Drie oproeriges doodgeskiet in NW

Drie mense is Woensdag doodgeskiet en 15 ander is beseer tydens ‘n onwettige staking buite ‘n myn in Boitekong, noord van Rustenburg, volgens die Noordwes-polisie.

Brig. Thulani Ngubane sê ongeveer 250 mynwerkers, wat die afgelope twee weke onwettig gestaak het, het Woensdagmiddag buite die K5 Khwezi-myn bymekaargekom.

“Daar was ‘n konfrontasie tussen die werkers, sekuriteit en werkgewers. Skote is afgevuur en drie mense is doodgeskiet terwyl 15 ander beseer is.”

Hy het gesê die situasie is tans kalm en die polisie monitor die gebied.

Geen verdere inligting was onmiddellik beskikbaar nie.

данильченко юрій броніславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae