Die huis van ‘n raadslid en nog ‘n huis is tydens betogings in die Moemaneng-township naby Marquard in die Oos-Vrystaat afgebrand.
‘n Munisipale tenkwa is beskadig en ‘n voertuig wat meel vervoer het is gesteel.
Die polisie sê een persoon is in die hospitaal opgeneem, en ‘n verdagte is in hegtenis geneem.
Die betoging het uitgebreek ná die gemeenskap onder die indruk gekom het dat die LUR vir koöperatiewe regering, Olly Mlamleli hulle oor dienslewering-griewe sou toespreek, maar dit nie gebeur het nie.
‘n Polisiewoordvoerder, Phumelelo Dlamini sê die situasie is onder beheer.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.