Afrikaner- en Boeremense: Die toekoms in…

My hart brand as ek aan my mense se lot dink.

Met so ‘n opskrif en swaar hart val ek weg met wat Grootse Strategie (Engels: Grand Strategy) beteken. Dit is wat my mense verdien in hierdie omstandighede om die toekoms in te gaan.

Grootse Strategie is wat leiers van ‘n volk mobiliseer om ‘n versameling planne en beleid vir ‘n eie land se hulpbronne en vermoëns – op elke terein, dws ekonomiese, militêre en nie-militêre terreine, uit te voer ten einde nasionale doelwitte na te jaag en te bereik. Grootse Strategie bestaan net in die werklike wêreld van “regeer”, of dit vooruit noukeurig formuleer en artikuleer word of ad-hoc ontstaan uit wêreldbeskouings en subjektiwiteite van wie “regeer”.

In hierdie konteks lê ons probleem: Ons het nie ‘n eie land vir ons Afrikaner- en Boeremense nie. Kan u glo: ons het dit nog nooit gehad nie. Gevolglik was dit nog nooit moontlik om ons mense as ‘n volk behoorlik te mobiliseer nie. Tog, beskik ons individueel, binne groeps- of organisatorise verband oor al die vermoëns op elke terrein om enige volksdoelwit na te jaag. As volk (sonder ‘n eie land) is ons wêreldbeskouing, ons subjektiwiteit, tewens ons hele wese vasgevang binne taal- en kultuurverband in so ‘n mate dat ons nog nooit werklik ‘vry’ was nie en ons verbrokkel staan. Ons word voortdurend gekortwiek deur niemand anders nie as net onsself.

Die vraag is wat om te doen omtrent ons dilemma? Die anwoord is redelik voor die hand liggend.

Ons moet leiers kry wat beskik oor die kennis, vaardigheid en insig met die wilskrag en deursettingsvermoë en Geloof om ‘n Grootse Strategie vir ons mense te ontwikkel. Dan, moet die Grootse Strategie geïmplementeer word sodat diegene wat die pad na selfbeskikking in ‘n eie onafhanklike staat wil aandurf, dit met volle en ongekwalifiseerde ondersteuning kan doen, ongegag wat dit mag behels om sukses te behaal.

Ons volk beskik oor al die kundigheid op elke terrein om ‘n uiters suksesvolle land te vestig in die internasionale gemeenskap van lande, hier binne die grense van die Republiek van Suid-Afrika, deur ons reg wat verskans is in artikel 235 van die Grondwet uit te oefen. Dié reg word as internasionale reg erken.

Die lot van nasies word deur God bepaal.

Afhangend van die reaksie en belangstelling oor die vraag van selfbeskikking, sal ek graag in opvolgartikels verduidelik hoe so ‘n selfbeskikkingsproses aangepak moet word ten einde sukses te behaal. 
Pierre Hough is ‘n multidisiplinêre strateeg; stigterslid van die Strategiekomitee vir Selfbeskikking van die Afrikaner- en Boeremense; voormalige offisier in 1 Verkenningskommando en 44 Valskermbrigade; voormalige visevoorsiter: Suid-Afrikaanse Infanterievereniging

данильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae