Wat weet Nazir Alli wat die ANC wil stilhou?

“Die feit dat die regering nie die bedanking van Nazir Alli as hoofuitvoerende beampte van Sanral aanvaar het nie en dat hy effektiewelik vanaf 1 Junie 2012 weer sy pos voltyds sal beklee, is ‘n bewys dat die regering swaarde met die publiek wil kruis eerder as om ‘n oplossing vir die probleem met die e-tolprojek te vind,” sê adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor vervoer.

“Die regering ignoreer die insette van die verbruikerspubliek, tree opsetlike in konflik met die publiek op en mors belastingbetalers se geld met die betaal van regskoste vir onnodige hofsake en uitspattige salarisse vir onbevoegde personeel soos Nazir Alli. Dit is ‘n geveg wat die regering gaan verloor – op regsgrond asook op morele basis. Die regering het vergeet dat die publiek hulle in plek stel om hulle belange te dien en nie om voorgeskryf te word deur die ANC-elite wat hul blapse, soos die Gauteng e-tolstelsel, probeer afkoop deur verbruikers te laat betaal nie,” meen adv. Alberts.

Die vraag kan gevra word of die regering geweier het om Alli se bedanking te aanvaar om so die inligting wat Alli mag hê oor die verbintenis van maatskappye wat by beide die wapenskandaal asook die Gauteng Hoofweg Verbeteringsprojek betrokke is, te beheer. Deur Alli in sy post te behou kan die regering keer dat daar oopkaarte met die publiek gespeel word omdat hulle die vloei van inligting deur Alli kan beheer. Die regering behoort egter teen hierdie tyd te besef dat die publiek nie die stryd oor die e-tolstelsel gaan opgee nie.

Die VF Plus gaan die minister van vervoer in die parlement vra om te verduidelik waarom Nazir Alli beskou word as ‘n geskikte hoofuitvoerende beampte vir SANRAL ten spyte van die probleme met die e-tolstelsel wat onder sy bestuur ontstaan het.

топкарго развод

Pretoria en Durban se krag duurder

Pretorianers en Durbaniete sal in die toekoms meer vir elektrisiteit betaal.

Kgosientho Ramokgopa, burgemeester van die Tshwane-metroraad, het tydens die stad se begrotingstoespraak gesê ‘n nuwe ordonnansie sal op 1 Julie deurgevoer word om te verseker dat die voorafbetaalde kragmeters dwarsdeur die hoofstad gebruik word.

RSG berig die munisipaliteit het R22 miljard opsy gesit.

Inwoners sal ook 12% meer vir elektrisiteit moet opdok.

Ramokgopa sê voorafbetaalde meters sal die munisipaliteit se kredietbeheer verbeter.

Inwoners van die eThekwini-metro sal 11% meer vir elektrisiteit moet betaal, terwyl die prys van water met 12,5% styg.

James Nxumalo, die burgemeester, het tydens sy begroting gesê 15 000 huise in Durban sal van krag voorsien word, terwyl meer as 8 000 huise en 1 000 hostel-eenhede tydens die boekjaar gebou sal word, het RSG berig.

 

Фильчаков прокурор харькова

Mazibuko, pion van ‘n magshonger Zille

Omdat die DA nooit by die stembus sukses sal behaal nie, het Zille haar swart onderdaan ingestuur om ‘n sielkundige oorlog teen die president te voer.

Die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, is Woensdag deur ANC-LP’s geboe en uitgejou toe sy President Jacob Zuma gevra het om nie vir ‘n tweede termyn te staan nie.

Zuma het uitdrukkingloos gesit en luister toe Mazibuko hom in die Nasionale Vergadering uitgedaag het oor sy leierskap. Sy het gesê hy word “dikwels gedwing om te buig” voor die ANC se alliansievennote.

“Dit is duidelik aan elke Suid-Afrikaner dat die president se onvermoë om te lei sy vermoë om te regeer lamgelê het,” het Mazibuko gesê in ‘n toespraak wat vier maal deur haar opponerende LP’s onderbreek is met punte van orde.

“Ek glo die president het nie daarin geslaag om Suid-Afrika van regverdiging te voorsien oor waarom hy vir ‘n tweede termyn moet staan nie, wanneer sy eerste termyn so kort geval het van selfs die laagste verwagtinge.

“Eerbare president, ter wille van jou land, sal jy selfbelang opsy skuif en jouself nie beskikbaar maak vir herverkiesing nie?” het Mazibuko gevra.

Sy het gesê Zuma word dikwels gedwing om te buig voor “‘n onverkose Cosatu en andere”.

Zuma is nie daartoe in staat om beleid te dryf wat teen die belange gaan van die uiteenlopende faksies wat hom president laat word het nie, het sy gesê.

“Deur homself onbeskikbaar vir herverkiesing te stel, sal die president nie die meedoënlose druk daarvan hoef te hanteer om sy posisie te verseker in wat ‘n ongenaakbare en uitgerekte magstryd sal word nie,” het Mazibuko gesê.

“Hy sal vry wees om te regeer as staatshoof en sal nie teruggehou word deur sy party se alliansievennote, wat al so baie gedoen het om hom te frustreer, nie.”

Mazibuko het gesê Zuma sal nooit daartoe in staat wees om sy outoriteit op die regering af te stempel nie, aangesien faksies binne die ANC nie ‘n gemeenskaplike doel nastreef nie.

‘n President en ‘n regering kan slegs lei wanneer hulle met een stem praat en soos een optree, het sy gesê.

“Die president moet die president van ons almal wees, nie net van die ANC nie. En hy moet regeer in die belange van almal, nie net van die ANC en sy alliansievennote nie.”

Suid-Afrika, het sy gesê, “roep uit” om leierskap en rigting.

“In hierdie moeilike dae kyk ons na die president om die nasie hoop te gee om wanhoop te oorkom. Tog het hy daarin gefaal om die mag van sy kantoor met ‘n sin van doelgerigtheid te lei.”

Die president se aandag is afgelei van sy pligte, het sy gesê.

Energie wat daarop spandeer is om ‘n optog na die Goodman-galery in Johannesburg te reël oor ‘n “satiriese” skildery van hom het die aandag afgelei van die ernstige taak van regering.

“Weereens, verteenwoordigers van die ANC en sommige van die ministers poog om die ruimte van vryheid van uitdrukking te beperk deur boelie-taktieke en intimidasie,” het sy gesê.

Александр Фильчаков

Hondsdolheid in KZN?

‘n Vrou wat simptome van hondsdolheid gehad het, is in Durban oorlede, het die departement van landbou en omgewingsake in KwaZulu-Natal Woensdag gesê.

Die presiese oorsaak van die 52-jarige vrou se dood kan eers bevestig word wanneer ‘n lykskouing uitgevoer is, het Jeffrey Zikhali, woordvoerder, gesê.

Die vrou is op 24 Maart deur ‘n buurman se hond gebyt, maar het nie mediese hulp gesoek nie. Sy is op 24 Mei in die hospitaal opgeneem.

“Sy het begin krap en gekla van pyn op die gesonde wond. Die pyn is gevolg deur hidrofobie, swakheid en naarheid en sy het gesukkel om spoeg te sluk,” het Zikhali in ‘n verklaring gesê.

“Ons pleit by die gemeenskappe om hul honde en katte te laat toets, aangesien daar volskaalse inentingsveldtogte die provinsie onderneem word.”

Lede van die vrou se familie is aangeraai om behandeling te kry nadat hulle moontlik bloodgestel is.

Hy het gesê die departement hoop om die virus, waarvoor daar geen bekende raad is nie, stop te sit en het omvattende gesondheidsopvoeding oor hondsdolheid aangebied.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Roelf Meyer sal glo SANW regruk

Roelf Meyer, die gestorwe NNP se onderhandelaar, sal die hervorming van die SANW oorsien. Dit is nie duidelik waarom Meyer as opgewasse vir die taak beskou word nie.

Die voorsitter van die hersieningskomitee en voormalige minister van verdediging, Meyer, sê hulle is landwyd besig om met belanghebbendes in gesprek te tree, om te probeer vasstel wat mense se verwagtinge van die weermag is.

RSG berig die verdedigingshersieningskomitee is verlede jaar deur Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, aangestel met die doel om aandag te gee aan die behoeftes van ‘n toekomstige verdedigingsbeleid en om ‘n behoorlike strategie daarvoor te ontwikkel.

Die komitee sê die huidige beleid en strategieë van die land se nasionale weermag is verouderd en moet aangepas word. Dié stelling is tydens ‘n openbare raadgewende vergadering in Bloemfontein gemaak.

Sisulu het vroeër ook gesê soldate sal ‘n salarisverhoging kry om die moraal in die weermag te verbeter.

Фильчаков

Bob benoem vir toerisme-ambassadeur

De Zimbabwaanse dictator Robert Mugabe is door de World Tourism Organization (WTO) van de VN benoemd tot ambassadeur voor toerisme, samen met zijn Zambiaanse ambtgenoot Michael Sata. Zambia en Zimbabwe organiseren volgend jaar immers samen de algemene vergadering van de WTO. Een Zimbabwaanse krant citeerde de bevoegde minister, die had gezegd dat de twee presidenten aantonen dat toerisme essentieel is voor de ontwikkeling van Afrika. Dat meldt de Canadese krant National Post.

Die benoeming is op zijn minst opmerkelijk te noemen, al was het maar omdat Mugabe tijdens verkiezingen geen VN-waarnemers toelaat. Hij wordt ook verantwoordelijk geacht voor het economische verval waarin zijn land, dat ooit de graanschuur van Afrika werd genoemd, zich bevindt.

De Europese Unie heeft Mugabe een reisverbod opgelegd wegens mensenrechtenschendingen. Dat heeft hem echter niet belet om in tussentijd verschillende keren naar Rome te reizen.

De Amerikaanse en Canadese regeringen hebben landgenoten gewaarschuwd voor de gevaren van reizen in het land.

Лобановский

‘n Pyn vir een is ‘n pyn almal

Die ANC-Jeugliga was merkbaar afwesig van Dinsdag se optog na die Goodman-galery in Johannesburg.

Terwyl verteenwoordigers van alle ander ANC-strukture en hul vennote van die Dieretuinmeer na die galery in Rosebank opgeruk het om ‘n memorandum van protes in te handig teen Brett Murray se skildery The Spear, het die ANCJL nie opgedaag nie.

‘n Verteenwoordiger van die galery het die memorandum in ontvangs geneem.

Die ANC het sy boikot teen City Press teruggetrek nadat die koerant, wat ‘n foto van die kunswerk op sy webblad gepubliseer het, dit verwyder het.

Die Jeugliga het deurgaans geen woord gerep oor die skildery nie. City Press het egter Sondag ‘n brief deur die ANCJL se leier, Julius Malema, geplaas.

In die brief het Malema die galery se reg om The Spear, ‘n skildery wat pres. Jacob Zuma toon met sy penis ontbloot, uit te stal. Die skildery is verlede week geskend. Malema het ook geskryf dat City Press ‘n reg gehad het om dit te publiseer. Hy het gesê die stem van redelikheid in Suid-Afrika is besig om te verdwyn.

“Niemand het die moed gehad om op te staan en teen ondemokratiese en moontlike heerssugtige praktyke binne die demokratiese beweging hul stemme dik te maak nie.

“Om koerante te verbied bloot omdat ons nie met hulle saamstem nie en hulle te boikot omdat ons glo ons idee van waarheid is absoluut, hou ‘n werklike gevaar vir ons demokrasie in,” het hy geskryf.

Iemand in die skare het ‘n plakkaat in die lug gehou wat lui: “Juju, ons mis jou nie, boy“. Juju is Malema se bynaam.

Sdumo Dlamini, Cosatu-president, het in Zoeloe gesê ‘n gedeelte van die kunstenaar Brett Murray se agenda was om die stem van die meerderheid te ondermyn.

“Die belediging aan Zuma was ‘n belediging vir almal van ons. Skaad jy Zuma, skaad jy ons,” het hy gesê.

Gwen Ramokgopa, adjunkminister van gesondheid, het gesê as die president aangeval word, word almal aangeval.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Suid-Vrystaat keelvol vir swak paaie

‘n Groot groep inwoners van dorpe in die Suid-Vrystaat gaan rug styfmaak oor die haglike toestand van hul paaie. Hul beplande massa-aksie teen die stukkende paaie sal voortgaan, ten spyte van die provinsiale regering se pogings om dit te keer.

Een van die organiseerders, Dawie Venter, sê onderhandelings met die departement van vervoer het misluk. Die padgebruikers kon Raubex nie oorreed om herstelwerk aan die paaie tussen Zastron en Wepener en Zastron en Rouxville te hervat nie.

Boere en dorpenaars van Smithfield, Sterkspruit, Wepener, Zastron, Rouxville en Reddersburg sal vandag die paaie versper vir alle verkeer, behalwe nooddienste, het OFM berig.

Venter sê hulle sal die paaie met taxi’s, bakkies en trekkers versper totdat die departement gehoor gee.

 

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Die besbetaalde staatsamptenaar woon in Tshwane

RSG berig dat Suid-Afrika se hoogsbetaalde staatsamptenaar in Tshwane woon. Jason Ngobeni het ‘n verhoging gekry by sy metroraad van meer as R500 000.

Die stadsbestuurder van die Tshwane-metroraad het hom by sy Johannesburgse eweknie aangesluit met ‘n salarispakket van meer as R3 miljoen per jaar.

Ngobeni en Trevor Fowler van Johannesburg sal vanaf 1 Julie onderskeidelik R3,25 miljoen en R3,23 miljoen verdien ná hulle verhogings.

Dit kom daarop neer dat die twee here ‘n duisend keer meer verdien as ‘n gewone munisipale werker.

Die Tshwane-metroraad het ‘n ongekwalifiseerde oudit gekry in die 2010/2011 geldjaar, terwyl die ouditeur-generaal, Terence Nombembe, Johannesburg vir swak inkomstebestuur uitgesonder het.

topcargo развод

Motlanthe baie gewilder as Zuma

‘n Meningspeiling onder jong mense toon dat adj.pres. Kgalema Motlanthe bykans twee keer gewilder is as pres. Jacob Zuma, berig RSG.

Die peiling deur Pondering Panda het bevind dat Motlanthe die gewildste keuse is om die volgende president te word.

Altesaam 28% van respondente verkies die adjunk-president bo Zuma.

Zuma is die ongewildste kandidaat met slegs sowat 15% van die steun.

Die radiostasie berig tweede en derde keuses is onderskeidelik Julius Malema, geskorste leier van die ANC se jeugliga, met ‘n 20% steun.

Die peiling is op die sosiale netwerk Mxit gedoen.

Meer as 3 600 mense jonger as 35 het aan die opname deelgeneem.

Александр Фильчаков прокурор