Suid-Vrystaat keelvol vir swak paaie

‘n Groot groep inwoners van dorpe in die Suid-Vrystaat gaan rug styfmaak oor die haglike toestand van hul paaie. Hul beplande massa-aksie teen die stukkende paaie sal voortgaan, ten spyte van die provinsiale regering se pogings om dit te keer.

Een van die organiseerders, Dawie Venter, sê onderhandelings met die departement van vervoer het misluk. Die padgebruikers kon Raubex nie oorreed om herstelwerk aan die paaie tussen Zastron en Wepener en Zastron en Rouxville te hervat nie.

Boere en dorpenaars van Smithfield, Sterkspruit, Wepener, Zastron, Rouxville en Reddersburg sal vandag die paaie versper vir alle verkeer, behalwe nooddienste, het OFM berig.

Venter sê hulle sal die paaie met taxi’s, bakkies en trekkers versper totdat die departement gehoor gee.

 

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae