Die president se opmerking het onmiddellike klagtes van Pole veroorsaak wat gesê het Obama moes dit ‘n “Duitse doodskamp in Nazi-besette Pole” genoem het om die oortreders te onderskei van die plek. Poolse minister van buitelandse sake, Radek Sikorski noem dit ‘n kwessie van “onkunde en onbevoegdheid.”
Obama het die opmerking gemaak met die toekenning van die Medalje van Vryheid aan Jan Karski, ‘n weerstandsvegter teen die Nazibesetting van Pole tydens die Tweede Wêreldoorlog. Karski is in 2000 oorlede.
Tydens ‘n medaljeseremonie ter ere van 13 Vryheidsvegters het Obama gesê dat Karski “as ‘n koerier vir die Poolse weerstand tydens die donkerste dae van die Tweede Wêreldoorlog gedien het. […] Hy het ‘n Poolse doodskamp self gesien. Jan het die inligting daarna aan President Franklin Roosevelt oorgedra, wat een van die eerste getuies van die Holocaust was en die wêreld gesmeek het om op te tree.”
Sikorski het uit die Withuis getwiet: “Dit is ‘n jammerte dat so ‘n waardige seremonie oorskadu is deur onkunde en onbevoegdheid.”
Nasionale Veiligheidsraadwoordvoerder Tommy Vietor het gesê: “Die president het homself vergis. Hy het verwys na die Nazi-doodskampe in Pole. Ons is jammer oor hierdie wanvoorstelling, wat nie afbreuk doen aan die duidelike bedoeling om mnr. Karski en die dapper burgers te vereer wat menslike waardigheid in die aangesig van tirannie behou het nie.”
