Pretoria en Durban se krag duurder

Pretorianers en Durbaniete sal in die toekoms meer vir elektrisiteit betaal.

Kgosientho Ramokgopa, burgemeester van die Tshwane-metroraad, het tydens die stad se begrotingstoespraak gesê ‘n nuwe ordonnansie sal op 1 Julie deurgevoer word om te verseker dat die voorafbetaalde kragmeters dwarsdeur die hoofstad gebruik word.

RSG berig die munisipaliteit het R22 miljard opsy gesit.

Inwoners sal ook 12% meer vir elektrisiteit moet opdok.

Ramokgopa sê voorafbetaalde meters sal die munisipaliteit se kredietbeheer verbeter.

Inwoners van die eThekwini-metro sal 11% meer vir elektrisiteit moet betaal, terwyl die prys van water met 12,5% styg.

James Nxumalo, die burgemeester, het tydens sy begroting gesê 15 000 huise in Durban sal van krag voorsien word, terwyl meer as 8 000 huise en 1 000 hostel-eenhede tydens die boekjaar gebou sal word, het RSG berig.

 

Фильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae