MTN glo in wapen- en omkoopnes

MTN, Afrika se grootste voorsiener van koordlose telekommunikasiedienste, (wireless operator) het amptenare omgekoop, gesprekke tussen Iranse en Suid-Afrikaanse leiers gereël en selfs wapens en steun vir Iran by die VN beloof in pogings om ‘n lisensie te bekom om ‘n mobiele foondiens (selfoondiens) in Iran te bedryf.

Die bewerings is Donderdag in ‘n Amerikaanse hof gemaak deur Turkcell Iletisim Hizmetleri AS (TCELL) wat aanvanklik die lisensie in Iran gekry het maar dit toe skielik ontneem is. Turkcell eis skadevergoeding ten bedrae van $4.2 miljard van MTN in ‘n saak wat in Washington aanhangig gemaak is.

Getuienis wat glo deur die Turkse maatskappy voorgele sal word, sluit in ‘n groot aantal interne memo’s van MTN waarin in die Suid-Afrikaanse maatskappy se pogings om die kontrak te bekom in groot detail uiteengesit is.

Die tender vir die diens in Iran is toentertyd bestempel as die grootste nuwe internasionale telekommunikasie geleentheid in die wêreld.

MTN het laat Donderdag aangedui dat hulle die eis sal teenstaan. In ‘n verklaring sê MTN dat daar geen basis vir die eis is nie en geen wetlike gronde om dit in ‘n Amerikaanse hof aanhangig te maak nie.

MTN se aandeelprys op die JEB het gister op 137.40 gesluit wat 1.5% laer is as die van die vorige dag.

Volgens die memo’s wat by die hof ingedien is, het MTN sy poging om die kontrak te bekom “Project Snooker,” gedoop. In die stukke word betalings aan Javid Ghorbanoghli, destyds Iran se adjunk-minister van buitelandse sake en ook aan Yusuf Saloojee, Suid-Afrika se ambassadeur in Teheran destyds, uiteengesit. Hulle is glo onderskeidelik $400,000 en $200,000 betaal

In ‘n memo op 21 September 2005, bestempel MTN se destydse uitvoerende hoof, Phuthuma Nhleko, die lisensiekontrak as een van die belangrikste telekommunikasie geleenthede in die wêreld.

Volgens hom het MTN “signed agreements with Iran that week ‘under duress’ in order to ‘book our place at the foot of the mountain'” het hy glo geskryf. (Nhleko het Donderdag nie dadelik kommentaar gelewer op ‘n navraag na sy kantoor nie.)

Volgens die eisers het MTN die Suid-Afrikaanse regering oorreed om by drie geleentheid in 2005 en 2006 buite stemming te bly tydens besluite deur die Internasionale Atoomkragagentskap. Die Iraniers het glo toekenning van die lisensie teruggehou om te sien hoe Suid-Afrika stem en drie dae nadat Abdul Minty, SA se verteenwoordiger by die agentskap op 24 November 2005 buite stemming gebly het, is die lisensie toegeken.

Die eisers beweer ook dat MTN ‘n aktiewe rol gespeel het om wapentoerusting, insluitende Rooivalk-helikopters, G5-kanonne, sluipskuttergewere, pantsertroepedraers en ander gesofistikeerde toerusting, aan Iran gelewer te kry. Die toerusting is egter toe nooit aan Iran verkoop nie en dit het die Irannese woedend laat reageer.

Bewerings word ook gemaak oor gesprekke wat gereël is tussen hoogeplaasde Iranese amptenare en Suid-Afrikaanse politieke leiers, insluitende die destydse president Thabo Mbkei en die minister van verdediging, Patrick Lekota.

In een stadium is Iran se destydse minister van buitelandse sake glo na Suid-Afrika gestuur om regstreeks by Mbeki ‘n duidelike antwoord te kry oor SA se belofte om wapens aan Iran te verkoop.Nog meer opspraakwekkende bewerings kan in die verloop van die saak na vore kom, berig internasionale nuusagnetskappe.

topcargo

Japan wil Nkandla-tee verkoop

Suid-Afrika sal binnekort KwaZulu-Natal se tee na Japan bemark en verkoop, het premier Zweli Mkhize gesê, volgens ‘n berig Donderdag.

Die ooreenkoms sal na verwagting plaaslike landelike ekonomiese ontwikkeling stimuleer in die provinsie en werk skep, het die Business Day berig.

Terwyl hy uit Japan gesels het gedurende ‘n vier-dag besoek om belegging in Suid-Afrika aan te moedig, het Mkhize gesê een van die betrokke Japannese maatskappye is gefokus op die verbouing en verwerking, terwyl ‘n ander teeprodukte koop en verkoop.

Hy het ook gesê daar is planne om teeproduksie te verhoog by die Ntingwe-teelandgoed in Nkandla. Dit is die enigste oorblywende teelandgoed in die streek en 600 plaaslike mense is daar in diens.

Die gebied, 280km noord van Durban, het ‘n rykdom van ongerepte woude wat spog met verskeie inheemse spesies. Nkandla word ook beskou as die “wieg van Zoeloegeskiedenis”, van Malandela tot Shaka, Dingane en Cetshwayo. Die grafte van Koning Malandela en Cetshwayo is in Nkandla.

Данильченко Харьков

Gautengse premier roep ‘soldate op teen volksmoord van MIV’

Gauteng se premier Nomvula Mokonyane het Donderdag gesê die uitwerking van MIV/vigs  is ‘n “volksmoord” wat die Suid-Afrikaanse ekonomie sal verlam as niks gedoen word om die pandemie te bekamp nie. ​​

“As hierdie situasie nie dringend aandag kry nie, het dit ‘n potensiaal om ongekende ellende te veroorsaak as ‘n gevolg van dalende produktiwiteitsvlakke wat noodwendig ‘n verlammende effek op die ekonomie het.”

Mokonyane het gepraat by die opening van die Gauteng-Vigs-beraad in Turffontein, Johannesburg.

Sy het gesê die konferensie was die ideale platform om die gevolge van die siekte op die land te bespreek.

“Maar as ons bewus is en oortuig dat ons gekonfronteer word met ‘n bedreiging van volksmoord, sal ons weet dat ons nie ‘n beter kans of keuse het as om hierdie beraad te benader met ‘n houding van ‘n soldaat wie se enigste voorneme is om die vyand uit wis en te verhoed dat volksmoord plaasvind nie.”

Sy het gesê die aantal vigs-verwante sterftes het ‘n hoogtepunt bereik in 2007, maar het ‘n aansienlike afname getoon met die bekendstelling van anti-retrovirale behandeling (ART) in 2004.

Die DA het die premier geloof. LPW Jack Bloom het gesê hy is tevrede met die vordering, maar gewaarsku dat die land nie selfvoldaan moet wees nie.

“Die Demokratiese Alliansie onderskryf die doel van die vermindering van nuwe MIV-infeksies met minstens 50 persent teen 2016. Behandeling is duur, so gedragsverandering is krities en dit begin deur dit te toets en te weet wat ‘n mens se status is.”

Die konferensie eindig Vrydag.

Данильченко Юрий отзывы

Skietery by prokureur eis vier

Die Gautengse polisie ondersoek die omstandighede rondom die skietdood van vier mense gister in Centurion, suid van Pretoria, ná ‘n kliënt ‘n vergadering by Hepple-prokureurs ontwrig het, het RSG berig.

Die skietery het by Du Randt en Richards-prokureurs in Zwartkop, Centurion, uitgebreek.

Daar word beweer dat ‘n 64-jarige man die vergadering onderbreek het en skote op drie mense geskiet het, waarna hy die vuurwapen op homself gerig het.

‘n Polisiewoordvoerder, Annabelle Middleton sê twee mense wat ook die vergadering bygewoon het is ongedeerd.

‘n Regstryd oor geld het glo tot die skietery aanleiding gegee, berig EWN.

Данильченко Юрий отзывы

Basson-verhoor verdaag nadat aanklaer deurmekaar raak

Die verhoor van dr Wouter Basson het Woensdag uitgerafel en moes verdaag word toe die pro forma aanklaer Salie Joubert aantygings “sonder feitelike basis” tydens kruisondervraging gemaak het.

Basson se regshulp, Jaap Cilliers het dit aan die komitee gestel dat Joubert  verkeerde stellings maak en dat dit nie toegelaat word nie, aangesien dit ‘n beslissing wat vroeër deur die professionele gedrag komitee van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) geneem is, oortree.

Die komitee moet uiteindelik besluit of Basson, ‘n praktiserende kardioloog, onprofessioneel en oneties opgetree het toe hy ‘n chemiese wapennavorsingseenheid bestuur het. Indien skuldig bevind word, sal Basson sy mediese lisensie verloor.

Dinsdag, het Joubert Basson gevra oor die Suid-Afrikaanse Weermag se ontwikkeling van onnaspeurbare mortiere wat CR-traangas bevat. Dit is aan Angolese rebellemagte onder Jonas Savimbi in die 1980’s verskaf.

Hy het dit toe aan Basson gestel dat hierdie wapens ook gebruik is vir oproerbeheer in Suid-Afrika, en gesê: “Dit is die soort van chemiese oorlog op die bevolking van hierdie land wat jy as ‘n dokter ondersteun het.”

Basson het dit ontken.

Cilliers het geëis dat die verklaring teruggetrek moet word, want “dit is nie in die feite voor die komitee nie”.

“Hy het nie ‘n feitelike grondslag vir daardie stelling nie, en dit is in elk geval irrelevant tot die klagstaat voor hom,” het Cilliers gesê.

Een van die aanklagte hangende teen Basson sluit die verskaffing van mortiere aan Savimbi in, maar hy is nie aangekla van die gebruik van hierdie mortiere op die algemene bevolking in Suid-Afrika nie.

Cilliers het gesê sedert die nuus van hierdie kommentaar die publiek bereik het, het beide die weermag en voormalige geneesheer-generaal Neil Knobel – wat later getuienis sal gee tydens die ondersoek – hul “ernstige kommer” oor hierdie bewerings uitgespreek.

Hy het ook gekla dat, na aanleiding van berigte oor die ondersoek, is Twitterbladsye geskep wat beweer dat Basson en die weermag chemiese oorlogvoering teen die voorheen benadeelde mense van Suid-Afrika ingespan het.

Cilliers het aangevoer dat Joubert verwys na stellings wat Basson tydens die Waarheids-en Versoeningskommissie (WVK) gemaak het in ‘n poging om “atmosfeer te skep”.

Dinsdag, het Joubert aan die komitee gesê Basson het in die verlede gesê die WVK was ‘n gebrekkige proses en “nie die papier werd waarop dit gedruk is nie”. Basson het gesê hy staan ​​by daardie steling.

Volgens Cilliers het ‘n hofbevel die gebruik van enigiets wat Basson gesê het tydens die WVK verbied en dat, ongeag, die kommentaar irrelevant tot die aanklagte bly.

Hy het gesê Joubert se optrede was “heeltemal onvanpas” en het gevra dat hy die stellings terugtrek.

Maar Joubert het geweier en gesê Cilliers se bewerings is ongegrond. Joubert het daarna volgehou maar deurmekaar geraak met wat beweer is en wat nie. Die gesprek het uitgerafel, en onsamehangend geraak en die sitting is verdaag.

Данильченко Юрий Харьков

Antraks tref glo Namibiese plaas

‘n Plaas in Namibië is onder kwarantyn geplaas nadat vier plaaswerkers siek geword het toe hulle glo vleis geëet het van ‘n koei wat op die plaas gevrek het.

Twee van die plaaswerkers is intussen dood, terwyl die ander twee steeds in die staatshospitaal op die dorp behandel word.

Hulle het vermoedelik miltsiekte (antraks) op die plaas Kroonster van die bekende suiwel- en vleisprodusent, mnr. Japie Engelbrecht, opgedoen.

Dr. John Shoopala, adjunkhoof: dieresiektebeheer in die direktoraat Veeartsenydienste, sê “geen tekens van antraks is sover gevind nie.” Hulle wil egter verdere probleme voorkom en het daarom opgetree, sê hy.

Mnr. Bennie Venter, Engelbrecht se prokureur, sê ondanks briewe aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, kon hy nog nie daarin slaag om die verslag te kry wat daarop dui dat die plaaswerkers miltsiekte opgedoen het nie.

Miltsiekte is ‘n akute, dodelike siekte en die voorkoms of vermoedelike voorkoms daarvan moet onmiddellik aangemeld word.

Miltsiekte word veroorsaak deur ‘n bakteriese organisme, Bacillus anthracis. Wanneer diere aan die siekte vrek en veral as hulle oopgesny word, kom groot getalle van die kiem, wat in die bloed en organe aanwesig is met die lug in aanraking en produseer spore wat baie sterk weerstand kan bied. Die sogenaamde spore kan baie jare lank in die grond oorleef.

Die bloederige uitloopsels by die natuurlike openinge van die liggaam sowel as die velIe, bene en vleis vorm besmettingsbronne en speel ‘n belangrike rol by die verspreiding van die siekte.

Behalwe die mens, kan gewone en bytende vlieë, aasvoëls, jakkalse en ander kleiner aasdiere as vername verspreiders van die siekte optree. Die spore, wat uiters bestand is teen ongunstige klimaatstoestande, kan ook deur reën weggespoel word en in vlak panne en damme versamel, wat dan mettertyd, veral as dit begin opdroog, gekonsentreerde bronne van besmetting word.

Diere kry gewoonlik die besmetting deur die bek in wanneer hulle besmette water drink, op besmette veld wei of aan besmette velle, bene, bloed of karkasse lek of vreet.

Mense is ook vatbaar en kan die besmetting opdoen deur wonde, of deur spore per mond in te neem of in te asem. Besmette velle kan tydens hantering dikwels as bronne van besmetting vir die mens dien.

 

Фильчаков

Taxi-geweld vat vlam in Noordwes

In die jongste voorval van openbare geweld is ses busse en ‘n aantal minibustaxi’s aan die brand gesteek in ‘n struweling wat tussen taxi-bestuurders in Marikana naby Rustenburg, uitgebreek het, het die polisie in Noordwes Woensdag gesê. 

Ao. Sam Tselanyane sê ses busse wat aan die Midbank-busmaatskappy behoort het, is Dinsdagoggend aan die brand gesteek.

Die busse was by die Middlekraal-stasie in die Lonmin-gebied van Wonderkop geparkeer.

Tselanyane sê die brandstigting kom ná taxi-geweld Saterdag wat tussen lede van twee taxi-verenigings in Marikana uitgebreek het.

‘n Geveg het tussen die groepe ontstaan en vyf taxi’s is aan die brand gesteek.

Die skade in die twee voorvalle beloop nagenoeg R17,5 miljoen.

Фильчаков

Soldate in staatsdiens aangestel

Reeds byna ‘n duisend soldate is in die staatsdiens aangestel en nog 12 000 sal binne die volgende vyf jaar deur Transnet in diens geneem word, berig Beeld.

Die meeste sal in veiligheidsposte by Suid-Afrika se grensposte diens doen.

Lt.genl. Themba Michael Nkabinde, personeelhoof van die weermag, het gister in Pretoria gesê swart werklose jeugdiges word by 3 SA Infanteriebataljon in Kimberley opgelei.

Nkabinde het dié vrywillige diensplig van twee jaar en indiensneming deur staatsdepartemente as ‘n groot sukses bestempel.

Transnet en die departement van binnelandse sake is by uitstek die twee staatsdepartemente wat dié jong soldate van werk voorsien.

Die soldate is werksaam by die O.R. Tambo-lughawe en met die registrasie van Zimbabwiërs in Suid-Afrika.

 

 

лобановский александр биография

Trumpkinders van onetiese jag beskuldig

Zimbabwe se parke-owerheid het Maandag gesê die Amerikaanse eiendomsmagnaat Donald Trump se seuns was gelisensieer om wild te jag op ‘n reis twee jaar gelede, nadat foto’s van hul trofeë gelei het tot aanlynwoede.

Trump se seuns Donald Junior en Eric het ‘n jagtog in Zimbabwe in 2010 onderneem. Hulle foto’s het hierdie maand op sosiale media verskyn, waar hulle langs karkasse van ‘n ​​luiperd, ‘n olifant, ‘n krokodil en ‘n ​​verskeidenheid ander diere poseer.

Die beelde is op Facebook en Twitter veroordeel as oneties. Donald Trump Jr het op Twitter daarop aangedring dat hy niks verkeerd gedoen het nie.

“Hulle is vergesel deur ‘n professionele jagter, en ons het ‘n agtergrondondersoek op hom gedoen en sy lisensie is nog steeds geldig,” het Caroline Washaya-Moyo, woordvoerder vir die parke in ‘n verklaring gesê.

“Ook was die Trump-broers van ‘n veldwagter van die parke-afdeling vergesel wat die jag gemonitor het. Die diere wat hulle gejag het is beskikbaar vir jag in Zimbabwe.”

Alhoewel luiperds bedreig word, het sy gesê hulle kan gejag word onder streng voorwaardes soos deur die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies. Zimbabwe se parke het ‘n kwota van 500 luiperds wat elke jaar gejag kan word, het sy bygevoeg.

Die verklaring het gekom nadat Johnny Rodriguez, voorsitter van die Zimbabwe Conservation Task Force, gesê het sy organisasie ondersoek of die Trumpbroers se jag wettig was.

Die rit is georganiseer deur die Pretoriase maatskappy Hunting Legends International, wat spesialiseer in grootwildjag vir rykes. Die maatskappy het ook daarop aangedring dat die grootwildjagtog naby die Victoria-waterval volgens voorskrifte onderneem is.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

LUR veroordeel protes by Kya Sands

Gauteng se LUR vir Gemeenskapsveiligheid Faith Mazibuko het die gewelddadige protes in Kya Sands, noord van Johannesburg Maandag veroordeel.

Sy het gesê daar is prosedures wat gevolg moet word om toestemming vir optogte en byeenkomste te kry.

“Dit is vir seker nie geregverdig dat iemand met geweld optree of die eiendom van ander lede van die gemeenskap beskadig nie en mense word aangemoedig om hulself te wettig te gedra of met die volle mag van die wet kennis te maak,” het sy in ‘n verklaring gesê.

“Ons doen ‘n beroep op al ons lede van die gemeenskap te bly by die wet, en gebruik te maak van die wettige kanale om enige griewe wat hulle mag hê, aan te spreek.”

Traangas is afgevuur by die protes van inwoners van Kya Sands Maandagmiddag, het Gautengse polisie gesê.

Lt-kol Lungelo Dlamini het gesê ‘n klein groepie betogers het begin klippe gooi na die polisie by die Inadanlokasie. Die polisie het teruggeslaan deur traangas na die onordelikes te vuur, en kalmte te herstel, het hy gesê.

Die betogers het verdaag om 13:30, maar later hergroepeer en Riverbendweg en Aghulas paaie geblokkeer, sê die Demokratiese Alliansie se wyksraadslid Matome Mafokwane.

Hy het gesê die polisie het met rubberkoeëls op die skare gevuur, maar Dlamini ontken dit.

Vroeër, het lede van die burgemeesterskomitee (MMC) die betogers ontmoet.

Dan Bovu, belas met behuising het aan die gemeenskap gesê hy sal hul behoeftes vir die beplande ontwikkeling in die gebied prioritiseer.

Toe het hy gesê hy sal sy dagboek nagaan om ‘n geskikte tyd te vind, het die betogers hom uitgejou.

MMC vir Openbare veiligheid, Matshidiso Mfikoe, het gesê ‘n vergadering met die inwoners se leierskap sal belê word volgende Dinsdag.

Sy het gesê ‘n breë, geïntegreerde program van ontwikkeling is nodig, en sy het gesê sy sal die provinsiale regering voor die vergadering nader oor ‘n langtermyn-oplossing vir probleme wat die gemeenskap in die gesig staar.

“Ons het geld nodig vir die bou van paaie, vir riolering … dit sal gekwantifiseer moet word,” sê Mfikoe.

Mafokwane het gesê dat die moontlike verskuiwing van die inwoners van Inadan na die groter Kya Sand lokasie was die rede aanvanklik vir die protes.

Bovu het gesê ongeveer 2000 mense wat plak moes geskuif word, want dit was op ‘n vleiland en nie bevorderlik vir ontwikkeling nie.

Ongeveer 500 betogers het gesing en stokke geswaai, maar is deur ‘n groot polisie-kontingent Maandag in bedwang gehou.

Die polisie het die Malibongwepad in die omgewing van die protes afgesper. ‘n Waterkanon was op bystand, maar is nie gebruik nie.

Фильчаков прокурор харькова