MPLA-veterane maak amok

Die polisie het meer as 100 betogende Angolese oorlogsveterane wat daarop aanspraak maak dat hulle nie beloofde betalings ontvang het nie, uitmekaar gejaag.

Polisietraangas en skote is gehoor gedurende die skermutselings in die sentrum van Luanda Woensdag wat meer as ‘n uur geduur het. Dit is onduidelik of lewendige ammunisie of rubberkoeëls gebruik is.

Laat Woensdag, het Luanda se provinsiale regering ‘n verklaring op die staatstelevisie voorgelees dat ‘n aantal betogers in hegtenis geneem is. Die regering wou nie sê of iemand beseer is nie.

Volgens onbevestigde berigte is daar met lewendige ammunisie op die veterane geskiet.

Dit was die tweede veteranebetoging hierdie maand. Baie veterane wat in die oorlog teen Suid-Afrikaans- en VSA-gesteunde rebelle geveg het, sê hulle het nooit hul beloofde pensioen of gestremdheidsubsidies ontvang nie. Die staat se nuusagentskap, Angop, is aangehaal in ‘n verklaring Woensdag wat gesê het betalings sal hervat op 15 Junie.

александр лобановский супермаркет класс

Maak 'n opvolg-bydrae