“As hierdie situasie nie dringend aandag kry nie, het dit ‘n potensiaal om ongekende ellende te veroorsaak as ‘n gevolg van dalende produktiwiteitsvlakke wat noodwendig ‘n verlammende effek op die ekonomie het.”
Mokonyane het gepraat by die opening van die Gauteng-Vigs-beraad in Turffontein, Johannesburg.
Sy het gesê die konferensie was die ideale platform om die gevolge van die siekte op die land te bespreek.
“Maar as ons bewus is en oortuig dat ons gekonfronteer word met ‘n bedreiging van volksmoord, sal ons weet dat ons nie ‘n beter kans of keuse het as om hierdie beraad te benader met ‘n houding van ‘n soldaat wie se enigste voorneme is om die vyand uit wis en te verhoed dat volksmoord plaasvind nie.”
Sy het gesê die aantal vigs-verwante sterftes het ‘n hoogtepunt bereik in 2007, maar het ‘n aansienlike afname getoon met die bekendstelling van anti-retrovirale behandeling (ART) in 2004.
Die DA het die premier geloof. LPW Jack Bloom het gesê hy is tevrede met die vordering, maar gewaarsku dat die land nie selfvoldaan moet wees nie.
“Die Demokratiese Alliansie onderskryf die doel van die vermindering van nuwe MIV-infeksies met minstens 50 persent teen 2016. Behandeling is duur, so gedragsverandering is krities en dit begin deur dit te toets en te weet wat ‘n mens se status is.”
Die konferensie eindig Vrydag.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.