Roelf Meyer sal glo SANW regruk

Roelf Meyer, die gestorwe NNP se onderhandelaar, sal die hervorming van die SANW oorsien. Dit is nie duidelik waarom Meyer as opgewasse vir die taak beskou word nie.

Die voorsitter van die hersieningskomitee en voormalige minister van verdediging, Meyer, sê hulle is landwyd besig om met belanghebbendes in gesprek te tree, om te probeer vasstel wat mense se verwagtinge van die weermag is.

RSG berig die verdedigingshersieningskomitee is verlede jaar deur Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, aangestel met die doel om aandag te gee aan die behoeftes van ‘n toekomstige verdedigingsbeleid en om ‘n behoorlike strategie daarvoor te ontwikkel.

Die komitee sê die huidige beleid en strategieë van die land se nasionale weermag is verouderd en moet aangepas word. Dié stelling is tydens ‘n openbare raadgewende vergadering in Bloemfontein gemaak.

Sisulu het vroeër ook gesê soldate sal ‘n salarisverhoging kry om die moraal in die weermag te verbeter.

Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae