‘n Pyn vir een is ‘n pyn almal

Die ANC-Jeugliga was merkbaar afwesig van Dinsdag se optog na die Goodman-galery in Johannesburg.

Terwyl verteenwoordigers van alle ander ANC-strukture en hul vennote van die Dieretuinmeer na die galery in Rosebank opgeruk het om ‘n memorandum van protes in te handig teen Brett Murray se skildery The Spear, het die ANCJL nie opgedaag nie.

‘n Verteenwoordiger van die galery het die memorandum in ontvangs geneem.

Die ANC het sy boikot teen City Press teruggetrek nadat die koerant, wat ‘n foto van die kunswerk op sy webblad gepubliseer het, dit verwyder het.

Die Jeugliga het deurgaans geen woord gerep oor die skildery nie. City Press het egter Sondag ‘n brief deur die ANCJL se leier, Julius Malema, geplaas.

In die brief het Malema die galery se reg om The Spear, ‘n skildery wat pres. Jacob Zuma toon met sy penis ontbloot, uit te stal. Die skildery is verlede week geskend. Malema het ook geskryf dat City Press ‘n reg gehad het om dit te publiseer. Hy het gesê die stem van redelikheid in Suid-Afrika is besig om te verdwyn.

“Niemand het die moed gehad om op te staan en teen ondemokratiese en moontlike heerssugtige praktyke binne die demokratiese beweging hul stemme dik te maak nie.

“Om koerante te verbied bloot omdat ons nie met hulle saamstem nie en hulle te boikot omdat ons glo ons idee van waarheid is absoluut, hou ‘n werklike gevaar vir ons demokrasie in,” het hy geskryf.

Iemand in die skare het ‘n plakkaat in die lug gehou wat lui: “Juju, ons mis jou nie, boy“. Juju is Malema se bynaam.

Sdumo Dlamini, Cosatu-president, het in Zoeloe gesê ‘n gedeelte van die kunstenaar Brett Murray se agenda was om die stem van die meerderheid te ondermyn.

“Die belediging aan Zuma was ‘n belediging vir almal van ons. Skaad jy Zuma, skaad jy ons,” het hy gesê.

Gwen Ramokgopa, adjunkminister van gesondheid, het gesê as die president aangeval word, word almal aangeval.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae