Dood uit die lug

President Barack Obama se administrasie gaan die Amerikaanse Kongres in kennis stel van planne om die MQ-9 Reaper, ‘n onbemande tuig, te bewapen vir Italië.

Dié tuie wat dood en verwoesting saai, selfs in lande waarteen die VSA nie amptelik oorlog verklaar het nie, sal die tegnologie help versprei aan NAVO-lande.

Die administrasie kan binne twee weke die voorstel dat Italië soos Brittanje toegelaat word om onbemande tuie met wapens soos lasergeleide bomme en Hellfire-missiele toe te rus, deurvoer, het Amerikaanse amptenare gesê.

Italië het ‘n vloot van ses tuie. Die verkoop van tegnologie om hulle te bewapen, kos $17 miljoen, en sal die Verenigde State glo help met die las van sy globale militêre bedrywighede omdat die Pentagon se begroting deur die tekort-verminderingsvereistes gestriem word.

Italië se aankope sal dit moeiliker vir die Verenigde State maak om dié tegnologie te ontken as dit deur die ander 28 lede van NAVO of Amerikaanse vennote soos Suid-Korea, Japan en Australië, aangekoop word, het ontleders gesê.

“Dis beteken heel waarskynlik dat enige lid van NAVO wat dit wil hê dit ook sal kan kry,” sê ‘n voormalige kongrespersoneellid wat die saak gevolg het.

Sommige ontleders vrees dat ‘n besluit om die Italiaanse tuie te bewapen oorsese verkope van verwante tegnologie deur Israel, Rusland en China kan aanspoor.

Die Verenigde State jag reeds met MQ-9’s in Afghanistan, Irak, Jemen, Somalië en Pakistani-stamgebiede.

Brittanje, die eerste land wat Amerikaanse tegnologie gekry het, word beskou as ‘n spesiale geval. Baie Amerikaanse amptenare en lede van die Kongres sien hulle as Washington se mees betroubare bondgenoot.

Senator Dianne Feinstein, voorsitter van die Senaat se Intelligensiekomitee, het in die openbaar teen die oordrag van gewapende tuie uitgekom. “Daar is militêre tegnologie wat ek glo nie gedeel moet word met ander lande nie, ongeag van hoe naby ons vennootskap is,” het Feinstein, ‘n Demokraat, verlede jaar gesê.

Turkye is een van die lande wat reeds op soek is na die VSA onbemande vliegtuie Die MQ-9 Reaper is groter en beter as die vorige MQ-1, beide gebou deur General Atomics.

Turkse president Abdullah Gul het op die kantlyn van ‘n NAVO-beraad in Chicago, verlede week gesê dat Obama die tuie aan Turkye sal verkoop, om teen die separatiste Koerdiese rebelle te gebruik. Turkye sukkel al vir dekades in ‘n konflik waarin 40 000 mense omgekom het.

Die Obama-administrasie sê dat al die uitvoer van sensitiewe militêre tegnologie oorweeg word op ‘n geval-tot-geval grondslag onder ‘n algemene beleid van “selfbeheersing,” met inagneming van nasionale veiligheid en buitelandse beleid sowel as Amerikaanse multilaterale verpligtinge.

Kopers van die VS-militêre stelsels moet instem tot voorwaardes wat ontwerp is om die stelsel te beperk tot goedgekeurde gebruike soos selfverdediging en die Verenigde Nasies se sending. Hulle moet ook instem tot Amerikaanse monitering.

Teal Group, ‘n Amerikaanse konsultant, het in April geskat dat dié besteding wêreldwyd byna kan verdubbel oor die volgende dekade, in totaal meer as $89 miljard in die volgende 10 jaar.

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae