Reeds byna ‘n duisend soldate is in die staatsdiens aangestel en nog 12 000 sal binne die volgende vyf jaar deur Transnet in diens geneem word, berig Beeld.
Die meeste sal in veiligheidsposte by Suid-Afrika se grensposte diens doen.
Lt.genl. Themba Michael Nkabinde, personeelhoof van die weermag, het gister in Pretoria gesê swart werklose jeugdiges word by 3 SA Infanteriebataljon in Kimberley opgelei.
Nkabinde het dié vrywillige diensplig van twee jaar en indiensneming deur staatsdepartemente as ‘n groot sukses bestempel.
Transnet en die departement van binnelandse sake is by uitstek die twee staatsdepartemente wat dié jong soldate van werk voorsien.
Die soldate is werksaam by die O.R. Tambo-lughawe en met die registrasie van Zimbabwiërs in Suid-Afrika.
