Hondsdolheid in KZN?

‘n Vrou wat simptome van hondsdolheid gehad het, is in Durban oorlede, het die departement van landbou en omgewingsake in KwaZulu-Natal Woensdag gesê.

Die presiese oorsaak van die 52-jarige vrou se dood kan eers bevestig word wanneer ‘n lykskouing uitgevoer is, het Jeffrey Zikhali, woordvoerder, gesê.

Die vrou is op 24 Maart deur ‘n buurman se hond gebyt, maar het nie mediese hulp gesoek nie. Sy is op 24 Mei in die hospitaal opgeneem.

“Sy het begin krap en gekla van pyn op die gesonde wond. Die pyn is gevolg deur hidrofobie, swakheid en naarheid en sy het gesukkel om spoeg te sluk,” het Zikhali in ‘n verklaring gesê.

“Ons pleit by die gemeenskappe om hul honde en katte te laat toets, aangesien daar volskaalse inentingsveldtogte die provinsie onderneem word.”

Lede van die vrou se familie is aangeraai om behandeling te kry nadat hulle moontlik bloodgestel is.

Hy het gesê die departement hoop om die virus, waarvoor daar geen bekende raad is nie, stop te sit en het omvattende gesondheidsopvoeding oor hondsdolheid aangebied.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae