Cyril se buffel kos R18miljoen

President Jacob Zuma en die minister van polisie, Nathi Mthethwa, moet bedank ná die massaslagting van mynwerkers by Lonmin se Marikanamyn in die Noordwes, het die geskorste ANC-jeugliga president Julius Malema gesê.

“President Zuma het besluit oor die slagting van ons mense, en moet bedank.”

Malema het gepraat by Wonderkop waar ongeveer 34 mense doodgeskiet is in ‘n botsing met die polisie Donderdag.

Hy het gesê Mthethwa moet ook bedank omdat die polisie mense onder sy bevel geskiet het.

“Hy moet bedank omdat hy nie in die uitvoering van sy pligte geslaag het nie.”

Malema het aan die skare gesê dat die polisie veronderstel is om hulle te beskerm en nie om hulle dood te maak nie.

“Dit het nog nooit gebeur dat daar so baie mense dood is in ‘n enkele dag nie, en dit het normaal geword,” het hy gesê.

Malema, wat sy steun vir die stakende mynwerkers belowe het, sê hulle moet vasstaan ​​op hul eis vir ‘n R12 500 salaris.

Hy het gesê die rede waarom die polisie op die mense geskiet is, was omdat hulle die belange van die ANC-NUK-lid, Cyril Ramaphosa, wou beskerm omdat hy aandele in Lonmin besit.

“Lonmin het hoë politieke verbintenisse wat die rede is waarom ons mense geskiet is. Hulle het doodgemaak om die aandele van Cyril Ramaphosa te beskerm,” het hy gesê.

Hy het gesê by die byeenkoms dit was ongelooflik dat Ramaphosa in staat was om ‘n buffel te koop vir R18 miljoen, maar hulle nie die R12 500 wat hulle eis kan betaal nie.

Vroeër vandag het die Shanduka-groep, van Cyril Ramaphosa, belowe om R2 miljoen vir die begrafnis vir die mense wat gedood is in die Marikana-massaslagting te betaal.

Malema het gesê een rede waarom hy vir die bedanking van President Zuma vra was omdat hy misluk het in sy plig om die burgers van die land te beskerm.

“Toe julle doodgemaak is, was Zuma nog in die land. Hy het besluit om te gaan na Maputo, Mosambiek en daar is hy in kennis gestel dat hy ‘n verkeerde besluit gemaak het. Dit is waarom hy na die land teruggekeer het gister [Vrydag].”

Hy het aan die skare gesê dat indien hulle gevra word wie is die president van die land, moet hulle sê dat hulle nie ‘n president het nie.

“Ek het nie ‘n president nie. Zuma is nie ‘n president nie.”

Hy het ‘n beroep op die mynwerkers gedoen om ‘n militante unie te vorm wat hul belange verteenwoordig.

Hy het gesê dat die National Union of Mineworkers (NUM) nie meer ‘n unie is wat die belange van die werkers verteenwoordig nie, maar belangstel in die maak van meer geld.

“NUM is nie ‘n vakbond nie, dit is ‘n maatskappy. Hulle hou aandele in mynmaatskappye, en dit is hoekom wanneer daar probleme in die myne is, is hulle is die eerste om die werkers uit te verkoop.”

Die skare het vreedsaam uiteengegaan na Malema se toespraak.

‘n Totaal van 34 mense is dood naby die myn toe die polisie losgebars het op stakende mynwerkers.

Meer as 78 mense is beseer. Nog 10 mense is vroeër dood in die gewelddadige betogings by die myn die afgelope week.

Фильчаков прокурор отзывы

Tyd om RA af te skaf

Die Vryheidsfront Plus beskou die SAA se werwingsproses vir aspirant vlieëniers as onwettig en gaan klagtes in die verband lê by beide die Menseregtekommissie en die Staatsdienskommissie.

Volgens die dagblad, Beeld van 17 Augustus 2012, stop die SAA se aanlynstelsel wat aansoeke hanteer enige aansoekers wat hulself as wit identifiseer. “Die VF Plus vind hierdie optrede as een van die skreiendste voorbeelde van blatante rassediskriminasie nog deur ‘n regeringsinstelling.

Die party is van mening dat die optrede onwettig is aangesien daar reeds verskeie uitsprake in die arbeidshof was wat daarop dui dat poste nie ongevul kan bly indien geen persoon van die aangewese groep geïdentifiseer kan word om dit te vul nie.

Dit impliseer dat ‘n wit persoon dan wel die pos kan kry en daarom moet almal kan aansoek doen vir ‘n pos. Die blatante blok van ‘n aansoek gebaseer op ras ondermyn dus hierdie hofuitsprake,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor arbeid, gesê. “Hierdie optrede in weerwil van die arbeidshof se posisie, ondermyn die fundamentele regte van wit aansoekers en daarom moet die Menseregtekommissie hierna kyk.

Verder is die SAA besig om onregverdige indiensnemingspraktyk as ‘n openbare onderneming toe te pas en daarom moet die Staatsdienskommissie, wat toesig hou oor die staat se menslike hulpbronpraktyke, ook ondersoek instel.

Dit is tyd om vir eens en vir altyd regstellende aksie, wat as ‘n uitgediende instrument besig is om die land se ekonomiese groei in te perk, daadwerklik aan te spreek,” het adv. Alberts verduidelik.

Die VF Plus glo steeds dat regstellende aksie se tyd uitgedien is gegewe die groeiende inkomstegaping wat onder alle rasse voorkom en dat die sonsondergangfase hiervan nou betree moet word.

лобановский александр игоревич

Geen wit loodse vir SAA nie

Wit mans se aansoeke vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) se kadetprogram vir voor­ne­men­de vlieëniers word nie meer aanvaar nie, berig Beeld.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van SAA, het aan die koerant gesê die kadetprogram is geadverteer as ‘n inisiatief om sy vlieëniers se demografie in pas met dié van die land te bring.

“Slegs 15% van SAA se vlieëniers is tans swart – wat bruines en Indiërs insluit. Die res is wit. Boonop is 91% van hulle mans.”

Ledwaba het gesê die lugdiens sal slegs wit, manlike vlieëniers aanstel wanneer daar vakante poste is waarvoor daar nie anderskleurige kandidate gevind kan word nie.

‘n Pa het by Beeld gekla nadat sy seun, wat al ‘n kommersiële vlieglisensie het, graag by die kadetprogram wou inskakel.

Beeld het verskeie aansoekvorms ingevul en vasgestel dat die aanlynvorm geprogrameer is om enige wit aansoekers af te keur.

Александр Фильчаков

Polisie moes glo geweld gebruik

Die polisie het in ‘n verklaring gesê sy beamptes by die Lonmin-myn in Marikana in die Noordwes móés geweld gebruik om hulself te beskerm.

“[Beamptes van die] Suid-Afrikaanse polisiediens is met verskeie wapens, insluitend vuurwapens, wreed aangeval deur die groep,” het kapt. Dennis Adriao, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die polisie is uit selfverdediging gedwing om geweld te gebruik.”

Altesaam 25 mense is dood in die skietery, het die departement van gesondheid Vrydag gesê.

“Die dodetal staan op 25,” het Tebogo Lekgethwane, provinsiale woordvoerder van gesondheid, gesê.

Adriao het gesê die geweld volg ná onsuksesvolle onderhandelings deur die polisie om die “swaar gewapende groep” op ‘n koppie te ontwapen en uiteen te jaag.

“Die uiteinde was dat verskeie individue doodgeskiet en ander beseer is.”

Genl. Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, en ander senior beamptes van die bestuur was tot Donderdagaand laat op die toneel, het Adriao gesê.

‘n Mediakonferensie sal Vrydag om 11:30 by die Lonmin-opleidingsentrum gehou word.

данильченко юрий брониславович прокурор

Massaslagting skok wêreld

Die massaslagting by Marikana teen lede van die Amcu-vakbond, het skokgolwe deur die wêreld gestuur.

Daar was duidelik ‘n gevoel by die slagoffers dat die ANC, die polisie en die NUM in diens van wit kapitaal staan, téén die swart werkers.

“NUM het ons versaak,” het een van die stakende werkers, Kelebone, aan die New York Times gesê. “NUM werk vir die wit mense om geld te kry. Hulle het vergeet van die werkers.”

Polisiebeamptes by die Lonmin-myn in Marikana in die Noordwes het hul bes in ‘n gespanne situasie gedoen, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, se kantoor in ‘n verklaring gesê.

“Die minister wil ‘n versoek aan die president rig om ‘n volledige ondersoek na hierdie hele situasie van stapel te stuur…” het Zweli Mnisi, ‘n woordvoerder, gesê.

“Nou wat moet die polisie in sulke situasies doen wanneer hulle deur gewapende en harde misdadigers wat die polisie vermoor, in die gesig gestaar word?”

‘n Skietery het Donderdagmiddag tussen polisiebeamptes en stakende mynwerkers uitgebreek.

Francois Beukman, uitvoerende direkteur van die polisie se Onafhanklike Klagte-direktoraat, het intussen bedank.

RSG berig Beukman sal amptelik aan die einde van die maand uit sy pos tree, nadat hy die pos sedert 2009 beklee het. Sy kontrak sou eers in 2014 tot ‘n einde gekom het.

Die hoofdirekteur van direktoraat se regsdienste, Koekie Mbeki, sal van aanstaande maand in die pos waarneem, het die radiostasie berig.

Joseph Mathunjwa, president van Amcu, sê die lede van sy vakbond wou met die bestuur ontmoet, maar die bestuur het nie hul beloftes nagekom nie.

Terwyl Lonmin se uitvoerende hoof skielik ongesteld geraak het, het die voorsitter gesê dit was nie ‘n “arbeidsaangeleentheid” nie, maar ‘n “openbare orde probleem”.

In ‘n verklaring Donderdagnag, het Lonmin voorsitter Roger Phillimore gesê: “Ons sal die verwikkelinge rondom polisiebedrywighede vanmiddag [Donderdag] met die grootste erns behandel. Vanselfsprekend is ons diep getref deur die verlies van lewe in wat duidelik ‘n openbare orde eerder as ‘n arbeidsverhoudinge-kwessie was. “

Televisiebeeldmateriaal toon die polisie wat ongeprovokeerd op stakers losbrand en lede van die polisie wat ongeërg tussen die lyke rondloop en doodluiters wapens op swaargewonde stakers rig.

“Ongeag van wat die polisie kan argumenteer oor provokasie, is daar geen regverdiging vir die skietery in ‘n skare met gewere en handwapens nie,” sê Frans Cronjé van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge op Twitter.

Sommige van die stakende werkers het gister beweer dat hulle aangeval is verlede Vrydag deur die leiers van die NUM.

“Ons is aangeval toe ons op ons pad na ‘n vergadering was Vrydag. NUM-leiers vermoor ons omdat hulle die werkgewer wil beskerm,” het ‘n werker wat homself as Tau Tau geïdentifiseer het, aan timeslive.co.za gesê.

“Hulle [NUM-leiers en Lonmin] het die polisie gekry om te kom en ons te kom doodmaak. Ons is nie bang nie, want ons werk ondergronds en ons lewens is altyd in gevaar,” sê die werker Andries Tsinyao.

‘n Verslaggewer van Sapa sê hy het 18 lyke langs die nabygeleë Wonderkop-plakkerskamp gesien. Die amptelike dodetal en aantal mense wat gewond is, moet nog bevestig word.

Mnisi sê die polisie het aanvanklik probeer om die stakers op ‘n vreedsame wyse uitmekaar te jaag. Hy sê polisiebeamptes het eers traangas en waterkanonne gebruik, maar dit het nie gehelp nie.

Politieke partye het intussen daarop aangedring dat ‘n dringende ondersoek na die skietery gehou moet word.

Pres. Jacob Zuma is ook baie hartseer oor die manier waarop die dispuut by die myn na die verlies van so baie lewens gelei het, het die presidensie in ‘n verklaring gesê.

Hy het die geweld as “sinneloos” bestempel.

Azanian People’s Organization (Azapo) sê die geweld herinner sterk aan die massamoord op 21 Maart 1960 in Sharpeville, op 16 Junie 1976 in Soweto en op 17 Junie 1992 in Boipatong.

Олександр Васильович Фільчаков

Lonmin-baas skielik ongesteld

Lonmin het in ‘n verklaring gesê die maatskappy se uitvoerende hoof is ongesteld.

Die verklaring oor Ian Farmer se gesondheid kom te midde van berigte dat talle mynwerkers tydens ‘n skietery met die polisie in Marikana in die Noordwes gesterf het.

Luidens die verklaring is die uitvoerende hoof van die maatskappy tans in die hospitaal nadat ‘n “ernstige ongesteldheid” by hom gediagnoseer is.

‘n Skietery het Donderdagmiddag tussen polisiebeamptes en stakende mynwerkers uitgebreek.

‘n Verslaggewer van Sapa sê hy het 18 lyke langs die nabygeleë Wonderkop-plakkerskamp gesien. Die amptelike dodetal en aantal mense wat gewond is, moet nog bevestig word.

Die skietery het ontstaan toe polisiebeamptes die stakers, wat op ‘n koppie byeengekom het, uitmekaar wou jaag. Beeldmateriaal van die skietery wat op die SAUK vertoon is, wys die polisie wat eerste op die stakers losbrand nadat hulle traangas tussen die stakers gooi.

Dit toon die polisie wat die noodlottige skietery provokeer wat uiteindelik op ‘n massaslagting uitloop.

Volgens die nuusagentskap sal die polisie later ‘n inligtingsessie vir die media oor die voorval hou.

Politieke partye het intussen daarop aangedring dat ‘n dringende ondersoek na die skietery gehou moet word.

Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, sê daar moet vasgestel word wat die konfrontasie tussen die polisie en die stakers veroorsaak het.

Mthembu sê die voorval het die party geskok.

“Ons is almal baie hartseer oor die geweld wat ons op die televisie gesien het,” het hy gesê.

Die woordvoerder het bygevoeg dat “hierdie onwettige stakers van dag een af gewelddadig was.”

“Maar, ons is nie hier om enige party te konfronteer nie… want ons het geen inligting nie.”

Die ANC sê werkers mag vir hul regte veg, maar nie ten koste van mense se lewens nie.

лобановский александр компромат

Lonmin, die nuwe Sharpville

‘n Poging deur die polisie om Donderdag stakende werkers by Marikana se Lonminmyn te verwilder, het in ‘n skietgeveg tussen die twee groepe geëindig.

‘n Sapa-verslaggewer op die toneel het gesê dat hy 18 liggame langs die nabygeleë Wonderkopplakkerskamp getel het. Die skietery het sowat drie minute geduur.

Die polisie het probeer om ‘n gedeelte van die stakers op die spits van ‘n koppie te stop. Vroeër is berig dat die stakers se vroue ook by hulle aangesluit het.

Die stakers is het pangas geswaai en oorlogsliedjies gesing. Die polisie het traangas gebruik en daana ‘n waterkanon teen die stakers, wat met lewendige ammunisie teen die polisie teruggeslaan heti.

Die gebied rondom die berg, wat die stakers as hul basis gebruik het vir die afgelope paar dae, is afgesper met doringdraad.

Die stakers het na die plakkerskamp en die nabygeleë veld gevlug.

Polisiewoordvoerder kaptein Dennis Adriao het aan joernaliste op die toneel gesê die polisie was “takties” in hul benadering en dat die situasie gespanne is.

Александр Фильчаков

Waar’s die derde man?

Die bestuurder van Kaizer Chiefs, Bobby Motaung en ‘n direkteur van Lefika Emerging Equity, Herbert Theledi, is in die hof in Nelspuit aangekla van vervalsing en bedrog met die bou van die Mbombela Wêreldbeker sokkerstadion.

Aanhangers van Kaizer Chiefs drom saam buite die hof om hulle steun aan Motaung te betoon.

‘n Derde beskuldigde, Chris Grib, wat die uitvoerende hoof is van Lefika, was nie in die hof teenwoordig nie. Hy het klaarblyklik reeds die land verlaat.

Lefika het na bewering bedrog gepleeg om die tender te bekom om die stadion van ‘n miljard rand te bou.

Donderdagoggend, buite die hof, is anti-Motaung slagspreuke vertoon.

‘n Groot foto van die Mbombela munisipaliteit se speaker, Jimmy Mohlala, is deur een van die betogers gedra.

“Wie het Jimmy vermoor?”

Mohlala is vermoor in Januarie 2009, nadat hy na bewering die fluitjie oor korrupsie wat verband hou met die Mbombela-stadion ooreenkoms geblaas het. Hy was besig om kriminele klagtes te lê toe hy vermoor is.

Mohlala se moordenaars is nog nie gevind nie nadat die aanklagte teen vyf beskuldigdes in die saak teruggetrek is in Januarie.

 

лобановский александр отзывы

Oproer by Marquard

Die huis van ‘n raadslid en nog ‘n huis is tydens betogings in die Moemaneng-township naby Marquard in die Oos-Vrystaat afgebrand.

‘n Munisipale tenkwa is beskadig en ‘n voertuig wat meel vervoer het is gesteel.

Die polisie sê een persoon is in die hospitaal opgeneem, en ‘n verdagte is in hegtenis geneem.

Die betoging het uitgebreek ná die gemeenskap onder die indruk gekom het dat die LUR vir koöperatiewe regering, Olly Mlamleli hulle oor dienslewering-griewe sou toespreek, maar dit nie gebeur het nie.

‘n Polisiewoordvoerder, Phumelelo Dlamini sê die situasie is onder beheer.

топкарго развод

Tshwane-behuising ‘n skande

“Die toestand van Tshwane Metro behuising wat aan inwoners uitverhuur word, is skandalig”, sê Philip van Staden, VF Plus raadslid in die Tshwane metro.

Volgens Van Staden woon huurders in haglike omstandighede. ” Verskeie raadshuise, woonstelle en koshuise val letterlik uitmekaar. Die metro wend geen poging aan om enige herstel – of opknappingswerk te doen nie. Die huurders moet maar net eenvoudig met die haglike omstandigehede tevrede wees”.

Van Staden, wat op die metro se Behuisingskomitee dien, sê raadsbehuising in onder andere Booysens, Claremont, Cullinan en Bronkhorstspruit val uitmekaar en in baie gevalle is dit selfs gevaarlik vir inwoners.

“Dit is geen wonder dat meeste van dié huurders weier om huurgeld te betaal nie. Die raad kom nie sy deel van die dienskontrak na nie”, sê Van Staden.

Volgens Van Staden is daar diep krake in die mure en plafonne van geboue in Booysens en Claremont, terwyl behuising in Cullinan en Bronkhorstspruit erger as varkhokke lyk.

Vroeër die week, tydens ‘n Behuisingskomitee-inspeksie in Cullinan, het Van Staden heftig gereageer oor die raad se onvermoë om geboue in stand te hou. “Hoe moet die raad verwag huurders moet betaal as die raad nie ‘n vinger die afgelope paar jaar verroer het om geboue behoorlik in stand te hou nie.”

Die VF Plus is van mening dat die raad dringend tot aksie moet oorgaan om hierdie probleem op te los.

Фильчаков прокурор харьков