Wit twieter sit, swart twieters baljaar

‘n Britse student wat rassistiese kommentaar op Twitter uitgestuur het oor die swart sokkerspeler Fabrice Muamba se hartstilstand op die veld, is tronk toe gestuur vir 56 dae.

Liam Stacey, 21,  se twiet “LOL, **** Muamba. Hy is dood! # Haha ” is glo opgevolg met verdere rassistiese kommentaar nadat mense hom gekritiseer het.

Stacey het skuldig gepleit op die aanklag. Hy is tronkstraf opgelê weens “die openbare verontwaardiging” wat sy kommentaar veroorsaak het.

Stacey staar ook ‘n skorsing uit Swansea-universiteit waar hy studeer, in die gesig. Die derde-jaar biologiestudent het gehoop om ‘n forensiese wetenskaplike te word.

Stacey van Pontypridd, Suid-Wallis, het aan die polisie gesê ná sy arrestasie by sy huis in Swansea: “Ek was by die kroeg toe ek hoor wat gebeur het met Muamba.

“Ek weet nie hoekom ek dit opgelaai het nie [die kommentaar]. Ek is nie ‘n rassis nie en ‘n paar van my vriende is uit verskillende kulturele agtergronde.” Hy sê hy was aangeklam toe hy dit gedoen het en agterna spyt.

Gareth Jones, sy regsverteenwoordiger het gesê: “Vir ‘n oomblik van waansin, is sy loopbaan nou verby.”

Stacey se pa Neale, 49, en ma Hayley, 46, was sigbaar geskok oor sy kommentaar.

Intussen het swart skoliere van North Miami Beach Senior High School ‘n winkel geplunder tydens ‘n optog vir Trayvon Martin in die VSA.

North Miami Beach se polisie het gesê ‘n video vertoon die swart hoërskoolleerlinge waar hulle Vrydag ‘n Walgreenswinkel se rakke in puin lê.

Die voorval het plaasgevind tydens ‘n optog ter ondersteuning van Martin, 17, wat doodgeskiet is in Sanford.

Betogers het gevra vir die arrestasie van George Zimmerman, 28, wat nog nie aangekla is nie omdat hy beweer dat hy uit self-verdediging geskiet het, volgens die polisie.

Video toon tussen 80 en 100 swart tieners wat deur die winkel hardloop en die rakke vernietig, voor die skool se adjunkhoof.

Hulle optrede is deur simpatiseerders geregverdig omdat hulle “kwaad” voel oor die swart tiener se dood.

Intussen het Obama se herverkiesingsveldtog op dreef gekom met “hoodies”, sweetpakbostukke met kraaghoede, ter herinnering van Trayvon Martin. Martin het só ‘n sweetpakbostuk gedra toe hy geskiet is en sedertdien word dit by al die optogte vir Martin gedra.

Konserwatiewe kommentators het gevra dat pres. Obama die “vlamme blus” van rassewoede wat hy aanmoedig deur sy ondersteuning van Martin se volgers.

Die swart Moslemprediker Louis Farrakhan het getwiet: “Waar daar geen reg is nie, sal daar geen vrede wees nie. Gou, en baie gou, kan … die wet van vergelding toegepas word.”

Die Black Pantherleier het gewaarsku: “As die regering nie die werk doen nie, sal ons dit doen.”

Spike Lee, die swart rolprentregisseur was hulpvaardig genoeg om Zimmerman se huisadres aan miljoene mense te twiet.

Vriende sê Zimmerman vrees vir sy lewe. Een man is intussen in hegtenis geneem omdat hy gedreig het om Bill Lee, die uitgetrede Sanfordpolisiehoof dood te maak. Lee het reeds die ondersoek aan die staat, die Amerikaanse Departement van Justisie, die FBI en ‘n spesiale aanklaer oorgedra.

Volgens Jesse Jackson is “Swart mense is onder beleg. … Teistering, arrestasie, skuldigbevinding van swartes en uiteindelik maak hulle ons ​​dood. Dis soos ‘n groot besigheid.”

topcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae