Geweld breek by Benoni uit

Geweld het gisteraand uitgebreek by die Zenzele plakkerskamp buite Daveyton naby Benoni aan die Oosrand, berig RSG.

Ses mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging. Dit volg nadat oproerige betogers weer begin het om paaie te versper.

Hulle eis dat drie gemeenskapslede vrygelaat word, wat vroeër die week tydens diensleweringbetogings in hegtenis geneem is.

Hulle het beloof dat daar Vrydag geen werk of skool in Zenzele sal wees nie.

Фильчаков Харьков

Nog ‘n goud vir SA-roeispan

Die Die Suid-Afrikaanse roeiers Sizwe Ndlovu, Matthew Brittain, John Smith and James Thompson het Donderdag ‘n derde goue Olimpiese medalje gewen.

Dit was ‘n reuse-verrassing om in die eindronde vir liggewig-viermanspanne eerste te eindig.

Die roeiers het veral oor die laaste 500 m van dié 2 000 m-resies uitgehaal om voor die spanne van Brittanje (2de) en Denemarke (3de) te eindig.

Vroeër het Chad le Clos (200 m-vlinderslag) en Cameron van der Burgh (100-borsslag) ook goue medaljes vir Suid-Afrika gewen.

Le Clos, wat hom aan die eindronde van die 200 m- individuele wisselslag op die Olimpiese Spele in Londen onttrek het om op die 100-vlinderslag te konsentreer, het Donderdag in dié item vir die halfeindronde gekwalifiseer.

Олександр Фільчаков прокурор

Drie oproeriges doodgeskiet in NW

Drie mense is Woensdag doodgeskiet en 15 ander is beseer tydens ‘n onwettige staking buite ‘n myn in Boitekong, noord van Rustenburg, volgens die Noordwes-polisie.

Brig. Thulani Ngubane sê ongeveer 250 mynwerkers, wat die afgelope twee weke onwettig gestaak het, het Woensdagmiddag buite die K5 Khwezi-myn bymekaargekom.

“Daar was ‘n konfrontasie tussen die werkers, sekuriteit en werkgewers. Skote is afgevuur en drie mense is doodgeskiet terwyl 15 ander beseer is.”

Hy het gesê die situasie is tans kalm en die polisie monitor die gebied.

Geen verdere inligting was onmiddellik beskikbaar nie.

данильченко юрій броніславович компромат

Geweld in Kagiso ruk hand uit, een dood

Die polisie het Dinsdag hul hande vol gehad toe ‘n skare oproeriges in Kagiso gewelddadig geraak het omdat ‘n sesjarige vroeër doodgery is. 
Oproeriges waarmee die SABC onderhoude gevoer het, het gesê “hulle word doodgemaak”, en “ons kinders word doodgemaak”. Dit was egter nie duidelik wie verantwoordelik gehou word nie. Die kameraspan van die SABC is vir ‘n ruk as gyselaars aangehou om die polisie te dwing om van die aangehoudenes vry te laat.

Die geweld in Kagiso aan die Wes-Rand het ook gister die lewe van ‘n man geëis. Nog een is beseer.

Die oproeriges het deurpaaie met betonstukke en ander voorwerpe versper, buitebande aan die brand gesteek het en voertuie met klippe bestook. Paaie na die Chamdor-nywerheidsgebied en dele van Kagiso is gesluit.

Die man wat geskiet is, het volgens ooggetuies munisipale grond probeer aan die brand steek, berig Beeld. Hy is deur veiligheidsbeamptes doodgeskiet.

Ao. Solomon Sibiya het gesê die geweld het uitgebreek toe kinders Maandag deur ‘n voertuig by die Tudor Shaft-plakkerskamp in ‘n tref-en-trapongeluk raak gery is en een dood is.

Александр Фильчаков

Openbare vakansiedae hersien

‘n Verslag oor openbare vakansiedae sal binne drie maande aan die Parlement voorgelê word.

Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die regte van kulturele, godsdienstige en linguïstiese gemeenskappe het sy openbare sittings op Thohoyandou in Limpopo afgesluit.

Limpopo was die laaste van die provinsies waar sittings gehou is. Die hoof uitvoerende beampte van die kommissie, Solomon Moreroa sê die volledige verslag sal aan die parlement en aan die kantoor van die president gegee word.

Sommige godsdiens- en kultuurgroepe voer aan dat die openbare vakansiedae soos wat dit op die oomblik is, nie voorsiening maak vir die beoefening van nie-Christelike feeste nie.

Meer as 80% van die land se bevolking noem hulself egter Christene.

Данильченео

SANW se geheime fonds van R13miljard

Die weermag spandeer miljarde rand van ‘n spesiale rekening, maar jy sal nie vertel word wat hulle koop nie.

Verlede week het die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, drie jaar se uitgawes op die Spesiale Verdedigingsrekening (SVR) uit die Wet op Openbare Finansiële Bestuur gehou, blykbaar om seker te maak dat die besteding geheim bly. Dis drie jaar – van 2010/11 tot 2012/13 – en R13 miljard later.

Die rekening is vir die aankoop van wapens en toerusting en vir die befondsing van koverte aktiwiteite.

Die Departement van Verdediging wou nie kommentaar lewer op The Star se bewerings nie, en die koerant na die Nasionale Tesourie verwys, wat gesê het vrystelling is ‘n rekeningkundige kwessie.

Tesouriewoordvoerder Jabulani Sikhakhane het gesê “dat dit nie bekend gemaak kan word nie”.

“Die befondsing is bewillig in die Begrotingswet en die SVR is aanspreeklik aan die Parlement vir die gebruik van die fondse. Daarbenewens is die SVR onderhewig aan ‘n oudit deur die Ouditeur-generaal,” het hy gesê.

Verslae is nie in die Parlement ter tafel gelê vir die afgelope twee jaar nie weens vertragings, sê die OG se kantoor.

Die rekening is opgestel in terme van die Spesiale Verdedigingsrekeninge Wet van 1974. Die wet is ‘n oorblyfsel van die apartheidsjare.

Die Departement van Verdediging se 2010/11 jaarverslag het gesê die rekening “is om wapentuig en tegnologie te ontwikkel”. Die OG het voorheen die rekening beskryf as “uitgawes en aankope wat aangegaan is vir spesiale verdedigingsaktiwiteite”.

Byna R73bn is glo gekanaliseer deur die Spesiale Verdedigingsrekening, maar minder as 2 persent was vir sogenaamde sensitiewe projekte.

Фильчаков

DA dink ‘Fong Kong’ is nie rassisties nie

Die term “Fong Kong” (slêng vir vals of nagemaakte) is aanstootlik en rassisties, sê die ANC-hoofsweep van die Stad van Johannesburg, Prema Naidoo.

Hy het gereageer op ‘n artikel in The Star wat beweer dat hy raadslede beskuldig het van rassisme, ‘n bewering wat gelei het tot ‘n uitstappery.

Naidoo het gesê hy het verwys na slegs een raadslid, Basil Douglas (DA), wat die woord gebruik het as ‘n neerhalende term vir onderdele wat nie werk nie, vir die Metrobus wat gebruik word deur die stad.

Naidoo het gesê die artikel het die indruk geskep dat hy alle DA-raadslede van rassisme beskuldig het. “Die waarheid, soos die notules van die Raad sal weerspieël, is dat ‘n DA-raadslid herhaaldelik die term ‘Fong Kong’ gedurende ‘n ‘n agendapunt gebruik het.

“(Dit) het my genoop om te sê dat ek gedink het dat die betrokke raadslid se gebruik van die term rassisties is.

“My motivering vir die beswaar teen die gebruik van hierdie term spruit uit die feit dat ek baie sensitief is vir die feit dat die Stad van Johannesburg die tuiste van die inwoners van Chinese oorsprong is. Daar kan diegene wees onder hierdie spesifieke gemeenskap wat hierdie term aanstootlik en vernederend vind,” het Naidoo gesê.

Die raad, as ‘n liggaam van verkose burgerlike leiers, het ‘n verantwoordelikheid om die terminologie wat hulle gebruik en die wyse waarop hulle aangeleenthede bespreek, te oorweeg.

“In ‘n ​​stad wat van xenofobiese geweld kan getuig, is die gebruik van die term ‘Fong Kong’ hoogs onverantwoordelik en roekeloos. Ek het en sal voortgaan om teen hierdie soort van verdelende taal kapsie te maak, al is dit afkomstig uit watter oord ookal,” het Naidoo gesê.

лобановский александр

Jeugliga prys ANC omdat hulle nasionalisering en grondgryp aanvaar het

Suid-Afrika se myne gaan genasionaliseer word en die grond sal onteien word sonder vergoeding, het die ANC-jeugliga se adjunk-president Ronald Lamola, Maandag gesê.

“Leierskap van die ANC mag bang wees om die terme “nasionalisering” en “onteiening van grond sonder vergoeding” te gebruik, maar die beleidskonferensie het duidelik die mag en die mobiliteit van die jong leeus gewys,” het Lamola in Johannesburg gesê.

“Die beleidskonferensie van die ANC wat in Junie gehou is, het eenparig dit duidelik gestel dat die strategiese myne van Suid-Afrika genasionaliseer moet word vir die voordeel van alle Suid-Afrikaners.”

Lamola het terugvoering van die ANC se konferensie gegee, die rol van die Jeugliga, en ook besin oor die voormalige president Nelson Mandela se bydrae tot die stryd.

“Comrades, ons het die debat oor nasionalisering gewen,” het hy gesê by die liga se Dr Mxolisi Majombozi-tak by die Universiteit van die Witwatersrand.

“Selfs die African National Congress … hulle sê ons is by die punt waar ons moet kyk in terme van watter minerale om te nasionaliseer.”

Lamola het jong professionele mense aangemoedig om hul rol te speel deur te suggereer wat minerale in die staat se hande geplaas moet word as deel van die stryd vir “ekonomiese vryheid”.

“Ons het gesê met hierdie geleentheid wat aan ons gegee is dat ons nou strategiese minerale moet identifiseer wat genasionaliseer moet word,” het hy gesê aan die juigende skare.

Hy het gesê grond moet gegee word aan die “regmatige eienaars”.

“Die polisiekonferensie het dit duidelik gestel dat onteiening van grond wat onwettig deur die Boere en die Britse kolonies beset is, sonder vergoeding onteien moet word,” het Lamola bygevoeg.

“[Ons] takke van die ANC moet bedank word dat hulle nou dit op hulself geneem het om te veg vir ekonomiese vryheid.”

Lamola het gesê dat die jeugliga sy standpunt moet verdedig en verseker dat dit beleid word by die ANC se elektiewe konferensie in Mangaung in Desember.

Vroeër Maandag, het die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe grootskaalse nasionalisering verwerp.

“Groot nasionalisering is nie ‘n opsie nie, dit is duur, dit is nie volhoubaar nie.”

Die party het egter ingryping deur die staat in die ekonomie ondersteun.

Фильчаков Александр Васильевич

Heksejag teen wittes by KSUT duur voort

Die heksejag teen wittes by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) duur voort. Twee oud-studente moes die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) om verskoning vra vir rassistiese aanmerkings wat hulle in Mei op Facebook gepos het.

Dit is duidelik dat die media ingespan word om die heksejag teen wittes te dryf, aangesien die oorsprong van die hele petalje blykbaar nie swart studente van die kampus was nie, maar ‘n swart rubriekskrywer.

“Ek wil graag om verskoning vra indien ek vir u of enigiemand anders aanstoot gegee het,” het een van die studente volgens die SAMRK gesê. Die student se identiteit is nie bekend gemaak nie.

Die twee voormalige studente van die  KSUT het in Mei kommentaar gelewer op ‘n Facebook-boodskap van Ken Sinclair, waarin hulle swart mense beledig het.

Die kommissie het bevind dat die kommentaar wat opgelaai is, as haatspraak gesien kan word, en dat die studente se aanmerkings “kwetsend is en inbreuk maak op die waardigheid van swart Suid-Afrikaners”.

Die studente is gevra om ‘n vergadering wat deur die SAMRK-ondervoorsitter, Pregs Govender belê is, by te woon.

Die verskonings spruit uit ‘n voorval waar Ken Sinclair, ook ‘n student by KSUT, op Facebook gesê het: “Ernstig, ernstig, ernstig, het genoeg gehad van die swartes in hierdie land, arrogante fokken swyne. En ek sal dit my Facebook-status maak, want ek wil hê hulle almal moet weet. Julle is fokol sonder blankes, julle sou nog steeds in julle modder gehuggies gesit het. Gaan aan asof ons alles te danke het aan julle, ons skuld julle fokol! Verwag alles vir niks en het die aanmatigendste houdings wat ek nog ooit teëgekom het. Julle almal sal vroeër of later te kort skiet. karma.”

Sinclair het ook gepos dat swart mense “fokken breindood ape” is wat “altyd “Skinner (skinder) in hul vertraagde taal”. Sinclair het sy rekening intussen gedeaktiveer.

Die pos het gelei tot sy skorsing deur die instelling, het woordvoerder Thamie Nkwanyane aan City Press gesê.

Volgens Nkwanyane is Sinclair se houding nie ‘n weerspieëling van die ingesteldheid van die meerderheid van KSUT personeel en studente nie. Van die personeel het egter anoniem gesê die swart rassisme op die kampus is onhoudbaar en swartes werk onverpoos om wittes uit hule poste te dryf.

Alhoewel die universiteit gekla het dat Sinclair se aanmerkings “viraal” regoor die kampus versprei het, was niemand by KSUT glo bewus van Sinclair se pos nie.

Voormalige koerantrubriekskrywer Pinky Khoabane het glo ‘n klag teen Sinclair by die Menseregtekommissie gelê.

Vincent Moaga, MRK-woordvoerder, het gesê dat die klagtes is “deur studente en lede van die publiek” ingedien is.

Фильчаков прокурор отзывы

Politieke moorde gaan oor geld

Politieke moorde in Suid-Afrika gaan nie oor ‘n politieke idee nie, maar oor geld, sê die adjunk-uitvoerende hoof van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge.

“Sommige van hierdie ouens het letterlik gekom uit uiterste armoede en as hulle uitgeskop word, sal hulle weer daar wees,” sê Frans Cronjé.

“Dis hoë risiko… dit gaan oor geld.” Die aantal politici wat vermoor is die afgelope vyf jaar het toegeneem, veral tussen 2010 en 2012, en KwaZulu-Natal en Mpumalanga blyk die ergste geraak te wees, met 41 en vyf moorde onderskeidelik.

Cronje het gesê die kwessie was vir veels te lank onder die mat ingevee en is iets wat oor die volgende vyf jaar vir baie omstredenheid gaan sorg.

Лобановский