Tyd om RA af te skaf

Die Vryheidsfront Plus beskou die SAA se werwingsproses vir aspirant vlieëniers as onwettig en gaan klagtes in die verband lê by beide die Menseregtekommissie en die Staatsdienskommissie.

Volgens die dagblad, Beeld van 17 Augustus 2012, stop die SAA se aanlynstelsel wat aansoeke hanteer enige aansoekers wat hulself as wit identifiseer. “Die VF Plus vind hierdie optrede as een van die skreiendste voorbeelde van blatante rassediskriminasie nog deur ‘n regeringsinstelling.

Die party is van mening dat die optrede onwettig is aangesien daar reeds verskeie uitsprake in die arbeidshof was wat daarop dui dat poste nie ongevul kan bly indien geen persoon van die aangewese groep geïdentifiseer kan word om dit te vul nie.

Dit impliseer dat ‘n wit persoon dan wel die pos kan kry en daarom moet almal kan aansoek doen vir ‘n pos. Die blatante blok van ‘n aansoek gebaseer op ras ondermyn dus hierdie hofuitsprake,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor arbeid, gesê. “Hierdie optrede in weerwil van die arbeidshof se posisie, ondermyn die fundamentele regte van wit aansoekers en daarom moet die Menseregtekommissie hierna kyk.

Verder is die SAA besig om onregverdige indiensnemingspraktyk as ‘n openbare onderneming toe te pas en daarom moet die Staatsdienskommissie, wat toesig hou oor die staat se menslike hulpbronpraktyke, ook ondersoek instel.

Dit is tyd om vir eens en vir altyd regstellende aksie, wat as ‘n uitgediende instrument besig is om die land se ekonomiese groei in te perk, daadwerklik aan te spreek,” het adv. Alberts verduidelik.

Die VF Plus glo steeds dat regstellende aksie se tyd uitgedien is gegewe die groeiende inkomstegaping wat onder alle rasse voorkom en dat die sonsondergangfase hiervan nou betree moet word.

лобановский александр игоревич

Maak 'n opvolg-bydrae