Die video van die uitbarsting is op die internet versprei. Dit is deur een van die passasiers, Galbant Juttla, opgeneem en op YouTube gelaai en is meer as 200 000 keer gekyk.
Jacqueline Woodhouse (42) van Romford in Essex, is opgeneem terwyl sy in Januarie op passasiers op die Central-lyn geskree het: “Ek het voorheen in die VK gewoon, nou woon ek in die Verenigde Nasies!”
Woodhouse het passasiers herhaaldelik gevra: “Waar kom julle vandaan? Waar kom julle vandaan? Ten minste 30% van julle is onwettig hier.”
In antwoord daarop het ‘n Pakistani sy volkslied begin sing.
Daarna sê sy sy sou nie omgegee het as die mense lief was vir Brittanje nie, wat haar duidelik nie inkleur as die groot “rassis” nie. Een Moslempassasier se antwoord kan gehoor word: “Ek is Brits.”
Die ironie van die histerie teen die wit “rassis” is natuurlik soveel te meer opvallend aangesien die Britse weermag in ‘n onverklaarde oorlog teen Pakistan se Moslems optree en Britse skrywers soos Wilbur Smith openlik teen die agterlike Moslem Pakistani’s te velde trek op die mees rassitiese manier denkbaar ter ondersteuning van die weermag.
Woodhouse se verweer dat sy te veel gedrink het, is verwerp. Maar in twee onlangse gevalle waar swart verweerders drank gebruik het om versagting te pleit by aanrandings, is dit deur die hof aanvaar.
