Politieke moorde gaan oor geld

Politieke moorde in Suid-Afrika gaan nie oor ‘n politieke idee nie, maar oor geld, sê die adjunk-uitvoerende hoof van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge.

“Sommige van hierdie ouens het letterlik gekom uit uiterste armoede en as hulle uitgeskop word, sal hulle weer daar wees,” sê Frans Cronjé.

“Dis hoë risiko… dit gaan oor geld.” Die aantal politici wat vermoor is die afgelope vyf jaar het toegeneem, veral tussen 2010 en 2012, en KwaZulu-Natal en Mpumalanga blyk die ergste geraak te wees, met 41 en vyf moorde onderskeidelik.

Cronje het gesê die kwessie was vir veels te lank onder die mat ingevee en is iets wat oor die volgende vyf jaar vir baie omstredenheid gaan sorg.

Лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae