Die Gautengse polisie ondersoek die omstandighede rondom die skietdood van vier mense gister in Centurion, suid van Pretoria, ná ‘n kliënt ‘n vergadering by Hepple-prokureurs ontwrig het, het RSG berig.
Die skietery het by Du Randt en Richards-prokureurs in Zwartkop, Centurion, uitgebreek.
Daar word beweer dat ‘n 64-jarige man die vergadering onderbreek het en skote op drie mense geskiet het, waarna hy die vuurwapen op homself gerig het.
‘n Polisiewoordvoerder, Annabelle Middleton sê twee mense wat ook die vergadering bygewoon het is ongedeerd.
‘n Regstryd oor geld het glo tot die skietery aanleiding gegee, berig EWN.
