Heksejag teen wittes by KSUT duur voort

Die heksejag teen wittes by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) duur voort. Twee oud-studente moes die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) om verskoning vra vir rassistiese aanmerkings wat hulle in Mei op Facebook gepos het.

Dit is duidelik dat die media ingespan word om die heksejag teen wittes te dryf, aangesien die oorsprong van die hele petalje blykbaar nie swart studente van die kampus was nie, maar ‘n swart rubriekskrywer.

“Ek wil graag om verskoning vra indien ek vir u of enigiemand anders aanstoot gegee het,” het een van die studente volgens die SAMRK gesê. Die student se identiteit is nie bekend gemaak nie.

Die twee voormalige studente van die  KSUT het in Mei kommentaar gelewer op ‘n Facebook-boodskap van Ken Sinclair, waarin hulle swart mense beledig het.

Die kommissie het bevind dat die kommentaar wat opgelaai is, as haatspraak gesien kan word, en dat die studente se aanmerkings “kwetsend is en inbreuk maak op die waardigheid van swart Suid-Afrikaners”.

Die studente is gevra om ‘n vergadering wat deur die SAMRK-ondervoorsitter, Pregs Govender belê is, by te woon.

Die verskonings spruit uit ‘n voorval waar Ken Sinclair, ook ‘n student by KSUT, op Facebook gesê het: “Ernstig, ernstig, ernstig, het genoeg gehad van die swartes in hierdie land, arrogante fokken swyne. En ek sal dit my Facebook-status maak, want ek wil hê hulle almal moet weet. Julle is fokol sonder blankes, julle sou nog steeds in julle modder gehuggies gesit het. Gaan aan asof ons alles te danke het aan julle, ons skuld julle fokol! Verwag alles vir niks en het die aanmatigendste houdings wat ek nog ooit teëgekom het. Julle almal sal vroeër of later te kort skiet. karma.”

Sinclair het ook gepos dat swart mense “fokken breindood ape” is wat “altyd “Skinner (skinder) in hul vertraagde taal”. Sinclair het sy rekening intussen gedeaktiveer.

Die pos het gelei tot sy skorsing deur die instelling, het woordvoerder Thamie Nkwanyane aan City Press gesê.

Volgens Nkwanyane is Sinclair se houding nie ‘n weerspieëling van die ingesteldheid van die meerderheid van KSUT personeel en studente nie. Van die personeel het egter anoniem gesê die swart rassisme op die kampus is onhoudbaar en swartes werk onverpoos om wittes uit hule poste te dryf.

Alhoewel die universiteit gekla het dat Sinclair se aanmerkings “viraal” regoor die kampus versprei het, was niemand by KSUT glo bewus van Sinclair se pos nie.

Voormalige koerantrubriekskrywer Pinky Khoabane het glo ‘n klag teen Sinclair by die Menseregtekommissie gelê.

Vincent Moaga, MRK-woordvoerder, het gesê dat die klagtes is “deur studente en lede van die publiek” ingedien is.

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae