Meer as 20 winkels wat besit word deur Pakistani’s is deur ontevrede swart inwoners in Viljoenskroon verwoes, het die Vrystaatse polisie Donderdag gesê.
Kolonel Maselela Langa het gesê inwoners het die 24 winkels Woensdagaand geplunder, onder klippe gesteek, en afgebrand.
Geen beserings is aangemeld nie en geen arrestasies is gemaak nie.
Langa het gesê inwoners was kwaad omdat hulle nog nie hul HOP-huise ontvang het nie.
Hy het gesê die winkels was nie uit HOP-huise bedryf nie en geeneen van die slagoffers besit eens HOP-huise nie.
Die situasie was kalm Donderdagmiddag, maar die polisie monitor glo die situasie.
“Ons monitor die situasie want ons vermoed dat hulle [die inwoners] net weer in die nag sal begin,” het hy gesê.
