Kaptein raak beserk op vlug

‘n Passasiersvliegtuig moes ‘n noodlanding in Texas uitvoer nadat passasiers die kaptein in bedwang gebring het. Die kaptein wat uit die stuurkajuit gesluit is het dinge begin skree oor Al-Kaïda en bomdreigemente.

Die vlug van die JetBlue-redery van New York na Las Vegas moes Dinsdagaand in Amarillo in Texas land ná die voorval wat volgens die redery die gevolg was van ‘n “mediese situasie”.

Volgens die Amarillo Globe-News het die kaptein net buite die stuurkajuit getree na die badkamer en toe hy terugkom, begin skree: “Irak, Al-Kaïda, terrorisme, ons gaan almal val [we’re all going down!]”.

“Manlike passasiers het na die voorkant van die vliegtuig gehardloop om die kaptein in bedwang te bring,” het me. Heidi Karg, wat ook op die vlug was, gesê.

Die Amerikaanse lugvaartowerheid het gesê die medevlieënier het besorg geraak omdat die kaptein vreemd begin optree het.

Nadat hy die stuurkajuit verlaat het, het die mede-vlieënier die deur gesluit om beheer oor die vlug oor te neem.

Nadat die vliegtuig veilig geland het, is die kaptein deur wetstoepassers in ‘n ambulans vir mediese evaluering in ‘n ambulanse weggeneem.

Фільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae