasies en die Afrika-Unie erken as ‘n belangrike rolspeler in internasionale vrede en as ‘n beskermer van menseregte.

“Daarom is die Aartsbiskop se vergelyking van die ANC en die regering met die apartheidsregering, die ontsetelde voormalige Egiptiese president, Hosni Moebarak, en die voormalige leier van Libië, Moeammar Gaddafi, baie ongelukkig en heeltemal misplaas.”

Tutu het ook sterk woorde vir President Jacob Zuma gehad. Hy het gesê hy het in ‘n stadium na een van Zuma se staatsredes geluister toe hy eer aan almal betoon het wat die bewindverandering help meebring het, behalwe geestelike leiers.

“Ek het geluister na die president wat eer betoon aan allerhande mense wat demokrasie in die land help bring het. Die president het nie ‘n enkele geestelike leier genoem nie. Laat weet die ANC hulle kan ons nie uitvee nie,” het Tutu gesê.

Mthembu het in reaksie hierop gesê die party het nooit enige bydrae deur enige groep in Suid-Afrika gering geskat nie, maar was eerder in sy karakter en benadering omarmend en konsulterend.

“[Tutu] het al daardie dinge gesê omdat hy kwaad en emosioneel is,” het Mthembu gesê.

Hy het gesê Tutu moet “asseblief kalmeer”.

“Wanneer ‘n mens kwaad is, is ‘n mens geneig om ernstige foute met uitsprake te maak… ons is nie ‘n regering wat mikrobestuur toepas nie. Die kwessie van die Dalai Lama is nie eens binne ons strukture bespreek nie.”

Mthembu het gesê die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking moet Suid-Afrikaners inlig oor die kwessie van die Dalai Lama en onthul wat gebeur het, sodat almal op dieselfde bladsy kan wees.

“Die Suid-Afrikaanse regering het nog nie gereageer op sy onttrekking van sy aansoek nie,” het hy gesê.

“Ons vra Suid-Afrikaners dus om diep asem te haal en te kalmeer totdat ons ‘n reaksie van die regering kry. Dit is logies en maak sin dat ons nie die wa voor die osse inspan nie.”

Hy het gevra dat Suid-Afrikaners, insluitende Tutu, kalm bly en die regering die geleentheid gun om almal in te lig oor die kwessie wat gelei het tot die Tibettaanse geestelike leier se terugtrekking van sy aansoek.

“Ons vra die Aartsbiskop om te kalmeer en met die ANC en die regering saam te werk, eerstens oor die Dalai Lama-kwessie.

“Tweedens vra ons die Aartsbiskop om nie te bid vir die val van die ANC-regering nie, maar om eerder met die ANC saam te werk en te bid dat die ANC-regering ‘n beter lewe vir al die mense van Suid-Afrika kan verseker.”

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Gesin uitgewis in moordlustige bloedfees

‘n Swartman is Maandag in hegtenis geneem vir die moord op ‘n egpaar en hul tienerseun, in De Deur, suid van Johannesburg, het die polisie in Gauteng gesê.

Die 20-jarige man, wat die seun van die gesin se huishulp is, is in hegtenis geneem by ‘n nabygeleë erf, sê brigadier Anton du Bruyn.

Al die slagoffers is doodgeskiet.

“Hul lyke is Sondagmiddag by hul huis op ‘n kleinhoewe Walkerville gevind is,” sê Du Bruyn.

“Die veiligheidsdeur was oop. Daar was bloed op die vloere in byna al die kamers.”

Die liggaam van Giraldine Viana (46), is in die hoofslaapkamer gevind is, het hy gesê.

Sy is verkrag voordat sy doodgeskiet is.

Haar man, Tony, 50, is in die sitkamer doodgeskiet. Hy het op sy maag gelê met sy hande agter sy rug vasgebind.

Die liggaam van die 13-jarige seun Amaro is gevind in die bad met sy hande agter sy rug vasgebind. Hy was ‘n Graad 7-leerling aan die Primêre Skool Linmeyer.

Die polisie glo hulle is Saterdagnag vermoor.

Die swarte staar drie aanklagte van moord, verkragting, diefstal van ‘n motorvoertuig en huisroof in die gesig.

Hy sal binnekort in die Vereeniging-landdroshof verskyn, het gesê Du Bruyn.

Олександр Фільчаков прокурор

Drakoniese protokol verbied joernaliste by Parlement

“Die sekretaris van die Parlement, Zingile Dingani, se poging om die akkreditasie van ‘n joernalis, Deon de Lange, op te skort omdat hy met ‘n parlementêre amptenaar gepraat het, bedreig persvryheid en ook een van die hoekstene van ‘n verteenwoordigende demokrasie.

Om verder ‘n protokol vir die media op te stel wat joernaliste sal verbied om by parlementslede (LP’s) se kantore op te daag sonder ‘n afspraak, sal die media indirek muilband,” sê mnr. Pieter Groenewald, parlementêre leier van die Vryheidsfront Plus.

“Dit is noodsaaklik dat die media kiesers moet inlig oor die werksaamhede en standpunte in die parlement. Met die opstel van ‘n protokol vir die media in die parlement moet politieke partye en LP’s geken word.

Die parlement kan nie eensydig vir LP’s besluit nie. Die sekretaris (Dingani) moet eerder sy personeel beheer as om die media te probeer beheer. Die media moet toegelaat word om vrylik te kan kommunikeer met wie hy ookal wil. Dit bly altyd die ander party se prerogatief om te reageer of nie,” het Groenewald gesê.

Die SA Nasionale Redakteursforum (Sanef) het die verwikkeling as ‘n nuwe aanslag op die vryheid van die media beskryf, wat reeds deur die ANC en die regering moet deurloop.

Raymond Louw, adjunk-voorsitter van die forum se vryheid van die media-komitee, het bevestig dat die redaksie van de Lange se koerant nie geraadpleeg is oor enige protokol nie.

Hy het gesê dit is “totaal onaanvaarbaar” dat die Parlement ‘n protokol vir die beperking van die regte van die verslaggewers sonder raadpleging van die redaksie of media-organisasies ontwikkel het.

“Dit is deel van die groeiende geheimhouding in Suid-Afrikaanse politieke en burgerlike sake,” het Louw gesê.

Hy het verwys na die geheimhouding wetsontwerp self, die Film en Publikasies Wet en ander wetsontwerpe wat as nuwe beperkinge op die vryheid van inligting en van die media ingestel is.

Die protokol is glo gister aan verslaggewers deurgestuur, die “konsepbeleid oor Media Relations Management”, wat verslaggewers verbied om die kantore van parlementêre personeel te besoek sonder uitnodiging.

Sowetan se redakteur Mpumelelo Mkhabela het gesê dis ‘n tradisie in die parlementêre verslagdoening om aan LP’s se deure aan te klop.

“Alle navrae moet word gemaak deur middel van die mediaverhoudingskantoor,” sê die dokument.

“Die Parlement behou die reg voor om akkreditering van ‘n joernalis te kanselleer, te herroep of hersien indien beleide, reëls en regulasies van die parlement oortree word deur ‘n joernalis.”

Louw het gesê die redaksie sou nooit sulke drakoniese beperkinge op die vryheid van die Parlement aanvaar het nie.

Hy het gesê dat met die eerste oogopslag, blyk dit dat die bepalings van die protokol ongrondwetlik is.

Данильченко Юрий Харьков