Tshwane-behuising ‘n skande

“Die toestand van Tshwane Metro behuising wat aan inwoners uitverhuur word, is skandalig”, sê Philip van Staden, VF Plus raadslid in die Tshwane metro.

Volgens Van Staden woon huurders in haglike omstandighede. ” Verskeie raadshuise, woonstelle en koshuise val letterlik uitmekaar. Die metro wend geen poging aan om enige herstel – of opknappingswerk te doen nie. Die huurders moet maar net eenvoudig met die haglike omstandigehede tevrede wees”.

Van Staden, wat op die metro se Behuisingskomitee dien, sê raadsbehuising in onder andere Booysens, Claremont, Cullinan en Bronkhorstspruit val uitmekaar en in baie gevalle is dit selfs gevaarlik vir inwoners.

“Dit is geen wonder dat meeste van dié huurders weier om huurgeld te betaal nie. Die raad kom nie sy deel van die dienskontrak na nie”, sê Van Staden.

Volgens Van Staden is daar diep krake in die mure en plafonne van geboue in Booysens en Claremont, terwyl behuising in Cullinan en Bronkhorstspruit erger as varkhokke lyk.

Vroeër die week, tydens ‘n Behuisingskomitee-inspeksie in Cullinan, het Van Staden heftig gereageer oor die raad se onvermoë om geboue in stand te hou. “Hoe moet die raad verwag huurders moet betaal as die raad nie ‘n vinger die afgelope paar jaar verroer het om geboue behoorlik in stand te hou nie.”

Die VF Plus is van mening dat die raad dringend tot aksie moet oorgaan om hierdie probleem op te los.

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae