Smeerseksaanklagte verdiep om gewese IMF-hoof

‘n Regter gaan nie nou besluit of die aanklag teen Dominique Strauss-Kahn, die gewese IMF-hoof, wat glo ‘n hotelwerker seksueel aangerand het, verwerp moet word nie.

Regter Douglas McKeon het Woensdag in New York argumente in verband met die saak aangehoor.

Nafissatou ­Diallo, die hotelwerker, eis ‘n onbepaalde bedrag skadevergoeding ná die beweerde aanval in die Sofitel-hotel in New York.

Luidens hofstukke wat haar regsverteenwoordigers ingedien het, het Strauss-Kahn haar “doelbewus, hardhandig en gewelddadig onsedelik aangerand en haar in die proses verneder, onteer en van haar waardigheid as vrou beroof”.

Strauss-Kahn ontken die bewerings teen hom.

Dominique Strauss-Kahn, gewese IMF-hoof, is intussen ook aangekla oor sy beweerde betrokkenheid by ‘n prostitusie-kartel, het sy prokureurs gesê.

Strauss-Kahn is aangekla nadat hy eers deur regslui in die noordelike Franse stad Lille ondervra is.

“Hy het verklaar dat hy nie skuldig is aan die dade nie en het nie geweet het dat die vroue wat hy ontmoet prostitute is nie,” het Richard Malka, een van sy prokureurs, gesê.

Strauss-Kahn se naam is genoem toe die polisie twee mans, wat glo noue bande met hom gehad het, in Frankryk ondersoek het op aanklagte dat hulle ‘n prostitusienetwerk georganiseer het en korporatiewe fondse misbruik het.

Hy is vroeër ondervra oor bewerings dat hy in Parys en Washington aan orgies deelgeneem het wat deur twee sakemanne betaal is.

Strauss-Kahn het erken dat hy aan sommige van die partytjies deelgeneem het.

Maar sy prokureur het ontken dat hy geweet het dat die prostitute betaal word.

Ondersoekbeamptes wil vasstel of Strauss-Kahn bewus was daarvan dat die vroue wat hom by partytjies in restaurante en hotelle vermaak het prostitute was.

Hulle wil ook vasstel of hy geweet het dat die prostitute betaal is met geld van die korporatiewe fondse van ‘n groot konstruksiemaatskappy.

Strauss-Kahn het aan die polisie gesê hy het nie geweet die vroue is prostitute nie omdat hy deur senior polisiebeamptes aan hulle bekendgestel is.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae