Die sekretaris-generaal van Cosatu, Zwelinzima Vavi, het vir Helen Zille geprys vir die DA se houding teenoor hoë tariewe.
Die ministerie van vervoer sê die optrede is daarop gemik om meer ruimte te skep vir oorlegpleging met gemeenskappe wat deur die konstruksie van tolpaaie geraak sal word.
Die konstruksie van tolpaaie op die N-een in Gauteng het grootskaalse ongelukkigheid tot gevolg gehad en teenstaanders daarvan het gedreig met stakings.
Vavi sê die organisasie het regstappe oorweeg teen die tolstelsel in Gauteng. Hy sê verder dit is bemoedigend om te sien dat die burgemeester van Kaapstad haar voet neersit oor die kostes.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad stel vandag die eerste opleidingsakademie vir die taxi-bedryf op Welkom bekend.
Die opleidingsakademie is deel van SANTACO se poging om die taxi-bedryf te hervorm. SANTACO sê hy is daartoe verbind om die aantal ongelukke waarby taxi’s betrokke is te verminder, deur veiligheidsprogramme te implementeer.
Die organisasie wil ook kliëntediens verbeter en meer vroue as taxi-bestuurders oplei. Die minister van vervoer, S’bu Ndebele sal die bekendstelling bywoon.
