Taxi-geweld vat vlam in Noordwes

In die jongste voorval van openbare geweld is ses busse en ‘n aantal minibustaxi’s aan die brand gesteek in ‘n struweling wat tussen taxi-bestuurders in Marikana naby Rustenburg, uitgebreek het, het die polisie in Noordwes Woensdag gesê. 

Ao. Sam Tselanyane sê ses busse wat aan die Midbank-busmaatskappy behoort het, is Dinsdagoggend aan die brand gesteek.

Die busse was by die Middlekraal-stasie in die Lonmin-gebied van Wonderkop geparkeer.

Tselanyane sê die brandstigting kom ná taxi-geweld Saterdag wat tussen lede van twee taxi-verenigings in Marikana uitgebreek het.

‘n Geveg het tussen die groepe ontstaan en vyf taxi’s is aan die brand gesteek.

Die skade in die twee voorvalle beloop nagenoeg R17,5 miljoen.

Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae