‘n Nuwe tekkie het aanleiding gegee tot swart woede en beskuldigings van rassisme.
Geskep deur die omstrede New Yorkse ontwerper Jeremy Scott, beskik die tekkies oor ‘n plastiese oranje boei wat heg aan elke enkel. Die peperduur $350-tekkies het winkels in Augustus getref, maar vervaardiger Adidas bemark hulle op hul amptelike Facebook-bladsy vanaf 14 Junie met beloftes dat die skoeisel sodoende nie maklik gesteel sal word nie.
Terwyl die handelsmerk ‘n astrante stelling oor skoendiefstal maak, dink baie mense hierdie boeie herinner te veel aan slawerny en gevangeneskap. Op die Facebookblad, kla swartes veral oor die tekkies.
“Sê asseblief vir my dit is vals. Ek hoor van hierdie Adidas Amistad Originals,” het een vrou se kommentaar op Facebook gelui, met verwysing na die slaweskip, bekend vir ‘n Afrika-slawe-opstand in 1839.
Een man is bereid om die handelsmerk te boikot uit respek vir sy Afrika-erfenis. ‘n Ander Facebook gebruiker redeneer dat “korporatiewe besigheid ‘n sosiale verantwoordelikheid het om hierdie persepsies te oorweeg voordat die vrystelling van ‘n produk soos hierdie gebeur.” Nog ‘n stomgeslane persoon het gewonder, “Dit is net ‘n grap, reg?”
