Afgedank na kredietkaartongerymdhede, nou DA-lid

Besigheid Teen Misdaad (BTM) se afgedankte baas het  R37 000 van die organisasie se geld op inkopies geblaas. 

BTM, ook in Engels bekend as Business Against Crime (BAC), is ‘n voertuig wat deur die land se sakegemeenskap geskep is om misdaad te beveg en hulle kry miljoene in skenkersfondse.

Die besturende direkteur van BTM in die Wes–Kaap het haar stilte verbreek nadat sy afgedank is vir ongemagtigde kredietkaartbesteding.

Dr Annelie Rabie moes in Junie uit die organisasie wat misdaad beveg, bedank, ongeveer dieselfde tyd as wat sy ‘n DA-raadslid in die dorpie van Prince Albert in die Groot Karoo geword het.

Rabie het hierdie week gesê was sy net “deurmekaar” met haar persoonlike en korporatiewe kredietkaarte, terwyl sy inkopies gedoen het.

Melvyn Josua, die huidige voorsitter, sê Rabie is afgedank nadat ‘n dissiplinêre verhoor haar skuldig bevind het op vyf aanklagte van ongemagtigde uitgawes op die organisasie se kredietkaart ter waarde van ongeveer R37 000.

Die organisasie en Rabie swyg oor die items wat aangekoop is. Josua het geweier om te sê of kriminele klagtes gelê sal word as “sekere prosesse afgehandel is”.

Rabie, egter, het daarop aangedring dat sy niks verkeerd gedoen het nie.

Josua het bevestig dat Rabie by die verhoor aangevoer het dat sy deurmekaar was tussen haar werks- en persoonlike kredietkaarte, maar hy het gesê dit is verwerp deur die voorsittende beampte. Hy het ook bevestig dat sy ‘n “deel” van die geld terugbetaal het, maar slegs na ‘n oudit deur die BTM.

Rabie het aanvanklik haar voorneme om te bedank uit die organisasie in Mei aangekondig. “Dit was my spesifieke voorneme om na Prins Albert te verskuif en in die politiek op die versoek van die gemeenskap betrokke te raak.”

Die organisasie het egter geweier om haar bedanking te aanvaar, omdat ‘n ondersoek rakende haar gedrag aan die gang was. 

“‘n Onafhanklike verhoor is gehou in Junie 2011 by die kantore van [die prokureursfirma] Cliffe Dekker Hofmeyr. Sy is skuldig bevind op aanklagte van ongemagtigde uitgawes en haar dienste is beëindig op 17 Junie 2011..

“Ons standpunt oor misdaad maak dit duidelik dat ons optree wanneer of waar ook al onbehoorlikheid vermoed word.”

Rabie is verkies tot die DA-koukus in Prince Albert terwyl sy geskors was.

Dr Graham Wright, uitvoerende hoof van Besigheid teen Misdaad Suid-Afrika, het gesê die organisasie is bekommerd oor die negatiewe impak van die voorval.

лобановский александр игоревич класс

Maak 'n opvolg-bydrae