Landbou se DG geskors

Die direkteur-generaal van die departement van landbou, bosbou en visserye is geskors.
Dr. Pieter Mulder van die VF+ dien as adjunkminister in die departement.

“Hierdie persverklaring is om julle in kennis te stel van die skorsing van mnr. Langa Zita. Die skorsing is ‘n administratiewe saak,” het ‘n verklaring op die departement se webwerf gelui.

Die senior departementsbeampte, Sipho Ntombela, is nou die waarnemende direkteur-generaal.

Geen rede is verskaf vir die skorsing nie en die departement was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Фильчаков прокурор отзывы

ANC: Duurder petrol kan paaie in Gauteng befonds

Die ANC in Gauteng se voorstel dat ‘n verhoogde brandstofbelasting oorweeg moet word sal ‘n tussentydse maatreël wees om verbeterings aan die provinsie se paaie te befonds, het ‘n berig Dinsdag gesê.

The Times berig die ANC het ook ‘n “eenmalige” bydrae deur maatskappye voorgestel om “super-winste” in die provinsie te maak.

Hierdie inligting is vervat in die ANC se gespreksdokument oor openbare vervoer en infrastruktuur, wat hierdie week tydens sy beleidskonferensie in Midrand bespreek sal word.

Die ANC het ook voorgestel dat die regering se pensioenfonds gebruik moet word vir die ontwikkeling van infrastruktuur, het die koerant berig.

александр лобановский харьков

SA by kookpunt, waarsku Zuma

Die ANC moet ‘n radikale skuif in beleid voorsien om die probleme van armoede, werkloosheid en ongelykheid aan te spreek, het Jacob Zuma, president van die party, Dinsdag gesê.

“Jy kan nie op een plek sit en hoop dinge kom vanself reg nie,” het hy aan verslaggewers gesê op die eerste dag van die party se vier dae lange beleidskonferensie in Midrand.

Hy het verwys na ‘n sleuteldokument in die besprekings, “Die Tweede Oorgang: Om ‘n nasionale demokratiese samelewing en die balans van magte in 2012 te bou”, en gesê dit is nodig om dit wat verkeerd is met die Suid-Afrikaanse samelewing aan te spreek.

Nadat hy na verskeie gewelddadige misdade verwys het, het Zuma gesê: “Daar is iets verkeerd met ons samelewing… laat ons ‘n radikale skuif vind om die uitdagings aan te spreek.”

Die dokument stel voor dat die ANC nou ‘n tweede era van demokrasie moet betree. Die afgelope 18 jaar was die eerste oorgang, waartydens die fokus op politieke bevryding was.

Die “tweede oorgang” moet fokus op maatskaplike en ekonomiese transformasie in die volgende 30 tot 50 jaar.

Zuma het ontken dat die konsep van ‘n tweede oorgang sinoniem geword het met sy veldtog om herverkies te word. Hy het gesê hy onderstreep dit net omdat dit so belangrik is.

“As president van die ANC het ek debat daaroor verskerp.”

Zuma het Suid-Afrikaners verseker dat die toestand van dié sonder grond aangespreek sal word – sonder om die Grondwet te verander.

In die opbou tot die konferensie was daar vrae om afdeling 25 van die Grondwet, wat verwys na eiendomregte en voorwaardes stel vir die onteiening van grond, te verander.

“Ons weet… niemand gaan die Grondwet verander nie, ons het ‘n land waarmee dit goed gaan. Binne dit, hoe gaan ons hierdie probleme oplos?”

Zuma het gesê die werklike ekonomie is steeds hoofsaaklik in die hande van wit mans en dit moet binnekort aangespreek word.

Terwyl hy ‘n uur en ‘n half lank met verslaggewers gepraat het, het die meer as 3 000 afgevaardigdes agter geslote deure gesit in ‘n voltallige sessie om insette te kry oor die drie hoof-beleidsdokumente: organisatoriese vernuwing, die tweede oorgang – ook bekend as strategie en taktiek, en staatsbetrokkenheid in mynbou. Die nasionale ontwikkelingsplan sal ook bespreek word.

Zuma het vroeër ‘n gemengde verwelkoming gekry toe hy sy openingstoespraak gelewer het. Afgevaardigdes van KwaZulu-Natal en die Vrystaat het gesing: “Ons gaan saam met Zuma, ons gaan saam met die president.” Ander provinsies se afgevaardigdes het egter teruggesit.

KwaZulu-Natal is die ANC se grootste provinsie en Zuma se tuis-provinsie en het 462 afgevaardigdes by die gebeurtenis.

Zuma het geraak aan die hoof-punte van elk van die 13 beleidsdokumente waaroor gedebatteer sal word.

Sy opmerking dat die “gewillige koper, gewillige verkoper”-benadering tot grondhervorming hersien moet word, aangesien dit nie werk nie, het die grootste applous in die volgepakte saal gekry.

Sy opmerking dat die ANC die land deur voorbeeld moet lei, is ook met entoesiastiese applous begroet.

“Dit is baie belangrik as deel van die vernuwing van ons organisasie. Ons doen nie hierdie vir onsself as ANC-lede nie. Ons doen dit vir die land in geheel.

“Daardie besef moet ons gedrag beïnvloed, die manier waarop ons onsself dra as lede van die ANC in die oë van die land.”

Die res van sy toespraak, wat ‘n uur en 13 minute geduur het, is hoofsaaklik in stilte aangehoor, met ‘n bietjie applous toe hy genoem het dat ‘n werksoekerstoelaag oorweeg moet word en dat die ANC hulself moet reinig van “vreemde neigings”.

Dit sluit swak dissipline, korrupsie, die misbruik van mag en die afname in die ideologiese diepte van ANC-lede in. Zuma het gesê die party het “opgetree en sal aanhou om op te tree teen enigiemand wat die grens oorskry”.

Zuma het mislukkings in die eerste 18 jaar blameer op die feit dat die ANC kompromieë moes aangaan toe daar in 1994 oor die terme van demokrasie onderhandel is.

“Ons moes byvoorbeeld versigtig wees om die ekonomie te herstruktureer, sodat ons ekonomiese stabiliteit en selfvertroue kon behou.

“Dus het die ekonomiese magsverhoudinge van die apartheid-era hoofsaaklik staande gebly.” Hy het ‘n beroep gedoen op ‘n “florerende, gemengde ekonomie, waar die staat, privaatkapitaal en ander vorme van sosiale eienaarskap mekaar komplementeer op ‘n geïntegreerde manier om armoede uit te roei en gedeelde ekonomiese groei te koester”.

Toe sy toespraak afgesluit is, het afgevaardigdes begin sing, insluitende Zuma se kenmerkende “Awulethu’ Mshini Wami” (Bring my masjiengeweer).

Ná Zuma se toespraak het Tokyo Sexwale, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, deur die prosedures gelees en aan afgevaardigdes gesê hulle kan nie neerhalende liedjies sing nie.

Zuma het later aan die media gesê dit is ‘n ANC-tradisie om liedjies oor sy leiers te sing.

“Die ANC het gesê ‘laat ons nie leierskap bespreek nie’. Dit is anders as om oor leiers te sing,” het Zuma gesê.

“Histories gesproke het die ANC mense nog nooit gekeer om oor leiers te sing nie.”

Die ANC sal nuwe leiers verkies by sy Mangaung-konferensie in Desember. Die party se top-beamptes het lede gewaarsku om nie hul leiers te benoem voor Oktober of om opvolging voor dan te bespreek nie.

Besluite oor beleid wat by hierdie konferensie geneem word, sal amptelik aanvaar word by die ANC se nasionale konferensie in Mangaung in Desember.

топкарго

Zuma klink soos Malema

Pres. Jacob Zuma het soos sy aartsvyand Julius Malema, die geskorste ANC-Jeugligaleier geklink by die ANC-beleidskonferensie wat tans plaasvind. Malema is deur die Zuma-faksie en Afriforum geneutraliseer as Zuma se politieke opponent

Die ANC se oproep vir ‘n tweede oorgang is noodsaaklik om die kompromieë wat hy in die stryd om demokrasie aangegaan het, te oorkom, het pres. Jacob Zuma Dinsdag gesê.

“Een van die redes vir die stadige pas van ekonomiese bevryding is omdat ons voor [die eerste demokratiese verkiesing in] 1994… deur ‘n onderhandelingsproses gegaan het,” het Zuma in Midrand by die regerende party se beleidskonferensie gesê.

“Ons moes sekere opofferings vir die nasionale belang maak en dit was absoluut noodsaaklik om dit te doen. Ons moes versigtig wees oor die herstrukturering van die ekonomie om sodoende in daardie tyd ekonomiese stabiliteit en vertroue te kon behou.”

Hy het gesê die magsbalans in die ekonomie lyk ná jare steeds dieselfde.

“Die eienaarskap van die ekonomie is nog hoofsaaklik in die hande van blanke mans, waarin dit nog altyd was.”

‘n Dokument oor die tweede oorgang is een van die ANC se 13 beleidsdokumente wat tydens die vier-dag konferensie bespreek word.

Zuma sê die tweede oorgang sal die land ‘n “ware demokratiese ontwikkelingstaat maak.”

Die eerste oorgang is steeds belangrik, want dit het ‘n era van demokrasie in Suid-Afrika teweeggebring.

“Die tyd het aangebreek om iets meer drasties te doen om verandering in die rigting van ekonomiese transformasie en vryheid te versnel.

Zuma het afgevaardigdes gevra om die kwessie van ‘n tweede oorgang te bespreek wanneer hulle die dokument oor strategie en taktiek behandel.

“Dit is tyd om vrae te vra oor nou en die toekoms… die afgelope 18 jaar was die eerste oorgang. Ons vra vir ‘n dramatiese skuiwing… om die uitdagings van armoede, werkloosheid en ongelykheid aan te spreek.”

Данильченко Харьков

Eskom skep waterkrisis, sê Greenpeace

‘n Waterkrisis dreig in Suid-Afrika, en gemeenskappe loop die risiko van die verlies van toegang tot water, en dis steenkool se skuld, volgens ‘n verslag vrygestel deur Greenpeace. Dis duidelik volgens die opstellers dat die regering Eskom moet druk om te belê in hernubare energie.

Suid-Afrika sal ‘n 17%-gaping tussen watervraag en -aanbod teen 2030 ervaar, maar nuwe mega-steenkool-aangedrewe kragstasies (Medupi en Kusile) word opgerig deur Eskom sonder ‘n duidelike beeld van wat die impak op watervoorsiening sal wees.

Volgens na Melita Steele, kampvegter vir Greenpeace-Afrika: “Die waarheid is dat te midde van die dreigende van elektrisiteitsprysstygings, ‘n R13.2 miljard netto wins deur Eskom hierdie jaar, sal die plaaslike gemeenskappe in die steenkoolgebiede hulle waterregte verloor om plek vir die myne te maak, om Eskom se steenkoolverslawing te help. “

Die inligtingsessie, getiteld: Die Eskomfaktor: Magspolitiek en die elektrisiteitsektor in Suid-Afrika, wil die ware storie agter Eskom se besluite blootlê, asook sy huidige status as ‘n invloedryke speler in die Suid-Afrikaanse politiek. Die verslag getiteld: Steenkool se verborge waterkoste vir Suid-Afrika, geskryf deur die bekroonde joernalis, Yolandi Groenewald, is ook deur die organisasie vrygestel.

“Eskom is die enigste ‘strategiese’ watergebruiker onder die Nasionale Waterwet, wat beteken dat die Departement van Waterwese gedwing kan word om water onder alle omstandighede te lewer. Die probleem is dat in een dag, gebruik Eskom genoeg water om byna ‘n miljoen kilogram mielies te groei, as gevolg van sy afhanklikheid van steenkool. As daar ‘n droogte kom, kan water van ander gebruikers weggeneem word, maar Medupi en Kusile sal water kry. Die impak van nuwe steenkool-aangedrewe kragstasies op ‘n toekomstige waterkrisis word nie voldoende in ag geneem nie,” sê Steele.

“Suid-Afrika se huidige elektrisiteitstelsel is gerig daarop om energie-intensiewe nywerhede te voorsien, en die bou van nuwe steenkool-aangedrewe kragstasies is daarop gemik om ‘die ligte aan te hou’ vir groot maatskappye, ten koste van die 12 300 000 Suid-Afrikaners sonder toegang tot elektrisiteit. Om wins te maak vir bevoorregte enkelinge, terwyl die mense van Suid-Afrika die prys betaal.

“Greenpeace doen ‘n beroep op Eskom om op te hou met die bou van nuwe steenkool-aangedrewe kragstasies, en in plaas daarvan in die aansienlike uitrol van grootskaalse en gedesentraliseerde hernubare energieprojekte te belê om voorsiening te maak vir ‘n regverdige oorgang weg van steenkool. Om werk te skep, om universele toegang tot energie te skep, en ‘n dreigende waterkrisis te voorkom deur katastrofiese klimaatsverandering. In die aangesig van Suid-Afrika se reeds ernstige water- en elektrisiteitkrisisse, is die regering se gebrek aan optrede onverantwoordelik “, het Steele afgesluit.

Фільчаков Олександр Васильович

Pandor vra Wits-ingenieurs om in SA te bly

Die minister van wetenskap en tegnologie, Naledi Pandor, het gister sowat 200 afgestudeerde ingenieurs van die Witwatersrandse Universiteit uitgedaag om te vergeet van hul “instapkaarte en visums totdat elke dorp in Suid-Afrika ‘n brug het, almal op ‘n teerpad loop en al die stede groen is”.

Tydens die opening van die Universiteit se Junie-Julie-gradeplegtigheid, het Pandor aan sowat 200 graduandi van die fakulteit van meganiese en elektrotegniese ingenieurswese en bouwetenskap gesê dat onlangse statistiek toon dat Suid-Afrika oor een ingenieur beskik wat dienste aan 3 166 mense lewer, terwyl daar in Brasilië een ingenieur vir elke 227 mense is.

“Suid-Afrika het ‘n desperate behoefte aan professionele mans en vroue wat die moed het om grootse dinge te doen en wat praktiese veranderinge kan bewerkstellig,” het sy gesê.

Volgens Pandor het Suid-Afrika baie groot debatvoerders en vele mense met uitstekende idees, maar daar is nog miljoene mense wat in armoede leef op die rand van sosiale verandering. “Ons het praktiese veranderingsagente nodig. Ons het ‘n behoefte aan mense wat hul moue kan oprol en wat radikale en progressiewe sosiale verandering kan bring,” het sy gesê.

Op Maandag, 25 Junie 2012, het Wits aan 13 studente doktorsgrade in ingenieurswese toegeken, asook 47 meestersgrade in ingenieurswese en 44 M.Sc.-grade in ingenieurswese.

Wits sal ook vyf eredoktorsgrade toeken aan: aartsbiskop Njongonkulu Ndungane, dr. Elza Miles, David Nthubu Koloane en professore Duncan Mitchell en Albert Salomo. Biskop Paul Verryn sal ‘n goue medalje ontvang.

Лобановский

SA sal nóg ‘n Afrikaland word sonder Tweede Oorgang

Suid-Afrika benodig ‘n tweede oorgang, anders sal dit stagneer soos verskeie ander Afrika-lande ná onafhanklikheid, het Jacob Zuma, ANC-leier, Sondag gesê.

“Ons het ‘n tweede oorgang nodig, ons kan nie hier bly nie,” het hy aan honderde afgevaardigdes by die Vrystaat-verkiesingskonferensie in Parys gesê.

Zuma het gesê verskeie Afrika-lande het nooit vorentoe beweeg ná onafhanklikheid nie.

“As ons nie die tweede oorgang bespreek nie, weet ek nie hoe ons die probleme gaan hanteer wat ons nou het nie.”

Hy het gesê die ANC sal altyd ‘n gedissiplineerde mag wees wat aan die kant van die armes en die werkersklas is.

Die ANC-leier het gesê die tweede oorgang moet die nalatenskap van apartheid aanspreek.

Die ANC moet ‘n verskil maak vir sy mense en die party hoef nie geliefd te wees om te doen wat hy dink reg is nie.

“Die tyd het gekom om te doen wat ons dink reg is om die meerderheid gelukkig te maak. Die tweede oorgang is die regte ding.”

Zuma het dié wat teen dit gekant is, gevra wat die alternatief is.

Die tweede oorgang hou verband met ‘n belangrike besprekingsdokument vir die ANC se nasionale beleidskonferensie, wat na verwagting Dinsdag sal begin.

“Die Tweede Oorgang: Om te bou op ‘n nasionale demokratiese samelewing en die balans van magte in 2012” stel voor dat die ANC nou ‘n tweede era van demokrasie moet betree.

Volgens die dokument het die ANC in die afgelope 18 jaar deur ‘n eerste oorgang na demokrasie gegaan, waartydens die party gefokus het op politieke bevryding.

Nou moet die party ‘n “tweede oorgang” bekendstel wat sal fokus op die sosiale en ekonomiese transformasie van Suid-Afrika oor die volgende 30 tot 50 jaar.

In ‘n blykbare reaksie op senior lede van die ANC se NUK wat twyfel oor die dokument, het Zuma gesê dit is onmoontlik vir enige NUK-lid om nie te weet van die “tweede oorgang” nie.

“Dit is nie moontlik nie,” het hy gesê.

Hy het gesê die NUK het die dokument reeds drie maal bespreek.

Die ANC moet ook kyk na waarheen hy wil gaan.

“Mangaung moet help om ‘n hernieude ANC te skep.”

Zuma het gesê ‘n tien-jaar-program om die ANC te hernu is nodig en moet goedgekeur word.

“As ons daarin faal om dissipline aan te spreek, faal ons die ANC,” het hy gesê.

Zuma, wat baie op dissipline gefokus het in sy toespraak, het gesê niemand moet toegelaat word om die eenheid in die ANC uit te roei nie.

Hy het verwys na onlangse gebeure binne die regerende party en het gesê die Mangaung-konferensie sal streng besluite oor dissipline neem.

Hy het gesê dié wat die ANC-grondwet vir hul eie selfsugtige doelwitte buig, moet gestraf word en dat ANC-politici wat nie hierby inkoop nie, dit “koud daar buite” sal vind, buite die ANC.

Zuma was in ‘n vrolike luim by die Vrystaatse verkiesingskonferensie, waar hy duidelik groot ondersteuning geniet.

topcargo развод

Malema en Mbeki dik vriende

Mbeki en Malema het mekaar blykbaar opnuut gevind.

Kort nadat president Jacob Zuma die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema en sy kollegas tydens ‘n warm vergadering van die nasionale uitvoerende komitee uitgeskop het, het sy voorganger Thabo Mbeki, vertroue in hulle uitgespreek.

Mbeki het Maandag sy 70ste verjaardag gevier en die ANC-jeugliga het hom in ‘n gloeiende verklaring met sy verjaarsdag gelukgewens. Hulle het ook Mbeki geloof vir sy werk op die vasteland van Afrika.

Die ANC het ‘n oënskynlik halfhartige verklaring vrygestel later die aand, maar nie enige van Mbeki se prestasies tydens sy ampstermyn uitgelig nie.

Mbeki het in antwoord daarop ‘n brief aan sy jeugdige “comrades” gerig en hulle “opreg” bedank vir hulle “soort en kameraadskaplike” boodskap.

Mbeki se brief is ‘n klap in die gesig vir Zuma, wat effektief die jeugliga stilgemaak het.

Mbeki het die Jeugliga verseker dat hy sal probeer om sy bes te doen om al die doelwitte na te streef as ‘n aktivis vir die Renaissance van Afrika, in ooreenstemming met die historiese tradisies van die ANC.

By die ANC se eeufeesvieringe in Mangaung in Januarie, het Malema en Mbeki ‘n grap op die verhoog gedeel en die foto van hul lighartige oomblik was gou-gou viraal versprei.

александр лобановский харьков класс

Oproer by Olifantshoek, 10 vas

Tien mense is in hegtenis geneem na gewelddadige betogings oor dienslewering in Olifantshoek, het die Noord-Kaapse polisie Donderdag gesê.

Polisiewoordvoerder Kaptein Cherelle Ehlers het gesê vier van hulle het in die Kathu-landdroshof vir openbare geweld verskyn en is op borgtog vrygelaat.

Sy het gesê dat nog ‘n munisipale raadslid se huis aan die brand gesteek is Woensdagaand.

‘n Woordvoerder vir die Gamagara plaaslike Munisipaliteit, Kamagelo Semanai, het gesê die huis van die uitvoerende burgemeester Gaetsewe distriksmunisipaliteit, Sophia Mosekatse, is afgebrand.

Mosekatse en haar familie was nie by die huis nie.

“Hulle is veilig en dit gaan baie goed met hulle,” het Semanai gesê.

Die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting en openbare geweld. Die polisie ondervra ‘n paar mense in verband met die brandstigting.

Die huis van die Gamagara munisipale bestuurder Charles Phuti is ook beskadig toe dit aan die brand gesteek is Dinsdag, blykbaar deur die betogers. Die dorp word geteister deur protes sedert die begin van die maand.

Die betogers eis die onmiddellike bedanking van Gamagara se uitvoerende burgemeester Maria Diniza en haar raad.

‘n Woordvoerder vir die inwoners, Sheperd Mines, het vroeër gesê hulle het betoog oor ‘n gebrek aan basiese dienslewering en onvervulde beloftes van werk op die myne in Kathu.

лобановский александр фото

Viljoenskroon se Paki’s verjaag

Meer as 20 winkels wat besit word deur Pakistani’s is deur ontevrede swart inwoners in Viljoenskroon verwoes, het die Vrystaatse polisie Donderdag gesê.

Kolonel Maselela Langa het gesê inwoners het die 24 winkels Woensdagaand geplunder, onder klippe gesteek, en afgebrand.

Geen beserings is aangemeld nie en geen arrestasies is gemaak nie.

Langa het gesê inwoners was kwaad omdat hulle nog nie hul HOP-huise ontvang het nie.

Hy het gesê die winkels was nie uit HOP-huise bedryf nie en geeneen van die slagoffers besit eens HOP-huise nie.

Die situasie was kalm Donderdagmiddag, maar die polisie monitor glo die situasie.

“Ons monitor die situasie want ons vermoed dat hulle [die inwoners] net weer in die nag sal begin,” het hy gesê.

лобановский александр биография