Geen wit loodse vir SAA nie

Wit mans se aansoeke vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) se kadetprogram vir voor­ne­men­de vlieëniers word nie meer aanvaar nie, berig Beeld.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van SAA, het aan die koerant gesê die kadetprogram is geadverteer as ‘n inisiatief om sy vlieëniers se demografie in pas met dié van die land te bring.

“Slegs 15% van SAA se vlieëniers is tans swart – wat bruines en Indiërs insluit. Die res is wit. Boonop is 91% van hulle mans.”

Ledwaba het gesê die lugdiens sal slegs wit, manlike vlieëniers aanstel wanneer daar vakante poste is waarvoor daar nie anderskleurige kandidate gevind kan word nie.

‘n Pa het by Beeld gekla nadat sy seun, wat al ‘n kommersiële vlieglisensie het, graag by die kadetprogram wou inskakel.

Beeld het verskeie aansoekvorms ingevul en vasgestel dat die aanlynvorm geprogrameer is om enige wit aansoekers af te keur.

Александр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae