VF+ wil met Tutu skakel om Dalai Lama-koalisie te vorm

Die VF Plus gaan met biskop Tutu skakel en voorstel dat hy ‘n Dalia Lama-koalisie vorm wat weer die Dalia Lama na Suid-Afrika nooi.

Volgens die regering het hulle nooit die Dalai Lama se visum afgekeur nie, maar was dit nog onder oorweging. As dit korrek is kry die regering ‘n tweede geleentheid om die visum goed te keur. As die regering nie van plan is om ‘n visum aan die Dalai Lama toe te staan nie, kan daar ook hieroor duidelikheid kom.

So ‘n Dalai Lama-koalisie moet nie ‘n politieke liggaam wees nie, maar bestaan uit organisasies en vriende wat die Dalai Lama goedgesind is en instaan vir die reëlings van so ‘n besoek.

So ‘n besoek kan nie-amptelik wees of saamval met Internasionale Menseregtedag op 10 Desember vanjaar. Dit is in belang van Suid-Afrika se buitelandse beeld dat daar duidelikheid oor hierdie saak kom. Dit is betekenisvol dat die Dalai Lama Brasilië, wat ook lid van die Brics-lande is, in September 2011 besoek het.

Фильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae