Cele ‘respekteer’ sy skorsing

Bheki Cele, nasionale polisiekommissaris, “respekteer” President Jacob Zuma se besluit om hom te skors, het sy kantoor Maandag gesê.

“Die nasionale kommissaris van polisie, genl. Bheki Cele, neem kennis van en respekteer die president se besluit. Hy is besonder vol vertroue dat hy die beskuldigings van die opkomende ondersoek geheel en al sal kan weerlê,” het sy woordvoerder, Nonkululeko Mbatha, in ‘n verklaring gesê.

Sy skorsing kom nadat die openbare beskermer, Thuli Madonsela, bevind het Cele se verkryging van twee huurkontrakte vir nuwe polisie-hoofkwartiere in Pretoria en Durban was onwettig en kom neer op wanadministrasie. Die huurkontrakte was ter waarde van R1,6 miljard.

Genl. Nhlanhla Mkhwanazi sal in Cele se pos waarneem.

Zuma se aankondiging het gekom ná weke van spekulasie oor Cele se toekoms, insluitende ‘n nuusberig dat hy moontlik ‘n diplomatieke pos in Kanada aangebied sou word.

александр лобановский класс

Afgedank na kredietkaartongerymdhede, nou DA-lid

Besigheid Teen Misdaad (BTM) se afgedankte baas het  R37 000 van die organisasie se geld op inkopies geblaas. 

BTM, ook in Engels bekend as Business Against Crime (BAC), is ‘n voertuig wat deur die land se sakegemeenskap geskep is om misdaad te beveg en hulle kry miljoene in skenkersfondse.

Die besturende direkteur van BTM in die Wes–Kaap het haar stilte verbreek nadat sy afgedank is vir ongemagtigde kredietkaartbesteding.

Dr Annelie Rabie moes in Junie uit die organisasie wat misdaad beveg, bedank, ongeveer dieselfde tyd as wat sy ‘n DA-raadslid in die dorpie van Prince Albert in die Groot Karoo geword het.

Rabie het hierdie week gesê was sy net “deurmekaar” met haar persoonlike en korporatiewe kredietkaarte, terwyl sy inkopies gedoen het.

Melvyn Josua, die huidige voorsitter, sê Rabie is afgedank nadat ‘n dissiplinêre verhoor haar skuldig bevind het op vyf aanklagte van ongemagtigde uitgawes op die organisasie se kredietkaart ter waarde van ongeveer R37 000.

Die organisasie en Rabie swyg oor die items wat aangekoop is. Josua het geweier om te sê of kriminele klagtes gelê sal word as “sekere prosesse afgehandel is”.

Rabie, egter, het daarop aangedring dat sy niks verkeerd gedoen het nie.

Josua het bevestig dat Rabie by die verhoor aangevoer het dat sy deurmekaar was tussen haar werks- en persoonlike kredietkaarte, maar hy het gesê dit is verwerp deur die voorsittende beampte. Hy het ook bevestig dat sy ‘n “deel” van die geld terugbetaal het, maar slegs na ‘n oudit deur die BTM.

Rabie het aanvanklik haar voorneme om te bedank uit die organisasie in Mei aangekondig. “Dit was my spesifieke voorneme om na Prins Albert te verskuif en in die politiek op die versoek van die gemeenskap betrokke te raak.”

Die organisasie het egter geweier om haar bedanking te aanvaar, omdat ‘n ondersoek rakende haar gedrag aan die gang was. 

“‘n Onafhanklike verhoor is gehou in Junie 2011 by die kantore van [die prokureursfirma] Cliffe Dekker Hofmeyr. Sy is skuldig bevind op aanklagte van ongemagtigde uitgawes en haar dienste is beëindig op 17 Junie 2011..

“Ons standpunt oor misdaad maak dit duidelik dat ons optree wanneer of waar ook al onbehoorlikheid vermoed word.”

Rabie is verkies tot die DA-koukus in Prince Albert terwyl sy geskors was.

Dr Graham Wright, uitvoerende hoof van Besigheid teen Misdaad Suid-Afrika, het gesê die organisasie is bekommerd oor die negatiewe impak van die voorval.

лобановский александр игоревич класс

VF verwelkom skorsings van ministers

Pres. Jacob Zuma se aankondiging dat hy die nasionale kommissaris van Polisie, Bheki Cele, geskors het hangende ‘n ondersoek en die afdanking van die minister van Openbare Werke, me Gwen Mahlangu-Nkabinde asook die van mnr. Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering, word deur die Vryheidsfront Plus verwelkom.

As een van die regspersone wat die klag teen die huur van geboue by die Openbare Beskermer gelê het, word vertroue in teenkorrupsie liggame versterk met Zuma se optrede.

As nasionale hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is dit in nasionale belang dat hierdie bewerings behoorlik ondersoek word om dit te bevestig of te weerlê. Die Polisiehoof kan nie misdaad effektief beveg met sulke aantygings teen hom nie.

Die publiek en lede van die SAPD kan ook nie vertroue hê in die nasionale kommissaris met sulke aantygings nie,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

Die lede van die kommissie wat ondersoek moet doen na die wapenskandaal word ook verwelkom. Pres. Zuma tree reg op om regters aan te stel en versterk die geloofwaardigheid van die ondersoek.

Dat die ondersoek twee jaar kan duur skep die indruk dat ‘n behoorlike ondersoek gedoen sal word. Hierdie is ‘n geleentheid om die skandvlek van die wapenskandaal tot ‘n einde te bring en die skuldiges moet aan die pen ry, het Groenewald gesê.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

VF-petisie was tolhekke se doodsteek

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die minister van vervoer, mnr. S’bu Ndebele, se besluit om die implementering van die Gauteng-tolhekprojek uit te stel. Volgens die minister gaan daar eers in Februarie 2012 ‘n besluit oor die tolgelde geneem word. “Die VF Plus is van mening dat die inhandiging van meer as 100 000 geouditeerde protes-handtekeninge by die Gauteng Wetgewer, soos ingesamel deur die party se aanlyn-protesaksie www.tolhekpetisie.org.za, ‘n wesenlike bydra gelewer het tot die besluit. Die besluit om die proses te halt kom naastenby ‘n week na die inhandiging van die handtekeninge” het adv Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder oor vervoer, gesê.

“Daarbenewens moes die interparty-koalisie tussen die VF Plus, Cope, DA, ACDP en die OD in die Gautengse Wetgewer dit vir die minister en die ANC duidelik gemaak het dat mense oor ‘n wye front teen die tolheksisteem gekant is. Die VF Plus sal egter voortgaan om druk op die minister te plaas om die tolheksisteem heeltemal te skrap en die nodige fondse by wyse van die bestaande brandstofheffing te verhaal” het Alberts bygevoeg.

Intussen het die VF Plus sedert die her-loodsing van sy aanlyn-protesaksie binne ‘n week alreeds 5700 nuwe handtekeninge bygekry. Volgens adv. Anton Alberts is dit ‘n bewys dat die publiek se teenkanting teen die Gauteng-tolprojek steeds groei. “Die Vryheidsfront Plus het ook in ‘n massa e-pos aan die petisie-ondertekenaars gevra of hulle bereid sal wees om aan openbare protesaksie deel te neem. Om en by 10 000 mense het al positief geantwoord dat hulle so ‘n aksie sal steun,” het Alberts verder gesê. “Indien die regering sal voortgaan met die aktivering van die tolstelsel, gaan hulle wesenlike openbare teenstand kry tot so ‘n mate dat massa publieke ongehoorsaamheid ‘n moontlikheid is.”

Die VF Plus het ook sy tevredenheid uitgespreek teenoor die besluit van die regering om nog ‘n taakspan aan te stel om die Gauteng-tolprojek verder te ondersoek. “Dit is egter jammer dat die publiek geen verteenwoordiging op hierdie komitee het nie, maar dit is verblydend dat die adjunkminister van vervoer, mnr. Jeremy Cronin, erken het dat die tolstelsel nie sinvol is as metode om die land se nuwe paaie en instandhouding te finansier nie,” het Alberts bygevoeg.

Dit blyk nou dat die regering uiteindelik die belastingbetaler en padverbruiker se rasionele stem begin hoor. Die VF Plus sal egter saam met ander partye voortgaan om druk op die regering te plaas ten einde hierdie tolstelsel te stop.

лобановский александр игоревич харьков

Cosatu prys DA oor tolbesluit

Die sekretaris-generaal van Cosatu, Zwelinzima Vavi, het vir Helen Zille geprys vir die DA se houding teenoor hoë tariewe.

Die ministerie van vervoer sê die optrede is daarop gemik om meer ruimte te skep vir oorlegpleging met gemeenskappe wat deur die konstruksie van tolpaaie geraak sal word.

Die konstruksie van tolpaaie op die N-een in Gauteng het grootskaalse ongelukkigheid tot gevolg gehad en teenstaanders daarvan het gedreig met stakings.

Vavi sê die organisasie het regstappe oorweeg teen die tolstelsel in Gauteng. Hy sê verder dit is bemoedigend om te sien dat die burgemeester van Kaapstad haar voet neersit oor die kostes.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad stel vandag die eerste opleidingsakademie vir die taxi-bedryf op Welkom bekend.

Die opleidingsakademie is deel van SANTACO se poging om die taxi-bedryf te hervorm. SANTACO sê hy is daartoe verbind om die aantal ongelukke waarby taxi’s betrokke is te verminder, deur veiligheidsprogramme te implementeer.

Die organisasie wil ook kliëntediens verbeter en meer vroue as taxi-bestuurders oplei. Die minister van vervoer, S’bu Ndebele sal die bekendstelling bywoon.

лобановский александр дети

Jeugliga kap myne

Die Suid-Afrikaanse Youth Council, die Jong Kommunistiese Liga, Sasco en Azapo het hulle stemme gevoeg by die van die minister van polisie, Nathi Mthethwa, en minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, om die beplande optog van die ANC-Jeugliga te veroordeel.

Die Jong Kommunistiese Liga se nasionale sekretaris, Buti Manamela, het gesê sy organisasie sal “nie belangstel in georkestreerde bewegings om sekere politieke stellings te maak nie”, en Azapo het ‘n beroep op die swart jeug gedoen om weg te bly van die optog Donderdag en Vrydag en hul energie in hul matriekeksamen, wat vandag begin, te stort.

Insp. Edna Mamonyane, metropolisiewoordvoerder van Johannesburg, het gesê toestemming vir die jeugliga se optog is die naweek toegestaan, maar die optoggangers is toegang tot die snelweë verbied.

‘n Groot polisieteenwoordigheid word verwag by die optog om die skare onder bedwang te hou.

Malema het Sondagmiddag in die Bantu Bonke-township in die Vaaldriehoek gepraat.

Hy het dié naweek verskeie plekke in Gauteng besoek om steun te werf vir die jeugliga se optog wat in Johannesburg begin en by die Uniegebou in Pretoria eindig.

Vroeër het hy ‘n diens by die Ratanda Metodiste Kerk in Heidelberg bygewoon. Kerkleiers het hom gevra om nie die platform wat hulle vir hom gegee het vir sy politieke agenda te gebruik nie, omdat hulle “polities neutraal” wil bly.

Hy is egter deur die kerkleiers die hande opgelê tydens die diens.

‘n Klein opkoms in Meyerton en Sebokeng het Malema genoop om dié twee afsprake op sy toer af te stel het ‘n amptenaar gesê.

ANC-jeugliga woordvoerder Floyd Shivambu het nie reageer op versoeke vir kommentaar nie.

Malema se binnekring het gesê die jeugleier het vergaderings in Sebokeng asook Meyerton, ‘n vesting van die DA, afgestel.

Die Vryheidsfront het Saterdag ‘n groot reorgansasievergadering in Meyerton gehou te midde van gerugte dat die DA onder druk verkeer vanweë hulle besluit om ‘n swart parlementêre leier aan te wys in die persoon van Lindiwe Mazibuko.

By Bantoe-Bonke, het ‘n uitdagende Malema gesê die sowat 500 inwoners moet nie toelaat dat ‘n mynmaatskappy wat onlangs minerale in die omgewing ontdek het, hulle dwing om te verskuif nie.

“Ons het gehoor dat hulle wil hê dat julle van hier af gedwonge verskuif moet word, dat Anglo hierdie plek besit en dat daar ‘n alternatiewe plan moet wees, want daar is sekere minerale hier ontdek.

“Die minerale wat hulle ontdek het, moet ook julle minerale wees, en as daar mynbou hier gaan wees, moet die grond van jou gekoop word, moet jy nie verwyder word nie, want dit is jou grond.

“Jy sit op die rykdom, en daardie rykdom moet tot jou voordeel wees. So hierdie ding dat elke keer as hulle ‘n minerale hulpbron ontdek, dan skuif hulle mense, dit moet tot ‘n einde kom.

“Wanneer hulle minerale ontdek, moet hulle vra hoe hulle hier gaan myn tot julle voordeel en nie net sê jy gaan na ander huise geskuif word en selfs die huise wat hulle vir julle gee is nie behoorlike huise nie,” het hy gesê.

Malema het gesê die inwoners moet die optog gebruik om beter behuising, toegang tot basiese dienste, gratis onderwys en werk te eis.

Saterdag in Diepsloot het Malema Mthethwa en Nzimande, sonder om hulle by die naam te noem, uitgesonder vir kritiek. Hy het gesê die ministers gaan na hulle gemaklike huise terug as hulle klaar hulle voorbereide toesprake afgelees het en vergeet daarna wat hulle gesê het. 

лобановский александр игоревич харьков

Tyd vir plaasinvalle is verby, sê Zim-goewerneur

Die goewerneur van die Midlandsprovinsie in Zimbabwe, Jason Machaya, het gewaarsku dat indringers op die plaas van Derek Shaw, een van Zimbabwe se min oorblywende wit melkboere, moet ligloop.

Die goewerneur het ook die nuutste vlaag van plaasbesettings veroordeel en gesê: “Die tyd vir plaasinvalle is verby”.

Die afgelope week het meer as 200 onwettige plakkers en hul gesinne op Shaw se plaas, Wildebeest, sy laaste 200 hektaar grond beset. Die ander deel van sy plaas is tussen 2002 en 2004 aan grondbesetters oorhandig.

Machaya se waarskuwing kom terwyl Zimbabwe sukkel om hul melkproduksie te verbeter. Kundiges in die bedryf blameer die lae vlak van melkproduksie op die chaotiese grondhervormingsprogram asook die regering se weiering om eiendomsreg te eerbiedig.

Meeste van die melk in Zimbabwe word uit Suid-Afrika ingevoer. Selfs Nestlé Zimbabwe, een van die grootste melkkopers, voer melk vanuit Suid-Afrika in, want plaaslike produsente versuim om aan sy behoeftes te voldoen.

Machaya het gesê Shaw is een van die “strategiese boere” wat ‘n ooreenkoms met die regering aangegaan het. Daar is besluit dat Shaw sy oorblywende grond moet hou.

“Mnr Shaw moet nie versteur word nie. Dit is die regering se standpunt. Blanke kommersiële boere soos hy is deel van land se pogings om melkboerdery te verbeter,” het hy gesê.

“Enigiemand wat grond in Zimbabwe beset, moet dit doen deur die wette van die land,” het hy gesê.

Die Midlandsprovinsie het ‘n aantal plaasbesettings in die afgelope dekade beleef, insluitende die plaas van Colin Cloete, ‘n voormalige president van die Commercial Farmers Union van Zimbabwe van Chegutu, wie se plaas vir tabak geoormerk is. Hy het dié jaar ‘n finale appèl verloor om sy enigste oorblywende eiendom te behou.

Een van die land se mees vereerde beestelers, Philip Hapelt, moes sy plaas aan Zanu-PF-politikus Jabulani Mangena oorhandig. Hapelt, sy familie en sy werknemers moes geweld trotseer voordat die howe hom ‘n persona non grata verklaar het.

Ben Freeth se plaas is deur Zanu-PF se staatmaker Nathan Shamuyarira gevat. Freeth se skoonpa, Mike Campbell, het die saak na die SAOG-tribunaal geneem en sy saak gewen. Maar, die regering het die uitspraak ongeldig verklaar, en gesê die Tribunaal het nie jurisdiksie in Zimbabwe nie.

Volgens WikiLeakskommunikasie van 2003 was sowat 300 kommersiële boere in regsgevegte met die regering betrokke om hul grond te hou, terwyl 4000 – 4500 blanke boere reeds uitgesit is.

Tot op datum het die regering ‘n beslissing deur die SAOG-tribunaal in 2008 geïgnoreer, nadat 77 kommersiële boere aangevoer het dat die grondhervormingsprogram op ‘n rassegrondslag gevoer word.

Александр Фильчаков Васильевич

‘Dis nie asof hy gesê het koelies steel nie’

Twitter was Donderdag in rep en roer oor die “koelie”-woord.  Pedi-sprekers het op die sosiale netwerk-webwerf toegesak om te verduidelik dat die woord in Pedi “Indiese” beteken en nie “koelie” nie.

Net so beteken amaNdiya in Nguni ook “Indiese”.

‘n Professor van Linguistiek by die Universiteit van die Wes-Kaap, Rajend Mesthrie, het gesê dit is verstaanbaar dat Indiërs dit aanstootlik vind, maar die woord moet gesien word in die konteks waarin dit gesê is.

“Die meeste van die tyd, gegewe die regte konteks, is dit nie neerhalend nie,” sê Mesthrie.

Malema het gesê: “Daar is geen persoon wat sonder elektrisiteit of water moet leef nie.. Daar moet geen kind wees wat nie kan skoolgaan omdat sy ouers nie kan bekostig om te betaal vir skoolgeld nie.

“Alle kinders moet skool toe gaan. Bana ba Lena BA tshwanetse BA dumelelwe Gore BA tsene sekolo le Bana ba makula Mona”. Vertaal, lui dit: “Jou kinders moet toegelaat word om skool toe te gaan met koeliekinders. “

Opposisiepartye glo die woord is rassisties en neerhalend.

DA-jeugleier Makashule Gana het die “diep rassistiese aanmerkings” deur Malema veroordeel.

Malema staar reeds dissiplinêre optrede in die gesig wat verband hou met sy omstrede openbare verklarings, insluitend om te sê blankes was “misdadigers”.

Mesthrie het gesê die inhoud van Malema se uitsprake “het my oortuig dat hy nie neerhalend was nie”.

“Hy het net gesê dat (kinders van Thembelihle) dieselfde geleenthede as die Indiese kinders moet kry.

“Dit is nie asof hy gesê het: ‘Jaag die “koelies” uit , want hulle steel ons werk nie’.”

Mesthrie het gesê dat die woord makoela is “beslis” afgelei is van die woord “coolie”, wat deur die Britte gebruik is ongeveer ‘n eeu gelede in verwysing na die Indiërs en Chinese.

“Koelie” is waarskynlik afgelei van die Hindi-woord “kali”. ‘n Voormalige Indiërminister, Jay Naidoo, is glo gereeld deur die ANC se swart lede verwelkom met “hy is ons koelie!”.

Фильчаков прокурор харькова

Duurste bank word duurder

Die bankreus, Absa, wat verlede jaar in die Solidariteit Beweging se eerste bankkosteverslag as een van die twee duurste banke in Suid-Afrika aangewys is, het sy status behou. Boonop het die bankkoste van dié bank se goedkoopste rekening met 8% gestyg terwyl Capitec se bankkoste glad nie vanjaar gestyg het nie. Dít is enkele bevindings van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se tweede bankkosteverslag wat vandag deur die Solidariteit Beweging (Solidariteit, AfriForum, Solidariteit Helpende Hand en die Solidariteit Beleggingsmaatskappy) bekendgestel is.

Die verslag vergelyk die bankkoste van verskillende persoonlike bankrekeninge van die vyf groot handelsbanke, naamlik Absa, FNB, Standard Bank, Nedbank en Capitec, met mekaar. “Wanneer die goedkoopste rekeninge van die vyf banke wat in die SNI se verslag ondersoek is vergelyk word, is Capitec se Global One-rekening die goedkoopste. Dié rekening se gemiddelde bankkoste oor agt verskillende gebruiksprofiele beloop R67,35 per maand en is sedert 2010 glad nie verhoog nie,” verduidelik Paul Joubert, senior navorser van die SNI. “Daarteenoor is Absa se goedkoopste opsie sy Silver Package-rekening. Dié rekening se gemiddelde maandelikse bankkoste is egter meer as dubbeld as dié van die Capitec-rekening en het boonop tussen 2010 en 2011 met 8%, van R140,90 tot R152,15, gestyg.”

Luidens die verslag is Standard Bank en Absa steeds oor die algemeen die duurste van die vyf banke in die studie, en Capitec en FNB die goedkoopste. Capitec het oorhoofs die goedkoopste transmissierekening, maar indien ʼn kliënt ʼn oortrokke fasiliteit, tjekboek en kredietkaart direk aan die rekening gekoppel wil hê, het FNB oor die algemeen die goedkoopste lopende rekeninge. Nedbank is die derde goedkoopste bank.

Die bankkoste van verskeie kombinasies van maandelikse transaksies is op verskillende bestedingsvlakke bereken. Die ondersoek het net gefokus op die kernaspekte van transaksionele rekeninge om vergelykings so billik as moontlik te maak. Daar is ook net gefokus op persoonlike rekeninge. Besigheidsrekeninge is dus nie by die vergelykings ingesluit nie.

“Solidariteit se bankkosteverslag het verlede jaar tot ʼn baie groter bewustheid oor die koste van bankdienste onder verbruikers gelei,” verduidelik Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit. “Verbruikers doen nou meer moeite om ingelig te wees en is bereid om hulle persoonlike rekeninge te skuif om beter waarde vir geld te kry. Die invalshoeke in banke se onlangse bemarkingsveldtogte wat spesifiek op ingeligte verbruikers gemik is, wys dat banke nie meer op tradisionele lojaliteit kan staatmaak nie, maar moet meeding vir verbruikers wat daarop ingestel is om beter waarde vir hulle geld te kry.”

Die SNI maan in die verslag dat verbruikers nie eenvoudig moet aanvaar dat die rekening wat ʼn bank vir hulle aanbeveel, die goedkoopste opsie is nie. “By Absa, Standard Bank en Nedbank is die transmissierekeninge, wat as goedkoop bemark word, selde werklik die goedkoopste opsies,” verduidelik Hermann.

Volgens Hermann is die SNI se bankkosteverslag ʼn goeie riglyn vir mense wat hulle bankkoste wil evalueer, maar elke individu se bankgewoontes is uniek. “Mense moet dus besluite neem op grond van hulle eie gebruiksprofiele,” sê Hermann.

Die Solidariteit Beweging het na aanleiding van die bekendstelling van die bankkosteverslag verlede jaar ʼn aparte ondersoek oor die bankkoste van die groot handelsbanke se maatskappyrekeninge gedoen. Die Beweging het op grond van die ondersoek 35 van sy bankrekeninge van Absa na FNB geskuif.

 

лобановский класс харьков

Afriforum gaan Malema strafregtelik aankla

AfriForum gaan ‘n strafregtelike klag teen Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, lê.

Die stap kom nadat Malema Woensdag op ‘n openbare geleentheid in Thembelihle, Lenasia, inwoners aangemoedig het om grond sonder toestemming te beset indien die regering nie dit aan hulle oorhandig nie.

“AfriForum het op regsadvies verneem dat hierdie optrede van Malema op sigself die misdryf van uitlokking tot sedisie daarstel en dat hy strafregtelik daarvoor vervolg kan word,” lui die verklaring.

Die klag sal om 15:00 by die Wierdabrug-polisiestasie in Valhalla, Centurion ingedien word.

“‘n Reeks ander misdrywe, wat uitlokking tot openbare geweld en uitlokking tot betreding insluit, sal in die alternatief gepleit word,” het die organisasie in ‘n verklaring gesê.

топкарго кидалы