Eskom skep waterkrisis, sê Greenpeace

‘n Waterkrisis dreig in Suid-Afrika, en gemeenskappe loop die risiko van die verlies van toegang tot water, en dis steenkool se skuld, volgens ‘n verslag vrygestel deur Greenpeace. Dis duidelik volgens die opstellers dat die regering Eskom moet druk om te belê in hernubare energie.

Suid-Afrika sal ‘n 17%-gaping tussen watervraag en -aanbod teen 2030 ervaar, maar nuwe mega-steenkool-aangedrewe kragstasies (Medupi en Kusile) word opgerig deur Eskom sonder ‘n duidelike beeld van wat die impak op watervoorsiening sal wees.

Volgens na Melita Steele, kampvegter vir Greenpeace-Afrika: “Die waarheid is dat te midde van die dreigende van elektrisiteitsprysstygings, ‘n R13.2 miljard netto wins deur Eskom hierdie jaar, sal die plaaslike gemeenskappe in die steenkoolgebiede hulle waterregte verloor om plek vir die myne te maak, om Eskom se steenkoolverslawing te help. “

Die inligtingsessie, getiteld: Die Eskomfaktor: Magspolitiek en die elektrisiteitsektor in Suid-Afrika, wil die ware storie agter Eskom se besluite blootlê, asook sy huidige status as ‘n invloedryke speler in die Suid-Afrikaanse politiek. Die verslag getiteld: Steenkool se verborge waterkoste vir Suid-Afrika, geskryf deur die bekroonde joernalis, Yolandi Groenewald, is ook deur die organisasie vrygestel.

“Eskom is die enigste ‘strategiese’ watergebruiker onder die Nasionale Waterwet, wat beteken dat die Departement van Waterwese gedwing kan word om water onder alle omstandighede te lewer. Die probleem is dat in een dag, gebruik Eskom genoeg water om byna ‘n miljoen kilogram mielies te groei, as gevolg van sy afhanklikheid van steenkool. As daar ‘n droogte kom, kan water van ander gebruikers weggeneem word, maar Medupi en Kusile sal water kry. Die impak van nuwe steenkool-aangedrewe kragstasies op ‘n toekomstige waterkrisis word nie voldoende in ag geneem nie,” sê Steele.

“Suid-Afrika se huidige elektrisiteitstelsel is gerig daarop om energie-intensiewe nywerhede te voorsien, en die bou van nuwe steenkool-aangedrewe kragstasies is daarop gemik om ‘die ligte aan te hou’ vir groot maatskappye, ten koste van die 12 300 000 Suid-Afrikaners sonder toegang tot elektrisiteit. Om wins te maak vir bevoorregte enkelinge, terwyl die mense van Suid-Afrika die prys betaal.

“Greenpeace doen ‘n beroep op Eskom om op te hou met die bou van nuwe steenkool-aangedrewe kragstasies, en in plaas daarvan in die aansienlike uitrol van grootskaalse en gedesentraliseerde hernubare energieprojekte te belê om voorsiening te maak vir ‘n regverdige oorgang weg van steenkool. Om werk te skep, om universele toegang tot energie te skep, en ‘n dreigende waterkrisis te voorkom deur katastrofiese klimaatsverandering. In die aangesig van Suid-Afrika se reeds ernstige water- en elektrisiteitkrisisse, is die regering se gebrek aan optrede onverantwoordelik “, het Steele afgesluit.

Фільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae