praag.co.za

Waar’s die derde man?

Written by

in

Die bestuurder van Kaizer Chiefs, Bobby Motaung en ‘n direkteur van Lefika Emerging Equity, Herbert Theledi, is in die hof in Nelspuit aangekla van vervalsing en bedrog met die bou van die Mbombela Wêreldbeker sokkerstadion.

Aanhangers van Kaizer Chiefs drom saam buite die hof om hulle steun aan Motaung te betoon.

‘n Derde beskuldigde, Chris Grib, wat die uitvoerende hoof is van Lefika, was nie in die hof teenwoordig nie. Hy het klaarblyklik reeds die land verlaat.

Lefika het na bewering bedrog gepleeg om die tender te bekom om die stadion van ‘n miljard rand te bou.

Donderdagoggend, buite die hof, is anti-Motaung slagspreuke vertoon.

‘n Groot foto van die Mbombela munisipaliteit se speaker, Jimmy Mohlala, is deur een van die betogers gedra.

“Wie het Jimmy vermoor?”

Mohlala is vermoor in Januarie 2009, nadat hy na bewering die fluitjie oor korrupsie wat verband hou met die Mbombela-stadion ooreenkoms geblaas het. Hy was besig om kriminele klagtes te lê toe hy vermoor is.

Mohlala se moordenaars is nog nie gevind nie nadat die aanklagte teen vyf beskuldigdes in die saak teruggetrek is in Januarie.

 

лобановский александр отзывы

Comments

Leave a Reply