Geweld breek by Benoni uit

Geweld het gisteraand uitgebreek by die Zenzele plakkerskamp buite Daveyton naby Benoni aan die Oosrand, berig RSG.

Ses mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging. Dit volg nadat oproerige betogers weer begin het om paaie te versper.

Hulle eis dat drie gemeenskapslede vrygelaat word, wat vroeër die week tydens diensleweringbetogings in hegtenis geneem is.

Hulle het beloof dat daar Vrydag geen werk of skool in Zenzele sal wees nie.

Фильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae