praag.co.za

Japan wil Nkandla-tee verkoop

Written by

in

Suid-Afrika sal binnekort KwaZulu-Natal se tee na Japan bemark en verkoop, het premier Zweli Mkhize gesê, volgens ‘n berig Donderdag.

Die ooreenkoms sal na verwagting plaaslike landelike ekonomiese ontwikkeling stimuleer in die provinsie en werk skep, het die Business Day berig.

Terwyl hy uit Japan gesels het gedurende ‘n vier-dag besoek om belegging in Suid-Afrika aan te moedig, het Mkhize gesê een van die betrokke Japannese maatskappye is gefokus op die verbouing en verwerking, terwyl ‘n ander teeprodukte koop en verkoop.

Hy het ook gesê daar is planne om teeproduksie te verhoog by die Ntingwe-teelandgoed in Nkandla. Dit is die enigste oorblywende teelandgoed in die streek en 600 plaaslike mense is daar in diens.

Die gebied, 280km noord van Durban, het ‘n rykdom van ongerepte woude wat spog met verskeie inheemse spesies. Nkandla word ook beskou as die “wieg van Zoeloegeskiedenis”, van Malandela tot Shaka, Dingane en Cetshwayo. Die grafte van Koning Malandela en Cetshwayo is in Nkandla.

Данильченко Харьков

Comments

Leave a Reply