Jeugliga kap myne

Die Suid-Afrikaanse Youth Council, die Jong Kommunistiese Liga, Sasco en Azapo het hulle stemme gevoeg by die van die minister van polisie, Nathi Mthethwa, en minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, om die beplande optog van die ANC-Jeugliga te veroordeel.

Die Jong Kommunistiese Liga se nasionale sekretaris, Buti Manamela, het gesê sy organisasie sal “nie belangstel in georkestreerde bewegings om sekere politieke stellings te maak nie”, en Azapo het ‘n beroep op die swart jeug gedoen om weg te bly van die optog Donderdag en Vrydag en hul energie in hul matriekeksamen, wat vandag begin, te stort.

Insp. Edna Mamonyane, metropolisiewoordvoerder van Johannesburg, het gesê toestemming vir die jeugliga se optog is die naweek toegestaan, maar die optoggangers is toegang tot die snelweë verbied.

‘n Groot polisieteenwoordigheid word verwag by die optog om die skare onder bedwang te hou.

Malema het Sondagmiddag in die Bantu Bonke-township in die Vaaldriehoek gepraat.

Hy het dié naweek verskeie plekke in Gauteng besoek om steun te werf vir die jeugliga se optog wat in Johannesburg begin en by die Uniegebou in Pretoria eindig.

Vroeër het hy ‘n diens by die Ratanda Metodiste Kerk in Heidelberg bygewoon. Kerkleiers het hom gevra om nie die platform wat hulle vir hom gegee het vir sy politieke agenda te gebruik nie, omdat hulle “polities neutraal” wil bly.

Hy is egter deur die kerkleiers die hande opgelê tydens die diens.

‘n Klein opkoms in Meyerton en Sebokeng het Malema genoop om dié twee afsprake op sy toer af te stel het ‘n amptenaar gesê.

ANC-jeugliga woordvoerder Floyd Shivambu het nie reageer op versoeke vir kommentaar nie.

Malema se binnekring het gesê die jeugleier het vergaderings in Sebokeng asook Meyerton, ‘n vesting van die DA, afgestel.

Die Vryheidsfront het Saterdag ‘n groot reorgansasievergadering in Meyerton gehou te midde van gerugte dat die DA onder druk verkeer vanweë hulle besluit om ‘n swart parlementêre leier aan te wys in die persoon van Lindiwe Mazibuko.

By Bantoe-Bonke, het ‘n uitdagende Malema gesê die sowat 500 inwoners moet nie toelaat dat ‘n mynmaatskappy wat onlangs minerale in die omgewing ontdek het, hulle dwing om te verskuif nie.

“Ons het gehoor dat hulle wil hê dat julle van hier af gedwonge verskuif moet word, dat Anglo hierdie plek besit en dat daar ‘n alternatiewe plan moet wees, want daar is sekere minerale hier ontdek.

“Die minerale wat hulle ontdek het, moet ook julle minerale wees, en as daar mynbou hier gaan wees, moet die grond van jou gekoop word, moet jy nie verwyder word nie, want dit is jou grond.

“Jy sit op die rykdom, en daardie rykdom moet tot jou voordeel wees. So hierdie ding dat elke keer as hulle ‘n minerale hulpbron ontdek, dan skuif hulle mense, dit moet tot ‘n einde kom.

“Wanneer hulle minerale ontdek, moet hulle vra hoe hulle hier gaan myn tot julle voordeel en nie net sê jy gaan na ander huise geskuif word en selfs die huise wat hulle vir julle gee is nie behoorlike huise nie,” het hy gesê.

Malema het gesê die inwoners moet die optog gebruik om beter behuising, toegang tot basiese dienste, gratis onderwys en werk te eis.

Saterdag in Diepsloot het Malema Mthethwa en Nzimande, sonder om hulle by die naam te noem, uitgesonder vir kritiek. Hy het gesê die ministers gaan na hulle gemaklike huise terug as hulle klaar hulle voorbereide toesprake afgelees het en vergeet daarna wat hulle gesê het. 

лобановский александр игоревич харьков

Maak 'n opvolg-bydrae